Jump to ratings and reviews
Rate this book

Dubbelspel

Rate this book
Hulle is almal in die land. Die Italianers met hulle Mafia-verbintenisse, die Chinese triades, die Nigeriërs, die Russe, Koreane, Indiërs, die hele lot, en dan natuurlik nog die plaaslike ouens ook. Niemand is hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor ’n politieke bestel of ’n reënboognasie nie. Geld is die enigste god wat aanbid word.

Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie.

En nou is haar pa nie meer daar nie, en moet sy self besluit wie sy kan vertrou, en waartoe sy in staat is. Haar pa het ook gesê dis ’n job waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.

Wilna Adriaanse se Dubbelspel is die eerste opwindende deel van ’n beplande tweeluik.

411 pages, Paperback

First published April 11, 2014

20 people are currently reading
90 people want to read

About the author

Wilna Adriaanse

19 books29 followers
Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 in die Kalahari gebore. Sy het op Worcester grootgeword en matrikuleer in 1976 aan Hoërskool Worcester. Sy verwerf daarna ’n BA en BA honneursgraad in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is in 1981 met Deon Adriaanse getroud. Hulle het vir drie en ’n half jaar in Giyani (Limpopo) gewoon voordat hulle weer in 1985 hulself in die Kaap gevestig het. Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland. Haar eerste boek, Die wingerd sal weer bot, verskyn in 2000 by Lapa-uitgewers onder die skrywersnaam Wilmine Burger. Haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Met ander woorde (2006), Die boek van Ester (2008), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad voltooi, en daaruit spruit haar roman 'n Klein lewe (2012). Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland,

Het jy geweet?

Sy het om middernag op 31 Desember 1999 (in die Switserse Alpe) besluit om skryf haar Nuwejaarsvoorneme te maak. Sy het in 2000 begin skryf en haar eerste boek het in 2001 verskyn.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
60 (31%)
4 stars
87 (45%)
3 stars
36 (18%)
2 stars
8 (4%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 16 of 16 reviews
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
March 24, 2021

oeg ja, dis nou my tipe boek - 'n lekker storie met aksie en allerhande intriges. ek is mal oor die skrywer se skryfstyl - dit lees lekker gemaklik.

sien uit om die tweede boek te lees - ek is bly dis nie klaar nie.
Profile Image for Margitte.
1,188 reviews668 followers
December 25, 2022
Wat sê 'n mens nou. Ek het jare laas 'n boek só geniet dat ek bereid was om slaap in te boet.

Wilna Adriaanse weet hoe om te vermaak, te boei, en jou konsentrasie in 'n sak vol spanning en intrige te gooi en bo toe te bind. 'n Briljante skryfster wat vakansie baie spesiaal gemaak het.

Geseënde Kersfees!
Profile Image for Mareli Thalwitzer.
513 reviews29 followers
July 2, 2017
Ek was al driekwart in die boek voor ek regtig in die storie gekom het en begin voel het die karakters is eg. Goeie storielyn en die einde is goed gedoen. Jy kan die einde of as die slot van die verhaal ervaar en wegstap van Ellie, of jy kan Eindspel lees. Jou keuse.
Profile Image for Marnie  (Enchanted Bibliophile).
1,033 reviews138 followers
March 14, 2022
“Alle stories hoef nie noodwendig opwindend of interessant te wees om vertel te word nie. Sommige stories moet vertel word juis omdat hulle so eenvoudig is.”

Kaappunt

Ek het myself belowe ek gaan meer Afrikaans begin lees. So hier is ek besig om myself te verras.
Hoe meer nuwe skrywers ek ontdek, hoe meer besef ek ek geniet actually die Afrikaans.

Alhoewel hierdie een baie stadig begin en ‘n bietjie voorspelbaar is, het die opbou en openbaar van alles ‘n goeie gevoel by my gelos. Ek het dadlike vir my die volgende boek gaan soek, en kan nie wag om hom te begin lees nie.
Profile Image for Jandre.
55 reviews1 follower
December 3, 2023
'n Besonderse boek wat uitstaan op enige boekrak.

Vanaf die eerste hoofstuk vloei die verhaal teen 'n gemaklike maar tog vinnige pas. Dit is 'n verhaal wat nogsteeds relevant is in vandag se deurmekaar en gebroke Suid-Afrika.
Geld, egos en misdaad heers binne hierdie verhaal wat afspeel in en om Kaapstad. Die boek is ook gevul met karakters wat elk 'n unieke persoonlikheid uitbeeld, en terselfdertyd ander om hul bedrieg.

Dan is daar ook nog 'n verassing aan die einde van die verhaal wat beloof van 'n asemjaende opvolg: Eindspel.
2 reviews
Read
August 26, 2019
'n Boeiende storielyn wat ek baie geniet het. Tog kan ek nie help om te voel daar moet meer wees nie. Die storie eindig stomp, so asof daar 'n deel twee moet wees, of asof die skrywer beperk was tot 'n sekere lengte storie.
Dit maak my wel nuuskierig om nog van haar boeke te lees, aangesien ek hou van die skryfstyl en ook wil weet of al haar stories so eindig.
Profile Image for Jacoleen.
57 reviews
May 9, 2025
Baie geniet Wilna Adriaanse kan maar net. Nou moet ek Eindspel gaan uitneem by die biblioteek
Profile Image for Tiah.
Author 10 books70 followers
Read
June 23, 2019
Feature for the Sunday Times: http://bit.ly/31NWwFZ

~How do you promise someone you'd never be like your mother? When that was the fear you lived with every day?~

~Few things are as frightening as bumping into your own thoughts in the middle of the night.~

~Everyone thinks the high walls and gates are to keep the criminals out, but actually it's to keep the crazy stuff inside and make sure no one sees it.~

~Her dad had always said that people expected the devil to come over and introduce himself, horns, first name, pedigree, the lot, and that was why they didn't recognise him.~

~That's the bloody problem with fairy tales...Little girls are never taught that a diamond ring doesn't necessarily turn a man into a prince. No matter how beautiful the princess, or how expensive her dress. And those glass slippers shatter all too easily.~

~Not all stories have to be exciting or interesting. Some stories need to be told precisely because they're so simple.~
Profile Image for Jenni.
648 reviews9 followers
November 13, 2021
Absolutely riveting! This is the kind of book that you hope turns into a series of books, I loved it! A rollercoaster ride of a thriller and I highly recommend this book to everyone who loves a good detective novel!!
194 reviews
March 21, 2016
Ek is so bly dat ek Dubbelspel nou eers gelees het! Nou hoef ek nie so lank te wag vir die opvolg nie!

352 reviews7 followers
October 29, 2016
Dit het bietjie stadig begin maar later het die pas vinnig versnel. Uitstekend.
Profile Image for Kitten.
794 reviews4 followers
May 4, 2017
Redelik interessant, alhoewel dit plek-plek ietwat voorspelbaar en onoortuigend was. Aanhangers van Deon Meyer kan dit gerus probeer!
1 review
May 3, 2019
Hierdie was verseker 'n mors van tyd. Geen oomblik het die boek my aandag vasgevang nie. Ek wonder nou nog oor wat met sommige van die karakters op die einde gebeur het.
Displaying 1 - 16 of 16 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.