Dit moorde op die klein dorp Griekwastad het Suid-Afrika in 2012 tot die murg geskok. Deon, Christel en hul jong dogter Marthella is vermoor. Klein Don is ongeskonde. 'n Jong, wit seun word verdink van die moord. Hy word aangekla. En so skeur Griekwastad in twee: die wat glo dat die jong seun wel kon moord pleeg, en die wat glo dat die polisie fout gemaak het.
Charné Kemp is 'n bekroonde ondersoekende joernalis en skrywer. Sy het naam gemaak in die Afrikaanse media deur haar werk vir verskeie gewilde publikasies soos Rapport, Volksblad, Beeld, Netwerk24, Rooi Rose, Insig and Sarie. Sy is die skrywer van Moord op Griekwastad en Bloed, dunner as water. Kemp is genomineer as finalis in die Standard Bank Sikuvile Journalism Awards vir haar verslaggewing oor die Griekwastad-moorde. Charné woon in Kimberley.
Sjoe die boek het my geskok. Ek kan nie dink dat een mens op so jong ouderdom in staat is tot sulke gruwelike dade nie. Ek sal graag nog boeke van die skrywer wil lees.
Dit is moeilik om hierdie boek te redenseer. Alhoewel die storie bekend is, het ek met aandag tot die einde gelees. Die bondige koerantstyl is hinderlik en saam met die kort sinnetjies dui op swak redigering. Ook onnodige inligting, soos die byname van die werkers en onnodige inligting van familie en vriende, irriteer en lewer geen bydrae nie.