Jump to ratings and reviews
Rate this book

Tot siens, koning Arthur

Rate this book
Sylvia van der Merwe moet honderd ure gemeenskapsdiens doen, sy is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans werk sy hard om die finansiële las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig. Dit is wêrelde verwyder van enkele maande tevore toe sy nog planne gehad het om te gaan medies swot en gekies is as skoolprefek. Minstens is alles nie net sleg nie – haar hunk van ‘n boyfriend Hein is nog net so smoorverlief op haar, en die dienswerk by die ouetehuis is darem nie te sleg nie. En daar is tog vele ander alternatiewe beroepe as medies.

Wanneer haar kleinboetie egter siek word en die dokter by noodgevalle nie wil luister nie, moet Sylvia op haar instinkte staatmaak. Dieselfde instink wat vir haar sê dat alles ook nie pluis is met haar en Hein nie.

151 pages, Paperback

First published October 20, 2012

10 people are currently reading
52 people want to read

About the author

Annelie Ferreira

11 books2 followers
Behalwe vir ’n paar vroeë jare in Kimberley en Johannesburg het Annelie Ferreira tussen Bellville en Durbanville in die Kaap grootgeword. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Bellville, en behaal ’n BA aan die Universiteit van Stellenbosch, asook ’n Nagraadse Diploma in Vertaalkunde. Sy werk voltyds as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers vir ’n paar jaar, en werk daarna deeltyds en vryskut vir ’n verskeidenheid uitgewers en publikasies. Sy skryf artikels en rubrieke vir ’n verskeidenheid publikasies, en publiseer ’n aantal nie-fiksieboeke. In 2012 wen sy die Sanlam-prys vir Jeuglektuur vir haar eerste jeugboek, Tot siens, koning Arthur en in 2014 wen sy weer die Sanlam-prys vir Chuck Norris kan deel deur nul.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
10 (27%)
4 stars
10 (27%)
3 stars
11 (30%)
2 stars
4 (11%)
1 star
1 (2%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Coenraad.
808 reviews43 followers
April 16, 2015
Guinevere Sylvia van der Merwe se lewe is ingewikkeld. Moeilik. Sy begryp nie waarom haar ma dáárdie eerste naam gekies het nie. Sy weet nie wie haar pa is nie. Sy is uit haar skool geskors en moet nou planne maak om matriek geskryf te kry - dit lyk of haar toekomsplanne aan skerwe lê (en dit vat báie lank voor die leser die rede vir die skorsing uitvind). Sy moet by 'n ouetehuis haar gemeenskapsdiens doen. Sy is tot oor haar ore toe verlief. Op vaardige wyse roer Annelie Ferreira hierdie storie-elemente saam, voeg speserye (soos 'n hospitaaldrama, 'n ouma en 'n klein bietjie speurwerk) by en dis 'n koninklike verhaal op wat tereg met twee pryse (Goue Sanlamprys vir jeuglektuur 2011; MER-prys vir jeugliteratuur 2013) bekroon is. Jong lesers wat sê daar's niks in Afrikaans om te lees nie, het net nog nie genoeg gelees nie. Ek sal nou beslis Ferreira se ander boeke gaan soek!

Annelie Ferreira deftly tells us about the complicated life of Guinevere Sylvia van der Merwe. The biggest issue is that she has been expelled from her school and needs to find an alternative institution to complete her matric. While waitressing and doing community service at an old-age home, she tries to help her mom (single, again) and her half-brother (five years old). The novel deserves its two awards. Ferreira is an author to follow!
Profile Image for Adelle van Zyl.
2 reviews2 followers
December 22, 2019
A story about a girl making the best of a bad situation and dealing with life's curve balls, all while learning who she is and how strong she really is. I thought it was a truly heartfelt, coming of age story, that was entertaining and filled with great humor.
I just think that there should have been more scrutiny on the spelling/editing.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.