Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die Engel En Die Bont Bees

Rate this book
"Nes ’n geslypte diamant het die waarheid baie kante. Hoe dit vir jou skyn, hang af van waffer kant af jy kyk."

Magrieta Malgas, die kleindogter van ’n reënmaker en die half-Koranna Klein-Lit, word in die sewentigerjare vir die onwettige ontginning van edelgesteentes aangekla. Saam met haar onwaarskynlike medebeskuldigdes, ’n bejaarde en ’n gestremde, beweer sy dat hulle die rivieroewer slegs maar oopgeskiet het om ’n oorlede vrou se as te bêre waar ’n groot vloed dit sal meesleur. "Weg... see toe."

Susara Vermeulen, ’n ietwat onbeholpe verslaggewer, word Oranjerivier toe gestuur om die saak op te volg. Sonder haar redakteur se medewete neem sy Magrieta se verhaal, getik in die Afrikaans van daardie streek, en ’n raaisel na ’n versteekte skat, saam. Deurweef met liriese oomblikke en ou legendes, ontvou die storie van Ntatisi, die Matabele-krygsvrou wat ’n diamant op haar voorkop gedra en haar soldate vreesloos in die stryd gelei het.

Soos die Oranjerivier in vloed edelgesteentes saamspoel, raak Susara se verhaal met Magrieta s’n vervleg en word dit ’n reis na kennis van die mistieke, die self en lotsver­bondenheid in Afrika.

Jeanette Ferreira oor Die engel en die bont bees: "Uit die metafore van ’n gesuurde brood en ’n rivier wat die oewers oorstyg, groei hier ’n wonderlik verbeeldingryke roman. Só word feite die klein begin van groot mites wat eweseer oortuig, diep verweef in Ou Afrika en die vele tonge van Afrikaans. Uitsoek-Le Roux."

496 pages, Paperback

First published June 1, 2014

3 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (25%)
4 stars
2 (50%)
3 stars
1 (25%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Author 35 books13 followers
September 26, 2014
Well researched, this I have to give the author. The main themes of connections through the generations as well as the issue of roots and the origin of language quirks were handled with care and precision to detail. I found, however myself getting slightly bored with the slow moving plot. Several threads were left unattended and unravelling towards the end of the novel. I was left with the feeling that the author had only so many pages in which to finish the novel. The journalist's progression from apathy to full on rebellion seemed slightly out of place and unbelievable.
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books35 followers
February 22, 2020
Die Engel en die Bont Bees van Johnita le Roux is 'n literêre skat, so gladgespoel en verborge in die wêreld van Afrikaanse letterkunde soos die edelstene in die spoelgate van die Oranjerivier onderkant die Augrabies, wat so 'n groot rol speel in hierdie boek.

Dit vertel 'n verhaal van die joernalis, hoe Susara se lewe met dié van Magrieta Malgas vervleg en dit word ’n reis waar jy meegesleur word, jy vaar saam deur die koel dieptes van die rivier, jy voel hoe stormwater opbou en dan is daar weer 'n onveragte kabbeling.

Soos die suurdeegplantjie wat aangegee is oor geslagte heen, rys die rivier ook oor sy walle en is daar ook die doeksagte velsakkie met kosbare stene. Dit volg geslagte van ontheemdes, maar deur alles loop 'n draad van hoop dat die engel sal opdaag, net soos die een wat die skillerbont beeste gestuur het om die ontvoerde Klein-Lit los te koop.

Vloeke teer op vernielde mense. Wanneer jy stukkend is, ruik die aasdiere jou bloed.

Ons leer dat om kreupel te wees baie vorme kan aanneem, maar daar is altyd die moontlikheid om jou koggelaar vanuit jou eie krukke te bespring. Die ou wrokke en skuldgevoelens deur al die familielyne, het my verbyster. Ook daar kom dan 'n engel tot redding, al is dit in die vorm van 'n bietjie koestering van 'n man se kop in die benerige skoot van die vrou wat hy ironies genoeg, gered het.

Die impak van hebsug deur die eeue word gestel teenoor die waarde wat inheemse bevolkingsgroepe soos Magrieta Malgas en oom Nanu Karse se voorvaders aan aardse voorwerpe soos die diamante geheg het, wat 'n mens laat nadink oor jou eie waardes, gesien teen 'n geskiedkundige agtergrond.

Die taalgebruik is verbeeldingryk en verrykend, die navorsing uitstekend. Die skrywer gebruik 'n eiesoortige Afrikaans uit monde van die Trans-Gariep karakters, op 'n baie toeganklike manier. Dit is 'n moeilike lees, niks word vir jou met 'n teelepel ingegee nie. Die verhaal daag jou uit. Die halwe ster wat ek sou aftrek om dit vier en 'n half te maak, is omdat dit soms onsamehangend lees, veral vir die leser wat nog nie vertroud is met die verhaal nie. Omdat dit 'n herlees verg, gee ek vyf. Hierdie is 'n boek wat meer aandag verdien as wat dit gekry het.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.