Jump to ratings and reviews
Rate this book

Slagyster

Rate this book
Daar’s ’n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . . .

In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, ’n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur ’n rebellegroep wat reeds verantwoordelik was vir die dood van etlike oliewerkers.

Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport in Kaapstad is ’n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper rol in die geld. Hulle het ’n uiters lonende byverdienste, in samewerking met SAPD-hoëlui en die Nigeriese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge?

Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy’s klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe . . . totdat sy voormalige bevelvoerder daar opdaag met ’n versoek wat Carl eenvoudig nie kan weier nie – een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. En hy’t self nie ’n silwerskoon verlede nie . . .

Van dit alles moet inspekteur Kassie Kasselman – posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met ’n ernstige waarskuwing op sy diensrekord – sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad?

Slagyster is ’n debuut-spanningsverhaal deur ’n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.

347 pages, Paperback

First published January 1, 2013

39 people are currently reading
94 people want to read

About the author

Rudie van Rensburg

29 books65 followers
Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA (HOD) en BA (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede-stigter en uitgewer van Bloemnuus (die eerste gratis weekkoerant in die Vrystaat) sou word en later die redakteur van Die Ekonoom (’n landwye saketydskrif). Hy was ook verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo voordat hy in 1987 Kaap toe verhuis en hom by Sanlam aansluit. In sy twee dekades by Sanlam is hy onder meer senior bestuurder: reklame, uitgewer van die kliëntetydskrif Sanlamklub en hoof: borgskappe en promosies.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg), en word opgevoer by al die groot Afrikaanse kunstefeeste. Die Begrafnis verskyn ook in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters.

Sy debuutroman, Slagyster, was een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

Hy skilder ook die afgelope 26 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid-Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy is getroud met Lize en het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
91 (36%)
4 stars
104 (42%)
3 stars
46 (18%)
2 stars
3 (1%)
1 star
2 (<1%)
Displaying 1 - 12 of 12 reviews
Profile Image for Sonja Arlow.
1,237 reviews7 followers
August 28, 2018
3.5 stars

Hierdie is nie ‘n genre wat ek gewoonlik lees nie maar gee dit vir my in Afrikaans en ek lees soos ‘n besetene.

Al die karakters was goed uitgebeeld maar Kassie Kasselman het seker gemaak ek wil aangaan met die reeks.

Nie jou tipiese polisieman nie, ‘n aleen man wat baie liewer tyd spandeer met sy seels versameling as om met die manne ‘n dop te drink. Iemand wat veel eerder sakkie sakkie boere musiek sal luister as kantoor skinder. Hy is onkonvensioneel maar briljant in wat hy doen.

Spannigsvol, relevant en sommer net ‘n lekker lees ondervinding.
Profile Image for Tania.
1,453 reviews358 followers
May 29, 2018
3.5 sterre. Soos almal is ek mal oor Deon Meyer en Karin Brynard, maar die wag na die volgende boeke is net te lank. My man beveel toe vir Rudie van Rensburg aan, en ek moet se ek was heel beindruk. Die storie met onder andere, Nigeria en olie gyselaars sowel as internasionale wapensmokkelaars in die hartjie van Kaapstad, is vinnig met 'n paar kinkels in die kabel. Kassie Kasselman, die polisieman, lees soos 'n vars briesie, niks van die gewone bagasie soos alkoholisme nie. Een van die mees unieke aspekte van die boek is die hoeveelheid karakters wat 'n spreekbeurt kry, nie minder as ses nie. Die baie oogpunte maak definitief dat mens sukkel om die boek neer te sit - ek het hom in een dag kaf gedraf. My enigste kritiek is dat die afrikaans nou en dan lees soos oorklankiaans wanneer karakters eintlik in Engels of 'n ander taal praat, maar die outeur skryf dit in Afrikaans.

Die storie: Van Nigeriese rebellegroepe, wapenhandelaars uit Kaapstad wat raak aan die Taliban, en polisiemolle met duister geskiedenisse moet Kassie - posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met 'n ernstige waarskuwing op sy diensrekord - sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad?
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
June 3, 2015
dis nie regtig die genre wat ek geniet nie, so dis moeilik dat ek 'n ware rating kan gee. ek dink ek is so gewoond aan deon meyer, dat dit maar sukkel-sukkel gaan dat iemand anders by hom kers vashou.

dit was nie sleg nie, maar die storie en die karakters het my bietjie deurmekaar gemaak.
Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
February 24, 2015
Wat 'n debuut! Oud-joernalis Rudie van Rensburg hou soos 'n bedrewe poppemeester 'n klomp toue (of verhaallyne) in sy hand. En hy spéél dat dit bars. Om die storie op te som, maak my klaar kortasem. Daar is Ryan Deetlefs, wat in Nigerië ontvoer en deur 'n rebellegroep aangehou word. Amelia Smit is Lea, Ryan se vrou, se beste vriendin en joernalis. Sy besef vinnig daar sit veel meer agter Ryan se ontvoering en begin soos 'n bloedhond spoorvat. Brink, Ben en Dolf, die vennote van Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport, maak besonder goed geld uit hulle onderneming en kan bekostig om die stilte en samewerking van grootkoppe in die SAPD te koop. Daar is ook Carl, die polisiemol wat deur sy voormalige bevelvoerder gevra word om weer ondergronds 'n wapensmokelary te ondersoek - en Charl durf nie weier nie. En uiteindelik: Kassie Kasselman. Was daar al ooit so 'n eksentrieke speurder in Afrikaans? Kassie versamel seëls, luister boeremusiek, drink Cream Soda, dra altyd 'n verslete rooi windjakker. Hy is 'n alleenloper, 'n man wat sy eie metodes volg, en hy moet sin maak van 'n saak wat sy hoof so gou moontlik onder die mat wil invee. Goed ontwikkelde, interessante karakters, 'n ingewikkelde plot waar die leser nooit kop verloor nie, 'n vinnige tempo en die moeitelose invleg van 'n magdom navorsing - Van Rensburg is die nuwe stem in die SA-krimi. Hou dop, hy gaan baie vinnig boontoe skiet!
Profile Image for Christina Rothfusz.
966 reviews25 followers
September 19, 2020
Carl Bester word ingetrek by 'n internasionale wapenbedryf ondersoek. Hy gaan as mol saam met die SAP en CIA werk om die organisasie in die Kaap oop te vlek.

Brink van Dyk word grusaam vermoor in sy huis in Constantia en Kassie Kasselman ondersoek die saak. Baie dinge lyk verdag. Hoekom sou die rower niks ander in die weelderige huis steel as 'n ou skootrekenaar?

Die storie word vertel uit verskei oogpunte en hou jou aandag en ek het gesukkel om die boek neer te sit.

Kassie as 'n polisie inspekteur was 'n verassende karakter. Geen van die polisieman steroripe nie. 'n aleenloper versot op sy posseël versameling en verslaaf aan boeremusiek. 'n Knap speurder en briljant in sy werk, maar steeds op die laer rang in die speurtak.

Ek sien uit na die volgende boek in die reeks.
Profile Image for Cecilia.
130 reviews14 followers
August 19, 2014
Een van die beste boeke wat ek in 'n lang tyd gelees het. As jy van Deon Meyer hou, lees die een. Ek kon die boek nie neersit nie en aan die ander kant was ek bang dit raak klaar. Kopskoot is klaar bestel. Wel gedaan Rudie!
Profile Image for Regine.
122 reviews
October 27, 2024
Oe, I enjoyed this! First of Kassie Kasselman's detective series. He is a detective in Newlands, Cape Town.


I was worried when I saw that it was about illigal weapon and oil dealings in Nigeria, that it would get complicated to follow. But, it's written well and kept me at the edge of my seat! There were a number of plots that twist together. Can't wait to read the rest of the series.
Profile Image for Jannie van Schalkwyk.
74 reviews
December 26, 2025
Dit is die eerste Rudie van Rensburg-boek wat ek gelees het, en dit was ’n uitstekende kennismaking met sy werk. Die storielyn is baie lekker en hou jou van begin tot einde vasgenael. Daar is heelwat verrassende wendings wat maak dat die verhaal nooit voorspelbaar raak nie. Ek het die boek regtig geniet en sien uit om sy ander boeke te lees.
Profile Image for Martin Snr.
87 reviews
August 19, 2024
My first and certainly not the last Rudie van Rensburg book!! Enjoyed it!
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
July 1, 2017
Wow.
Uitstekende boek.
Kan nie wag om die res te lees nie.
Displaying 1 - 12 of 12 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.