Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die vyf susters

Rate this book
Die vyf Delportsusters woon saam in een huis. Wanneer die oudste doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd kom dit aan die lig dat die slagoffer allermins geliefd was. Moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger moet al sy vernuf inspan om die skuldige te probeer ontmasker.

Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks spanningsverhale deur Eleanor Baker. ’n Skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan. 

186 pages, Kindle Edition

Published February 7, 2025

7 people are currently reading
1 person want to read

About the author

Eleanor Baker as Alex Muller

5 books1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
4 (26%)
4 stars
8 (53%)
3 stars
3 (20%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Salomé Kotzé.
231 reviews8 followers
March 27, 2025
NB-Uitgewers en Human & Rousseau se heruitgawe van Die vyf susters het my aan Eleanor Baker voorgestel. Ek het nog nooit een van haar titels gelees nie, nie eers die wat sy as Alex Muller geskryf het nie.
Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks van vyf ligte spanningsverhale wat tussen 1998 en 2003 deur die gewilde skrywer onder die skuilnaam Alex Muller geskryf is, maar ek het nog nie gehoor of hulle ook weer uitgegee gaan word nie. Ek hoop so.
Ek is self een van drie susters daarom het die titel van die boek dadelik my aandag getrek. Ek is die ousus, maar hopelik nie dieselfde lot beskore as die oudste van die vyf Delportsusters nie. Want sien Rosa is die hoofrolspeler in die moordraaisel toe sy met ‘n skietwond in die kop aangetref word in die huis wat sy met haar vier sibbe deel.
Dit dek die tafel vir ‘n heerlike, agteroorsit leesreis waar jy saam met speurder Adriaan Kruger probeer ontrafel wie van die vier susters bloed op hul hande het. Elkeen van hulle is verdagtes, want Rosa was glad nie geliefd nie, maar dan kom jy agter daar is nog ‘n paar mense wat van haar sou wou ontslae raak.
Ek het die boek baie geniet en sal sterk aanbeveel vir liefhebbers van die tradisionele whodunit met ‘n goeie skeut humor en so tikkie romanse daarby saam. Al is dit ook net om ‘n blik te kry in die jaar 1998 – die tyd voor selfone, toe ‘n pakkie sigarette R6 gekos het, en as jy ouer as 60 was jy as oor die muur beskou is.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.