Jump to ratings and reviews
Rate this book

Breinlabirint

Rate this book
BANGMANSKLOOF IS ’N BANGMAAKPLEK …
Louw Erasmus word een oggend deurmekaar wakker. Alles in sy lewe voel vreemd, insluitend sy ouers. Hoewel alles normaal lyk in hul weelderige huis in Bangmanskloof, voel hy dat iets verkeerd is.
Daar is gapings in sy geheue, en sy lewe voel soos ’n vervolgverhaal met ontbrekende hoofstukke. Hy voel amper soos ’n gevangene in die groot, koue huis. Hy het ’n merk om sy nek, en die verhaal van hoe hy dit gekry het, is net die eerste van vele skokke.
Raaisels, geheime, en gevare. Wat is werklik aan die gang?
Met Breinlabirint het die bekroonde François Bloemhof ’n nuwe soort boek geskep – een wat in die vorm van ’n vervolgverhaal aangebied word. Hierdie storie sal beide avontuurlustige en trae lesers op meer as een manier betrek. Dit is ’n boek wat op ’n nuwe manier geskryf en gelees moet word!


BANGMANSKLOOF IS A SCARY PLACE ...
Louw Erasmus wakes up one morning feeling very confused. Everything seems strange to him, including his parents. Although everything appears normal in their luxurious home in Bangmanskloof, he senses that something is wrong.
There are gaps in his memory, and his life feels like a serialized story with missing chapters. He feels almost like a prisoner in the large, cold house. He has a mark on his neck, and the story of how he got it is just the first of many shocks.
Mysteries, secrets, and dangers. What is really going on?
With Breinlabirint, the award-winning François Bloemhof has created a new kind of book – one presented in the form of a serialized story. This tale will engage both adventurous and reluctant readers in more than one way. It is a book that must be read in a new way, just as it is written in a new way!

137 pages, Kindle Edition

Published March 1, 2025

Loading...
Loading...

About the author

François Bloemhof

98 books24 followers
François Bloemhof is in die 1960's in die Paarl gebore. Hy het in 1991 op die Suid-Afrikaanse literêre toneel verskyn as De Kat-pryswenner met sy debuutroman "Die nag het net een oog". Sy volgende drie boeke was almal op 'n manier spanningsverhale, voor moeilik klassifiseerbare tekste soos "Storieboek", "Hostis" en "Klipgooi".

Omdat jonger lesers van sy boeke gehou het, het hy ook spesifiek vir hulle begin skryf, met soveel sukses dat hy 'n ruk lank net daarop gekonsentreer het. Hy het gou 'n klomp ATKV-Veertjies ('n kompetisie waarin jong lesers self hul wenboeke aanwys) op sy rak gehad, asook pryse vir die tienermark, insluitend vir "Slinger-slinger" en "Nie vir kinders nie" (in Tafelberg en Sanlam se Jeuglektuurwedstryd) en "Stad aan die einde van die wêreld" (in die Maskew Miller Longman Literêre Kompetisie).

Nadat hy vyf jaar lank nie vir die volwasse mark iets gelewer het nie, het Bloemhof teruggekeer na die genre waarmee hy begin het met "Spinnerak", met Alma van der Pool as die heel eerste vrouespeurder in Afrikaanse fiksie. Sy maak weer so in "Jagseisoen" (2007).

Met verwysing na wat Alfred Hitchcock eenmaal gesê het, het Bloemhof al opgemerk: "Party mense skryf 'slices of life'. Ek het nog altyd 'slices of cake' verkies."

-----------------------------------------------------------------

François Bloemhof was born in the 1960s in Paarl. He made his debut on the South African literary scene in 1991 by winning the De Kat prize for his novel "Die nag het net een oog". His next three books were all thrillers of some sort, before he published largely unclassifiable works like "Storieboek", "Hostis" and "Klipgooi".

Because younger readers liked his books, he began to also write specifically for them, with such success that he became sidetracked for a while. He soon had a host of ATKV-Veertjies (a competition in which young readers select the winning books themselves) as well as prizes for the teenage market, including for "Slinger-slinger" and "Nie vir kinders nie" (in the Tafelberg/Sanlam Youth Literature Competition) and "Stad aan die einde van die wêreld" (in the Maskew Miller Longman Literary Competition).

After a five-year layoff from the adult fiction market, Bloemhof returned to the genre in which he started with "Spinnerak", featuring Alma van der Pool, the first ever female detective in Afrikaans fiction. She returned in "Jagseisoen" (2007).

With reference to a one-time comment by Alfred Hitchcock, Bloemhof has remarked: "Some people write slices of life. I've always preferred slices of cake."

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (25%)
4 stars
4 (50%)
3 stars
2 (25%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,589 reviews91 followers
Read
March 27, 2025
#Breinlabirint – François Bloemhof
#Lapa

Eendag was daar ʼn kloof.
En op die kloof se rand was daar ʼn weelderige huis.
En in die weelderige huis was daar ʼn 13-jarige seun, Louw Erasmus.
En een oggend het hy wakker geword en alles was anders.

Dis of sy drafskoene nie meer pas nie, Nomsa huil skelm in die kombuis, sy ouers jaag hom blou pilletjies in om te slaap, die honde grom vir hom, hy het ‘n vreemde merk om sy nek, hy mag net groente eet, en Alex, wat “...lyk of hy ‘n boom met wortel en tak sal kan uittrek” (67) en rondom die huis patrolleer, gluur hom met onverbloemde haat aan.

Die verhaal van hoe die kloof tweehonderd jaar gelede “Bangmanskloof” gedoop is, gekombineerd met ‘n onvermoë om sekere gebeure te onthou (“...as my kop net helder genoeg wil raak dat dit nie heeltyd voel of ek deur ‘n misbank beweeg nie...” – 63) laat Louw toenemend voel of hy in ‘n vervolgverhaal met ontbrekende hoofstukke vasgevang is.

François Bloemhof het al telkemale ongewone patrone met sy tekste gevolg en kan nie van eentonigheid beskuldig word nie.. Uit sy pen was al ‘n interaktiewe koerant-vervolgverhaal, ‘n jeugroman met ‘n eie rekenaarspeletjie, ‘n flipom, ‘n roman met ‘n klankbaan, en ‘n multimedia-boek.

Hierdie roman word aangebied as ‘n ver-volg-ver-haal met baie spesifieke instruksies. Die leser word gewaarsku om by elke swart bladsy te stop, te raai wat volgende gaan gebeur en dan ‘n dag te wag voordat verder gelees word. Dit bring mee dat die lees sewe dae behoort te neem, een episode (nie hoofstuk nie) per dag. Elke episode open met ‘n kort opsomming van wat vooraf gebeur het, nes die destydse vervolgverhale in die ‘Patrys”.

Helaas, hierdie leser is nie goed met reëls nie, maar bied as verskoning aan dat ‘n duisend jaar mos soos ‘n dag, en ‘n dag soos ‘n gedagte kan wees.

Maar ek het darem (reg) geraai.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,234 reviews
March 13, 2025
François Bloemhof is ’n skrywer met ’n interessante CV: die eerste om ’n interaktiewe koerant-vervolgverhaal te skryf, die eerste om ’n roman met ’n oorspronklike klankbaan te skryf en ’n roman in die vorm van ’n multimediaboek. Daarby ook strokiesverhale, verhoogproduksies en TV- en rolprentdraaiboeke, om ’n paar van sy projekte te noem. Sopas het daar ’n nuwe “eerste” verskyn uit sy pen. Breinlabirint is in wese ’n vervolgverhaal met sewe episodes, maar vervat in een boek.
Die voorwoord kom met waarskuwing: STOP wanneer jy ’n swart bladsy bereik, bedink wat vorentoe gaan gebeur, en gebruik sewe dae om die verhaal te lees. Dit was nogal moeilik om myself te dissiplineer om slegs een episode per dag te lees, want Louw Erasmus se boeiende verhaal in die eerste persoon vertel, het gevra om sommer in een sitting gelees te word!
Hy word op ’n dag wakker in hulle vreemde, yskoue huis met sy klipvloere, in Bangmanskloof. Alles, insluitende sy ouers, voel vir hom vreemd. “Weer kry ek die gevoel dat my lewe ’n vervolgverhaal is, en daar is episodes wat weggeraak het.” (p.105) Meer gaan ek nie deel nie, want ek wil allermins die storie vir ander lesers bederf.
Pieter-David Douglas het gesorg vir die voorblad en binne-illustrasies wat koue rillings gee. Die titel van elke episode is eweneens vreesaanjaend. Staal jouself, Breinlabirint is propvol gevare, raaisels en geheime wat Louw probeer ontrafel, en eindig met ’n laaste swart bladsy en ’n vraagteken.
Lapa Uitgewers het gesorg vir hierdie produksie in gedrukte sowel as e-boek formaat.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews