DIE BOEK Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sê dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het. Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het. In ’n poging om haar pa se naam skoon te kry, wend sy haar tot meneer Cohen, ’n ou familievriend met ’n winkel vol geheime. Daar ontmoet sy Eddie Nonnies, en ’n intense vonk skiet tussen hulle. Saam moet Kya en Eddie deur ’n web van intrige en gevaar vaar om die waarheid te ontdek. Terwyl hulle probeer om Kya se pa te red, moet hulle ook hul eie lewens – en die geheimsinnige diamant – beskerm. Aksie, romanse en raaisels verweef in ’n onvergeetlike avontuur wat jou op die punt van jou stoel sal hou.
THE BOOK Kya Rothman has always considered her diamond necklace to be her most precious possession. Her parents gave it to her at birth, and legend has it that it is cursed. Kya never put much stock in the stories, even when her mother died the day after she was born – the day after her father bought the diamond. But when her father is falsely accused of murdering his best friend and their lives fall apart, Kya starts to wonder if there might be more to the legend than she thought. In an attempt to clear her father’s name, she turns to Mr. Cohen, an old family friend with a shop full of secrets. There she meets Eddie Nonnies, and an intense spark ignites between them. Together, Kya and Eddie must navigate a web of intrigue and danger to uncover the truth. As they try to save Kya’s father, they must also protect their own lives – and the mysterious diamond. Action, romance, and mysteries intertwine in an unforgettable adventure that will keep you on the edge of your seat.
Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibie gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 'n BTh. en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1998 voltooi hy 'n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en 'n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. In 2006 word sy kortverhaal 'In Ma se Stoofᅮ in die kortverhaalbundel Van Spoke Gepraat (Tafelberg) opgeneem. Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.
Ek het gou agtergekom dat die titel van Jan Vermeulen se splinternuwe jeugboek, Bloedblou, inderdaad niks te make het met adellikes nie. Wel net ’n slim en veelseggende verdraaiing van die bekende woord. Geen koninklikes nie, maar wel ’n skatryk diamantmagnaat wat vir sy babadogter ’n hangertjie met ’n blou diamant gekoop het. Hoewel daar klaarblyklik ’n vloek aan die halssnoer gekoppel is, wat terugdateer na Marie Antoinette wat onthoof is met die diamant om haar nek, is daar ongesonde belangstelling, uit verskillende wêrelddele, om die halssnoer te bekom. Verder het ek ook heel gou besef dat ek met aandag moet lees, want daar is baie partye betrokke. Die storielyn is propvol intrige en beweeg vinnig, byna so vinnig soos die Ford Mustang waarmee die rykmansdogter, Kya Rothman, rondjaag. Sy is impulsief en onverskrokke in haar pogings om haar pa se onskuld te bewys wanneer hy verdink word van moord. Maar wie kan sy werklik vertrou? Maak jouself gereed vir heelparty verrassings. Die voormalige sakkeroller, Eddie, se leefwêreld staan lynreg teenoor dié van Kya, maar dié twee vind baie om oor te gesels, en te verskil, veral omdat in Kya se verwysingsraamwerk, alles met geld reggemaak kan word. Of kan dit? Die spannende situasies waarin hulle hulself bevind, bewys die teendeel. Vriendskap en lojaliteit kan klaarblyklik nie gekoop word nie. Jan Vermeulen is een van ons voorste skrywers van jeugverhale. Daarvan getuig meerdere toekennings. Met Bloedblou bewys hy weereens sy slag met die geskrewe woord. Hy is duidelik in voeling met die jeug en slaag daarin om ’n boeiende boek te lewer wat meer as net die jeug, aan die lees sal hou. Die boek is in gedrukte, sowel as e-formaat beskikbaar op Lapa Uitgewers se webwerf.
Kosbare edelstene. Grillerige vloeke. Pasmaats wat legendes word.
‘n Knewel van ‘n diamant, ongeveer 112 karaat, vanuit die Kollur-myn in Indië, word in die 17de eeu as die oog van Sita in ‘n Hindoe-tempel gemonteer. Afhangende van die bron, word dit gesteel of gekoop deur Jean-Baptiste Tavernier wat dit in 1668 aan Lodewyk XIV verkoop. Die nuwe eienaar laat dit slyp tot ‘n uitsonderlike blou steen van 67.125 karaat, deel van die kroonjuwele van die befaamde Marie Antoinette. Dit verdwyn na die bloedige rewolusie en herverskyn in die 19de eeu in die besit van ‘n diamanthandelaar, Daniel Eliason. Die Sita-diamant word daarna deur Henry Philip Hope geslyp tot 45.52 karaat en staan sedertdien as die Hope-diamant bekend. Dit word vandag by die Smithsonian Instituut bewaar.
Die verhale wat daarom geweef word is selfs interessanter as die geskiedenis. Volgens oorlewering rus daar ‘n vloek op elkeen wat die diamant, of die afvalstukkies daarvan, besit. Tavernier is dienooreenkomstig deur wolwe (of honde) verskeur en die Franse adel se grusame uiteindes is algemeen bekend.
Kya Rothman se ouers het haar geboorte met ‘n diamanthalssnoer gevier. Die grootste steen wat die waarde van die snoer haas onberekenbaar maak, is ‘n vyf karaat splinter van die oorspronklike Sita-diamant, genaamd die Blou Marguerite. Kya se ma het ‘n dag na haar geboorte gesterf, maar tot haar agtiende verjaarsdag het sy andersins ‘n bevoorregte lewe gehad. Haar skatryk pa se verjaarsdaggeskenk toe sy “Uiteindelik agtien. Uiteindelik legal.” (12) word, was immer ‘n ingevoerde 1973 Ford Mustang Mach 1 Tribute.
Dan word haar pa op ‘n aanklag van moord gearresteer en sy moet, in sy afwesigheid, gevare van alle kante afweer wanneer ‘n ontydige TikTok-video die wêreld se aandag op die Blou Marguerite vestig.
Dié besondere steen staan sentraal in Vermeulen se spanningsroman vir jong volwassenes en vind ook neerslag in die titel. Subtiele verwysings daarna word ook in die teks gevind. Nes die godin Sita, die oorspronklike houer van die diamant, het Kya se stiefma, Rhona, ‘n glasoog. Sy is terselfdertyd ‘n daaglikse herinnering aan die leegheid van Kya binne haar dra weens die afwesigheid van haar ma.
Benewens hulle kontrasterende agtergronde – sy is ‘n rykmanskind en hy ‘n brandarm weeskind wat by sy ouma woon en boonop ‘n kriminele rekord het – is dit juis die leegheid in Kya wat ‘n struikelblok in haar ontluikende verhouding met Eddie Nonnies word. Hy herken dit, hy het dit immers in sy eie broer, Dunston, ook waargeneem: “Jy het ‘n beautiful soul, Kya. Maar daar is ‘n ander kant ook. Ek noem dit jou Dunster-kant...Hy het dit sommer self sy emptiness genoem.” (235) En Dunster se gewelddadige dood spook by hom soveel as wat Kya se ma s’n aan haar vreet: “Nie hy of Oumie kry Dunster se bloed afgeskrop nie.” (73)
Kya en Eddie se uitdagings om diamant-gulsige skarminkels te uitoorlê en die werklike moordenaar op te spoor sodat Kya se pa bevry kan word, vorm die hoofspanningslyn. Enkele tegniese foute duik op hierdie front op. Eddie was (net) ‘n week in die tronk voordat hy ‘n opgeskorte vonnis ontvang het (171) en hy kan dus nie op parool (157) wees nie. ‘n Lasbrief word ook nie uitgereik om dreigboodskappe te ondersoek nie (182).
Die roman is desnieteenstaande ‘n suksesvolle kombinasie van legende, spanning, liefde, en hanteer traumatiese aspekte, soos die dood van geliefdes, met groot deernis, sodat Kya uiteindelik besef: “...ek besef nou dis nie ‘n leemte wat gevul hoef te word nie...Dit is waar ek Mamma vir altyd sal dra in my hart as deel van wie ek is en wat ek nog gaan word.” (273)
💎💎💎💎.5 blou diamante vir Bloedblou deur Jan Vermeulen
Dankie Lapa Uitgewers vir 'n resensie kopie van hierdie boek (en dankie tog vir Amazon want ek het ook 'n Kindle weergawe gekoop).
Hierdie boek het geen reg gehad om só goed te wees nie.
Ek het Bloedblou opgetel en gedink ek kry ’n bietjie moody jongvolwasse moordraaisel… en toe beland ek in ’n modern dagse nagmerrie met dood dreigings, dooie mammas, tragiese liefdesbelangstellings en ’n DIAMANTHALSSNOER WAT MOONTLIK VERVLOEK IS?? Wat meer wil ’n mens hê?
✨ Kya is die ultieme “ek gaan hierdie familie-vloek oplos met net my hardkoppigheid en ’n half-leë selfoon”-meisie. ✨ Eddie gee “as jy sterf, sterf ek saam met jou” vibes en ek het gelewe daarvoor. ✨ Die atmosfeer?? Droog, donker, gevaarlik; ek was in.
Die boek tempo was stadige spanningsopbou met ’n heeltemal mindblowing einde. Ek was op die punt van my sitpklek met die plot twist aan die einde selfs al was dit bietjie voorspelbaar. Gelukkig het Vermeulen so paar ekstra spanners in die works gegooi en 'n einde gegee wat my in die storie gehou het ver verby my slaaptyd.
💀 Onveilige moderne mansion? Tjek. 💔 Mysterieuse dood? Tjek. 🩸 Vinnige karre, diamante met slegte vibes, generasietrauma? Tjek-tjek-tjek.
Laaste gedagtes: Jan Vermeulen het gesê “wil jy vibes EN geweld hê?” en hy het voorsien! Bloedblou is creepy, emosioneel en verslawend op al die regte maniere. As jy hou van rillers hou met ’n tikkie noodlottige romanse en vloeke wat dalk regtig is, is hierdie die lees vir jou.
Hierdie was 'n heerlike kan-nie-neersit naelbyt aksiebelaaide spanningsverhaal wat tot die einde toe geboei het.
'n Sterk, jong vroulike hoofkarakter met 'n voorliefde vir vinnige sportmotors en 'n diamant met 'n eeueoue vloek sorg vir welkome afwisseling op die normale tipe hoofkarakters en storielyne wat gewoonlik in tiener aksieverhale voorkom.
Jan Vermeulen slaag daarin om 'n verhaal te skep wat intergenerasioneel is en ook oor geslagsgrense kan strek.
Bloedblou deur Jan Vermeulen is ’n uitsonderlike mengsel van misterie, avontuur en romanse wat my vanaf die eerste bladsy vasgegryp het en nie losgelaat het nie. Die storie begin met Kya Rothman, ’n jong vrou wie se lewe nog altyd in die skadu van ’n vloek geleef is — of so sê die familielegende. Haar diamanthalssnoer, gegee met haar geboorte, is glo vervloek, en ironies genoeg het haar ma die dag ná haar geboorte gesterf. Maar Kya het nooit regtig geglo in die vloek nie… tot haar pa vals beskuldig word van moord en alles begin uitrafel. Die plot is ongelooflik goed gestruktureer. Jan Vermeulen weef leidrade deur die verhaal wat jou laat glo jy is ’n tree voor — net om jou heeltemal verkeerd te bewys met ’n skerp, onverwagse draai. Die ritme van die storie is perfek; geen hoofstuk voel soos ’n vulstuk nie, en elke toneel dryf die spanning op. Kya as hoofkarakter is uiters goed uitgebeeld: vasberade, slim en bereid om risiko’s te neem, maar tog ook kwesbaar. Haar emosionele reis is net so boeiend soos die raaisel self. Eddie Nonnies is die perfekte balans vir haar karakter — hy bring humor, warmte en ’n tikkie gevaar. Die chemie tussen hulle bou stadig op en voel eg, sonder om die kernfokus van die verhaal te verskuif. Die Suid-Afrikaanse setting is vir my een van die hoogtepunte. Vermeulen se beskrywings is visueel en ryk aan atmosfeer, van die strate tot die unieke kultuurinvloede. Dit gee die boek ’n vars, outentieke gevoel in ’n genre wat dikwels deur internasionale titels oorheers word. Wat ek die meeste waardeer, is hoe die boek jong lesers respekteer. Die temas is kompleks — lojaliteit, vertroue, die grens tussen geluk en noodlot — maar dit word vertel in ’n manier wat toeganklik en boeiend is. Ek het veral van die oomblikke gehou waar die karakters keuses moes maak wat nie eenvoudig reg of verkeerd was nie, en hoe dit die leser laat nadink oor hul eie besluite. Die spanning in die laaste derde van die boek is uitstekend opgebou. Ek het letterlik my asem opgehou tydens sekere tonele, en toe ek dink ek het alles uitgepluis… het daar nog ’n laaste onthulling gekom wat my heeltemal verras het. Bloedblou is nie net ’n raaisel nie, dis ook ’n storie oor familie, lojaliteit en die moed om vir die waarheid te veg. Dis ideaal vir lesers van Holly Jackson, Karen M. McManus en enige iemand wat hou van boeke wat jou slim laat voel, maar jou ook heeltyd op jou tone hou. Ek beveel dit sonder huiwering aan vir tieners, jong volwassenes en selfs volwassenes wat lus is vir ’n vinnige, maar ryk leeservaring. 🌟 My gradering: 5/5 sterre 🌶 Spice: 0/5 — romantiese spanning sonder eksplisiete inhoud Aanbeveel vir: Lesers wat hou van misteries vol draaie, ’n tikkie romanse en ’n sterk vroulike hoofkarakter.
Kya Rothman is die enigste kind van diamantmagnaat, Maurice Rothman. Op haar agtiende verjaardag haal sy haar erfstuk, waarin die Blou Marguerite diamant pronk, uit die kluis en doen haar Afrikaanse mondeling oor die geskiedenis van die steen. Daar hang blykbaar 'n vloek oor die diamant, wat eens aan Marguerite Chevalier en Marie Antoinette behoort het. Een van haar klasmaats sit 'n video van haar mondeling op die internet, en 'n klomp gierigaards gee dadelik aandag. Haar pa se beste vriend, Brian, word vermoor, en Maurice is die hoof-verdagte. Kya probeer álles in haar vermoeë om sy onskuld te bewys - sy was immers die aand van die moord in die kar, saam met haar pa! Uit radeloosheid gaan sy na die ou jood, mnr Cohen, 'n ou vriend van haar pa. Daar ontmoet sy vir Eddie Nonnies. Hy was 'n sakkeroller en is uit op parool - hy werk vir mnr Cohen. Die twee jongmense vind dadelik aanklank by mekaar, al kom hulle uit sulke totaal verskillende wêrelde. Onwillekeurig raak Eddie betrokke by Kya se desperate poging om haar pa se onskuld te bewys. Terwyl haar stiefma, Rhona, en hulle kok, Phillipe lyk of die hele petalje hulle nie te veel ontstel nie, voel Kya en Eddie hoe die strop al stywer trek. En alhoewel haar lyfwag, Pedrie, homself uitstekend van sy taak verrig, is daar tóg mense, wat enigeiets sal doen om die Blou Marguerite in die hande te kry... Jan Vermeulen het dit weer reggekry om 'n uitstekende blitsblaaier vir jong (en ouer😉) lesers te skryf.