Jump to ratings and reviews
Rate this book

Rebecca

Rate this book
Op 25 is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts.  Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner.  Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte” werk.  Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen.  Wie nie waag nie, sal nie wen nie, is haar leuse. 

366 pages, Paperback

Published February 28, 2025

9 people are currently reading
3 people want to read

About the author

Wilna Adriaanse

19 books29 followers
Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 in die Kalahari gebore. Sy het op Worcester grootgeword en matrikuleer in 1976 aan Hoërskool Worcester. Sy verwerf daarna ’n BA en BA honneursgraad in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is in 1981 met Deon Adriaanse getroud. Hulle het vir drie en ’n half jaar in Giyani (Limpopo) gewoon voordat hulle weer in 1985 hulself in die Kaap gevestig het. Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland. Haar eerste boek, Die wingerd sal weer bot, verskyn in 2000 by Lapa-uitgewers onder die skrywersnaam Wilmine Burger. Haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Met ander woorde (2006), Die boek van Ester (2008), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad voltooi, en daaruit spruit haar roman 'n Klein lewe (2012). Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland,

Het jy geweet?

Sy het om middernag op 31 Desember 1999 (in die Switserse Alpe) besluit om skryf haar Nuwejaarsvoorneme te maak. Sy het in 2000 begin skryf en haar eerste boek het in 2001 verskyn.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
7 (58%)
4 stars
4 (33%)
3 stars
1 (8%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
March 24, 2025
Toe ek ’n goeie klomp jare gelede uit ’n leesdroogte gekom het, het ek verskeie (vir my) nuwe skrywers raakgelees. Een daarvan was Wilna Adriaanse. Ek het ’n hele rits van haar boeke gelees, maar op ’n manier het Rebecca by my verby gegaan. Waaroor ek nou nogal dankbaar is, want sodoende kon ek die hersiene uitgawe sonder voorbehoud, vergelyking of kritiek lees. In ’n persverklaring het die uitgewers, Tafelberg, wel genoem dat buiten ’n slimfoon en ’n nuwe rok, daar nie aan die hoofkarakter verander is nie. Die Suzuki Jimny moet ook deel wees van die vernuwing, want in 2004 was hulle nog nie in Suid-Afrika beskikbaar, sover my kennis strek nie.

Maar watter heerlike leeservaring was dit nie. “... juffrou Fagan val binne geen parameter nie. Dis of sy met haar eie stel reëls van die een of ander planeet hier aangekom het.” (p.259) Dit is ’n ráák beskrywing van die vyf en twintigjarige Rebecca, wat geen erg het aan besittings nie. Trouens, as dit nie in haar rugsak kan pas nie, kan sy daarsonder klaarkom.

Die manlike hoofkarakter, Julian Hoffman, is eweneens veelvlakkig. Die derde geslag aan die stuur van ’n multimijardrand-maatskappy, som Rebecca hom op: “Deep down inside is jy eintlik ’n redelik eenvoudige mens. Mense sien jou as hierdie James Bondfiguur, maar eintlik wil jy ook maar net Tarzan wees.” (p.281)

Die twee uiteenlopende, maar sterk persoonlikhede, sê mekaar enduit die stryd aan, soveel só dat ek by tye gewonder het of ’n gelukkige einde haalbaar gaan wees. Wilna Adriaanse toor met woorde en het daarin geslaag om my totaal by die storielyn te betrek. Ek sal dit aanbeveel vir diegene wat hou van ’n goeie liefdesverhaal met heelwat om die lyf.

Tafelberg is ’n druknaam van NB Uitgewers.
Profile Image for Susanna.
257 reviews7 followers
October 11, 2025
Wanneer die 25-jarige Rebecca Fagan na Suid-Afrika terugkeer ná jare in Europa, wil sy ’n nuwe begin maak — professioneel én persoonlik. Sy’s slim, selfstandig en nie bang om haar sê te sê nie. Toe sy deur een van haar vriende hoor die multimiljoener Julian Hoffman kort ‘n nuwe persoonlike assistant, maak sy seker sy word oorweeg. Sy konfronteer hom sommer in die parkeer garage, maak seker sy sal nie vergeet word nie. En dit werk. Nuwe werk, goeie vriende, Kaapstad se bekoring– wat meer wil ‘n jong mens hê?

Julian is aanvanklik verstom deur haar eerlikheid en humor, maar tog ook gefassineer. Rebecca is altyd eerlik, beslis hardkoppig, maar altyd outentiek. Soos Rebecca al hoe meer in Julian se hart inkruip, weet hy as hy vir haar wil gaan, sal hy deur haar hardkoppige selfstandige muur moet breek. Gaan hy dit regkry sonder dat sy vlug? Kan Rebecca op een plek bly, by een persoon en steeds haar gelukkige self wees?

My indruk: Ek het die hersiende weergawe gelees en dit het my gepla dat sy mense se nommers opsoek op haar “foon” voor sy ‘n foon gehad het. Dit het darem net een maal gebeur, maar sulke goed pla my ongelukkig. En hoe op aarde kan jy leef in 2025 sonder ‘n foon? Behalwe vir dit, het ek vir Rebecca geniet. Sy het maar baie emosionele bagasie en dit verduidelik haar optrede deur die boek. Was ‘n lekker ontpannende romantiese storie om te lees.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.