Jump to ratings and reviews
Rate this book

Katryn: Vrou van die Richtersveld

Rate this book
Hierdie aangrypende roman oor ’n ongeletterde Nama-vrou van die Richtersveld speel af in die 1950’s. Katryn Jonis word van moord aangekla, maar sy kom agter die pro deo advokaat glo nie in haar onskuld nie en besluit dan om haar eie verdediging in die hof te behartig. Die vindingryke en berekende wyse waarop die reguit en passievolle Katryn die waarheid uit die staat se getuies in die hof trek, boei die leser deurgaans. Daar is baie vrae: Wie het dan die moord gepleeg, en hoekom? Hoekom het Abraham Klink en sy familie die Jonis-familie deur die jare so getreiter? Want waar Katryn en Salmon ook al geboer en gewoon het op die walle van die Grootrivier – by Kortdoorn, by Grootderm – daar het die Klinke hulle op ’n slinkse manier skade berokken. Totdat Katryn op ’n dag gedryf word tot optrede met ’n vreeslike nadraai. Omring deur vyandige getuies veg sy vir haar lewe in ’n hof in Kaapstad.

161 pages, Kindle Edition

First published November 4, 2012

7 people are currently reading
43 people want to read

About the author

Jan Huisamen

2 books

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
36 (36%)
4 stars
39 (39%)
3 stars
21 (21%)
2 stars
4 (4%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 12 of 12 reviews
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
May 5, 2013
miskien het ek effe te veel verwag van die boek omdat meeste mense 'rave' oor die boek. ;)

dit was baie goed gewees, en hier teen die einde het ek gedink ek sal dit 'n 4 ster gee, maar nou dat ek klaar is, het ek besluit op 'n 3 ster. die rede hiervoor is dat daar twee goed was wat voorspelbaar was in die storie. ek is nie een wat noodwendig iets sien kom nie, ek is gewoonlik die laaste een wat dit snap, so vir my was dit effe teleurstellend dat ek twee 'groot' goed sien kom het.

dit gaan maar oor persoonlike smaak - ek hou net niks daarvan om uit te pluis wat gaan gebeur nie. maar bygese, dit was nog steeds 'n goeie boek en 'n goeie storie gewees. dit was baie ontstellend vir my gewees en die onderwerpe is dinge in die lewe wat my na aan die hart le, wat gemaak het dat ek wel van die boek gehou het.

dis ons boekklub se boek van die maand, so ek sien uit om dit te bespreek ... gaan interessant wees ...
Profile Image for Retha Burger.
10 reviews1 follower
October 19, 2012
Katryn kruip diep in jou hart in met al haar kostelike sêgoed. Dis 'n groot jammerte dat daar nie nog 'n Katryn-storie uit die ontslape Jan Huisamen se pen gaan kom nie.
3 reviews3 followers
January 19, 2013
Die storie en kleurvolle taalgebruik is boeiend en fantasties. Dis beslis die tipe storie wat absoluut die moeite werd is om te lees.
Profile Image for Susan Snyman.
17 reviews1 follower
January 25, 2015
This was a book I did not want to put down, once I have begin I simply read till it was done.
Profile Image for Mirjam Bos.
232 reviews
February 27, 2019
Echt een prachtig kort boekje. Het hele verhaal speelt zich zo ongeveer af in een rechtbank wat saai lijkt, maar hierdoor kan er extra nadruk worden gelegd op de personages. De hoofdpersoon is karakteristiek, recht voor z'n raap en een typische Afrikaanse vrouw. Ze inspireert me met haar drang naar rechtvaardigheid en totale eerlijkheid.
77 reviews
January 19, 2020
Hierdie was vir my een van die beste Afrikaanse boeke wat ek nog gelees het en Katrynnis beslis een van my gunsteling karakters ooit! Ek sou haar so graag in 'n fliek wou sien.
Uiters goed geskryf!
64 reviews
October 3, 2020
Loved The book it was such a easy read. It was easy to place yourself in the shoes of Kathryn. The book was was well written.
Profile Image for Darrin.
6 reviews
March 18, 2021
Goed is nie woord genoeg om dié boek te beskryf nie. Ek het die taalgebruik en die storie self gate uit geniet. Dit het my aan Dalene Matthee se boeke laat dink. Net pragtig.
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
February 28, 2020
Dis die jaar 1959. In Kaapstad staan Katryn Jonis tereg op ‘n aanklag van moord. Sy het nie ‘n staatsadvokaat nie, want sy het gesien die persoon wat aan haar toegewys is, glo nie regtig haar storie nie. En die regter vertrou sy hoegenaamd nie. Enersyds omdat hy ‘n witman is, andersyds omdat sy sy antogonisme kan aanvoel. Vir die subtiliteite van die Westerse regstelsel het sy geen begrip nie en derhalwe verkies sy om haar eie verdediging waar te neem.

Katryn is ‘n Nama-vrou uit die Richtersveld, daardie dorre landstreek knap suid van Namibië. In daardie stadium van Suid-Afrika se geskiedenis word sy onder die sambreelterm van Kleurling geklassifiseer. Sy is egter trots op haar Nama-afkoms en wantrou blankes van harte, veral weens die gedrag van haar eie blanke oupa. Sy is ‘n trotse, hardwerkende en diep gelowige vrou wat haar gesin met ‘n ysterhand regeer, hoewel sy ongeletterd is. Haar geloof is ongekompliseerd en opreg, maar tog diep gekoppel aan die gedagte dat sy die Here se guns kan verdien deur goeie dade, kerkbywoning en bydraes aan die kerk. Hoewel gelowig, is sy meedoënloos in haar oordeel en duld sy geen teenstand nie. Hierdie teenstrydighede maak egter van Katryn ‘n meerdimensionele karakter met volop diepte.

Katryn is ook ‘n opprater – in die Nama-tradisie ‘n vrou wat die vermoë het om iemand wat terminaal, en veral ‘n kind wat per ongeluk beseer is, gesond te praat – en iemand met die vermoë om mense en hulle motiewe te peil. Hierdie gawe van haar speel ‘n deurslaggewende rol in die gebeure wat haar tot op hierdie donker oomblik gebring het.

Katryn se jarelange vete met die Klink-gesin hang hiermee saam en vorm die kern van die verhaal. Die leser word tot laat in die verhaal in die duister gehou oor wat presies hierdie vete veroorsaak het. Vir die grootste deel van die roman het die leser nie ‘n idee of Katryn se haat en veroordeling teenoor die Klinke enige gronde het nie.

Die krag van hierdie roman lê in die uitbeelding van die hoofkarakter, haar leefwyse, haar geloof, haar onverdraagsaamheid en haar liefde vir haar mense en haar boerdery. As dokumentering van die Afrikaans van Nama-afstammelinge is die boek van groot waarde. Dis interessant dat die resensent, wat in ‘n later tydvak in ‘n meer suidelike gebied grootgeword het, die meerderheid van die volkswoorde soos koort, kortendag, mame, oorlams, pa-goed, souerig, verbie, voorstebos wat agterin die boek gelys word, goed ken. Hieruit kan die omvang van die taal-erfenis van die inheemse volke en die invloed daarvan om Afrikaans te verryk, sekerlik afgelei word.

10 Desember 2019 - 7 Januarie 2020 - Storie was op RSG as vervolg verhaal en ek het dit daar gehoor.
1 Februarie 2020 - 7 Februarie 2020 - Ek het toe besluit om die boek uit te neem en self te lees.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Anitaleest.
254 reviews1 follower
January 25, 2015
Een verhaal wat zich afspeelt in de jaren 60 in Afrika. Ik moest erg wennen aan de namen en de manier van praten. Katryn wordt neergezet als een sterke zelfstandige vrouw die door haar huidskleur en blauwe ogen al veel heeft meegemaakt in haar leven. Als ze ten onrechte in de gevangenis komt voor moord en haar advocaat niet aan haar verwachtingen voldoet besluit ze om haar eigen verdediging te voeren met als inzet haar leven. Op zich vond ik het een interessant verhaal maar het was hier en daar een beetje langdradig met alle breedvoerige terugblikken en niet zo heel veel dialogen.
Displaying 1 - 12 of 12 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.