Damestudente loop nie meer ná skemer alleen op die kampus sedert ’n reeksmoordenaar vaardig begin raak het nie. Llyn is waaksaam, maar is sy waaksaam genoeg sedert die geheimsinnige man in die biblioteek haar pad gekruis het?
Bets Smith het begin skryf omdat sy aan haarself wou bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Sy hou aan met skryf omdat sy in die liefde en in gelukkige eindes glo, en voel mense het in ‘n harde wêreld nodig om herinner te word daaraan dat die goeie nog kan seëvier. Omdat sy goedvoelstories skryf, is die hele skeppingsproses vir haar terapeuties. Selfs die skryf van spanningsverhale help om van aggressie en frustrasies ontslae te raak, want die skurke word aangekeer en ry op die ou end aan die pen. Sy is 'n afgetrede onderwyser wat tans in Reebok, in die Suidkaap bly. Hul uitsig op die see, en die pragtige omgewing is 'n inspirasie vir enige skrywer. Sy en haar man is reeds 39 jaar getroud. Hy verstaan haar giere en geite en ondersteun haar in alles wat sy aanpak. Haar twee getroude kinders met ’n eiesoortige humorsin hou haar voete op die aarde, en haar vier kleinkinders is 'n groot vreugde in haar lewe.
Bloedspoor was goed maar nie van die beste wat ek al gelees het nie. As jy verby die eerste 100 bladsye kan kom, raak die storie lekker op dreef.
Die speurgedeelte was goed uiteen gesit met genoeg verdagtes om die leser aan die raai te hou. Die liefdesdeel is te naby aan die woer-war resepte van die 'ligte' afrikaanse romanses. Ek dink as die skrywer 'n 100 bl'e bygeskryf het en die karakters bietjie meer ontwikkel het sou die boek baie beter daarvoor gewees het. Veral die inspekteurs. Die ontwikkeling van die verhouding kon ook 'n bietjie meer uitgerek gewees het.
This novel just won an Newbery Honor award. I enjoy Holly Black's writing but this book was just all right. The plot involved a very creepy doll and some scary moments but the characters were rather flat for me.