Jump to ratings and reviews
Rate this book

Elisabet se oorlog [Elizabeth's War]

Rate this book
Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik met Johannes Barnard groei saam met die gerugte dat daar dalk ’n tweede Groot Oorlog mag uitbreek. Gepantser met Ouma Liesbet se raad besluit sy kort voor haar troue om die verlowing te verbreek en vrou-alleen na Europa te reis. Sal Elisabet in die oorloggeteisterde Londen vryheid en onvoorwaardelike liefde vind?

Helene de Kock op haar beste.

Please This audiobook is in Afrikaans.

Audible Audio

Published May 1, 2022

Loading...
Loading...

About the author

Helene De Kock

71 books8 followers
Helene se skryfwerk dek ‘n wye spektrum van genres. Sy doen ook joernalistieke werk en skryf resensies vir dagblaaie. Sy skryf al langer as dertig jaar lank en meer as 40 boeke is gepubliseer. Van haar vroeër werke verskyn nou in omnibusse, maar sy skryf steeds nuwe romans asook geestelike werk en kinderboeke. Daar verskyn binnekort nog ‘n omnibus en ook nuwe romans van haar. By CUM verskyn daar ‘n boek oor haar seun se dood met die titel ‘As dood Lewe word’. Sy skryf vir verskeie uitgewers soos Tafelberg Uitgewers, Human & Rousseau, Litera, CUM, Aktuapers en LAPA. Sy het ook ‘n gereelde rubriek naamlik ‘BBP’s’ op www.ekerk.co.za.

Helene skryf graag oor die liefde - maar net so belangrik in haar werk is die klem op die werklike lewe en die eise wat dit aan álle verhoudings stel. Sy verwys na haar romans as verhoudingsverhale. Sy het byvoorbeeld ‘n roman geskryf wat oor ‘n periode van byna ‘n eeu strek. Dit is die liefdesverhale van twee vroue wat nie slegs die trauma van oorlog ken nie, maar ook die pyn van verlange en wantroue. Helene het ‘n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands wat sy cum laude verwerf het. Sy het in 2008 ‘n toekenning gekry vir die beste meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteitvan Noordwes. Haar roman ‘Dieper Water’ is juis ‘n uitvloeisel van hierdie studie.

Sy skryf ook kortverhale wat al in bundels opgeneem is. Hierdie bundels is saamgestel deur T.T.Cloete, Jeanette Ferreira en Daniel Hugo.
Helene was verskeie male naaswenner met die ATKV/Sarie pryse vir vervolgverhale en ook die ATKV/rooi rose kortverhaalwedstryd. Al haar vervolgverhale is in boekvorm deur verskeie uitgewers uitgegee en ander romans het weer direk in boekvorm verskyn. Sy gee sporadies lesings oor Skryfkuns aan die Skryfskool van die Noordwes Universiteit asook by die Universiteit van Pretoria.

http://www.helenedekock.com/

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
35 (56%)
4 stars
22 (35%)
3 stars
2 (3%)
2 stars
1 (1%)
1 star
2 (3%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Amanda.
1,273 reviews
May 31, 2021
Dit bly altyd vir my ’n openbaring hoe ’n stuk ontstellende geskiedenis lewend, maar verteerbaar gemaak word in die hand van ’n deurwinterde skrywer, een wat genoegsame mensekennis het en verhoudings verstaan. So is dit dan ook met Helene de Kock se nuutste historiese roman, Elisabet se oorlog.

Elisabet voer haar eie oorlog op persoonlike vlak en beleef ook die "Tweede Wêreldoorlog in Engeland, waar sy haarself vrywilliglik bevind nadat sy weggestap het van ’n huwelik in Suid-Afrika, voortgestu deur die herinnering aan ’n ander man. Die skrikwekkende detail van die Blitz, nagte in bomskuilings, die voedselrantsoenering, die sterk gees van die Engelse nasie, dit word alles verweef met die persoonlike lewe en verliese van Elisabet in London. Aangrypend is die ontdekking wat sy aldaar maak: "So is dit dan om lief te hê. Jy weet dinge wat jy liewer nie wil weet nie. En tog pas jou hart aan. Asof dit ’n nuwe ritme het." (Bl. 106)

Benewens die feit dat die buiteblad esteties baie goed slaag, som dit die essensie van die verhaal puik op. Daar is verwysings na karakters uit die Debora-reeks, en ook Die kind uit die wingerd, maar hierdie roman kan ook alleen staan. Ek gee dit graag vyf sterre, en op ’n geleë tyd sal ek dit, saam met die vorige romans, weer wil lees wanneer ek nie haastig is om te sien hoe die verhaal gaan ontknoop nie.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books50 followers
May 17, 2021
Elisabet moes nie eintlik in die Blitz in London gewees het nie. Sy het ook 'n paar ander dinge gedoen wat sy nie veronderstel was om te doen nie, want sy is nie bereid om haar lewe volgens die mans in haar lewe se begeertes te leef nie. Hiervoor betaal sy 'n duur prys. Maar - soos mens in 'n goeie liefdesroman verwag - dit is op die ou end die moeite werd.
Elisabet se oorlog bevat talle deeglik-nagevorsde feite oor die Tweede Wereldoorlog, maar dis die emosionele belewing wat dit 'n kosbare boek maak. Enige goeie navorser kan feite versamel en opskryf, maar nie enige persoon kan daardie feite geloofwaardig binne 'n fiktiewe verhaal plaas nie.
Helene de Kock kan.
Profile Image for Lianie Heyns.
17 reviews
July 12, 2023
Yawn,
Soetsappig en hmm effens realisties, maar tog nie. Gee my ‘n boek waar die heldin nie weer trou nie. Ek kon nie vat kry aan die laaste 10% van die boek nie.
Oor die algemeen is die boek nie asemrowend nie.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Barend van der Merwe.
58 reviews1 follower
February 17, 2023
Die boek het nie verniet 'n prys gewen nie. Dis nie gewoonlik my tipe leesstof die nie. Die verhaal is eenvoudig maar kragtig. Meesleurend.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews