What do you think?

Die reünie
Andrea is min lus vir haar skoolreünie, tot sy hoor Stiaan Smith gaan beslis daar wees. Hy het haar hart gebreek toe hy haar ná universiteit vir ’n ander vrou gelos het. Die saak is uitgemaak. Sy gaan Kaap toe vlieg vir die reünie. Daar gaan sy Stiaan se hart uit sy borskas pluk, dit braai en afsluk saam met ’n goeie glas rooiwyn. Dit is nou wel jammer sy het nie ’n metgesel nie, maar nou ja. Die noodlot het egter ander planne.
151 pages, Paperback
Published July 1, 2025
About the author
Erla-Mari Diedericks
13 books27 followersErla-Mari Diedericks is ’n joernalis, rubriekskrywer en outeur. Sy is al meer as 30 jaar ’n joernalis en het haar droom verwesenlik om vir byna elke publikasie in SA te skryf, waaronder Fairlady, Femina, You, Huisgenoot, Sarie, Rooi Rose, Idees, Tuis, Keur – en selfs Playboy.
Sy het ook al geskryf vir Beeld, Die Burger, Rapport en Sunday Times.
Sy het sewe boeke op haar kerfstok – Sin, Sushi & Survival, Still Standing, V-Verhale, Seks, Leuens en die Internet, Agter Grendels, Dominique en Die Bewonderaar. Die laaste twee is rillers en volg op mekaar.
Tans skryf sy rubrieke vir Netwerk24 wat dikwels die manlike geslag ontstig.

Ratings & Reviews
Friends & Following
Create a free account to discover what your friends think of this book!
Community Reviews
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
September 16, 2025
Die boek was 'n goeie herhindering oor hoekom ek nie lief is vir Afrikaans lees nie...
Dit is my eerste Romanza en wat ek verstaan van die 'hele Romanza' ding is dit moet breindood lees wees, maar sjoe... Ongelukkig hoe meer ek oor die hele storie gedink het hoe swakker het die hele prinsiep net geword.
Die dialoog het nie lekker gevloei tussen die karakters nie en die verhouding het geforseer gevoel.
Andrea is so toe soos 'n klei-os se gat. Iets moet kaal voor haar dans voordat sy iets snap. Ek kon nie vat aan haar kry deur die hele boek nie. Ek het nog nooit gepraat van daai deel van 'n man as 'n paloeka nie. Paloeka is nie gepas nie😑
Konrad is uhm - ek weet nie regtig hoe om dit te verduidelik nie. Ek het nog nooit iemand gehoor so praat nie. Dit maak net nie vir my sin nie.
Stiaan is maar die tipiese 'badguy'.
Hier mag dalk spelfoute in die resensie wees, maar ek lees net genoeg Afrikaans om myself te kan verdedig.

Read
August 28, 2025#DieReünie – Erla-Mari Diedericks
#Romanza
My leesstapel sal my waarskynlik oorleef, en die verskeidenheid is uiteenlopend genoeg om ‘n verkleurmannetjie nagmerries te gee. Erla-Mari Diedericks se Stoom-Romanzas kan ek nie weerstaan nie, hulle mag klein wees, maar het stewige plekke op my stapels.
Hoekom?
Eerstens: Sy weet hoe om erotiese tonele te skryf. Kinematografies, sonder om banaal of stereotiep te wees. Tweedens: Sy skryf oortuigend. Haar romantiese hoofkarakters is nie bakvissies nie, hulle is volwassenes wat al ‘n bietjie gelewe het. Nie perfek nie, nie skatryk nie, bloot gewone mense, met vrese, foute en begeertes. En derdens: Sy laat my lag. Die humor is dikwels subtiel, donker en satiries, en balanseer die erotika op ‘n vermaaklike wyse.
Andrea is op pad na ‘n skoolreünie. Sonder ‘n metgesel, maar met wraakplanne teenoor Stiaan wat haar jare gelede soos ‘n warm patat gelos en uit haar lewe verdwyn het. Haar vrees vir vlieg – met ‘n knipoog na Erica Jong se Fear of Flying – lei tot ‘n ontmoeting met Konrad. En die res is geskiedenis.
Konrad is in voorkoms die tradisionele ridder, maar verfrissend anders as die hoofstroomhelde nie verbitterd teenoor vroue of gewond in die liefde of gebuk onder een of ander tragedie in sy verlede nie. Hy is beide kinderlik-opreg en intelligent-spitsvondig; spring met groot vreugde op ‘n bed, maar kyk met sensitiwiteit na vroulike sentiment.
En hy kan soen: “Ander mans dink weer hul tong is ‘n ruitveër. Heen en weer en heen en weer.” (64) Nie hy nie. Die stoom is ook nie tot die jacuzzi beperk nie. Publieke plekke is ‘n uitdaging, eerder as ‘n spreekwoordelike Area 51:
“Ons kan nie hier nie!”
“Niemand sal weet nie.” (97)
Ek wou Andrea ‘n paar keer wakkerklap en het later besluit sy moet dan maar voortploeter, ek sal self vir Konrad vat as sy nie wil nie. Maar dis ‘n Romanza. Hulle vind mekaar. Stomend. Vermaaklik. Oortuigend.
#Uitdieperdsebek

August 9, 2025
Die ene het gestand gedoen aan Romanza se Stoom reeks reputasie en het net die regte hoeveelheid stoom in die storie gehad.
Andrea en Konrad het my lekker laat giggel soms en hoe hulle verhouding ontwikkel het was vir my besonders. Die kameraadskap tussen Andrea en haar vriendinne was ook besonders.
Wys mens net wat kan gebeur as jy langs ‘n vreemdeling op ‘n vliegtuig beland…
Her baie lekker gelees aan die een.