Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die volmaakte moord

Rate this book
Moord aan boord van die Leonardo. Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar loopbaan gesien. Ná nog ’n ontstellende hofsaak besluit sy om ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, ’n luukse passasierskip wat deur die verre ooste vaar. Daar ontmoet sy ’n groep fassinerende Die bekroonde pianis Tibor Lindeque wat kort-kort bekommerd vir haar kyk en ’n aantreklike kulkunstenaar Helmut Coleman wat gou vir haar onweerstaanbaar raak. Wanneer hulle op Okinawa afklim, vertel Tibor vir haar die inwoners van hierdie eiland word oeroud. “Daar is nie dood op Okinawa nie.” Maar hy is verkeerd. Kort voor lank tref hulle die een na die ander medepassasier se lyk aan. ’n Storm dwing hulle na dieper waters toe, en dan besef Madelein daar is ’n moordenaar op die Leonardo. Wie is dit? Wat wil hulle hê? En, meer belangrik, wie’s volgende?

251 pages, Kindle Edition

Published August 1, 2025

Loading...
Loading...

About the author

Leon van Nierop

32 books24 followers
Leon van Nierop is ’n bekroonde skrywer wat reeds 23 vollengte romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale en akademiese boeke. Hy het verlede jaar die Caxton-toekenning gekry as beste skrywer van die jaar en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG-SANLAM radiodrama skryfkompetisie bekroon. Van sy bekendste TV-reekse sluit in Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer. Hy het die kykNET-sepie Villa Rosa ook geskep en die trefferradioverhaal Stralerjakkers (waarvan daar ook ’n resepteboek uitgegee is). Van sy bekendste romans sluit in Plesierengel, Adrenalien, Sielsmokkelaar en Paradys.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (4%)
4 stars
7 (28%)
3 stars
7 (28%)
2 stars
6 (24%)
1 star
4 (16%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Any_girl☆.
3 reviews
November 9, 2025
Although at some part the story could have been described with a bit more detail, it was a great story line. Somewhere after the first murder I realized that he is the murderer, but hope to be wrong. What I didn't expect was how the story ended. That was a really great twist. I lived the ending.
Profile Image for Albert Beukes.
22 reviews1 follower
August 22, 2025
Een van die swakste boeke wat Ek nog gelees het. Totaal onsamehangend, en die geteem oor hoe sleg Suid Afrika is.......
21 reviews
October 14, 2025
Die storie is van agter na voor geskryf....so het die skrywer verduideli, en is duidelik hier sigbaar...die karakters het nie organies ontwikkel nie.
207 reviews20 followers
August 25, 2025
Leon het darm net daardie manier om jou vir die duur van sy stories op die punt van jou stoel te hou en met Die Volmaakte Moord het hy dit weereens reggekry.

Ek kon nie ophou lees en wonder wat volgende gaan gebeur nie. Spanning, drama, geheime en nog meer. Die storie het al die elemente van ‘n goeie krimi gehad.

Ek dink dit was die volmaakte moord. Wat dink jy?
Displaying 1 - 5 of 5 reviews