Brent is in graad tien. Hy’s gewild. Hy speel rugby. Hy het soort van ’n meisie. En hy is gay. Nog nooit tevore is daar so openlik, eerlik, sensitief en op die man af in ’n Afrikaanse tienerboek geskryf oor ’n seun se stryd om vrede te maak met sy homoseksualiteit nie.
Fanie Viljoen is a well-known Afrikaans author, living in Bloemfontein, South Africa. A full-time writer, illustrator, and artist, Fanie has written numerous short stories, radio plays, and books for children and teenagers. Three of these books have won awards for youth literature - the Sanlam Prize for Youth Literature, the ATKV-woordveertjies ('word feathers') and the M.E.R. prize for youth literature.
Huge thank you to Lapa Uitgewers for providing me with a free copy in exchange for an honest review of this book. The book is in Afrikaans so I will review it in Afrikaans.
Ek gee hierdie boek 'n 3.5/5 ster. En ja, dit klink dalk bietjie laag, maar dit is eintlike glad nie! Daar is rede hoekom ek nie die boek 'n volle 4 ster kan gee nie, maar ons kom later daarby uit.
Ek wil eers begin om te se hoe belangrik dit is dat hierdie boek bestaan, en hoe belangrik dit is dat nog meer geskryf word. Spesifiek vir Suid Afrikaanse kinders en jeug. Al het hierdie boek 'n lang ruk terug uitgekom, is ek teleurgesteld om te vind dat hy amper die enigste een van sy soort is vir jong mense wat in Suid Afrika afspeel met ons kultuur en omgewing. Die rede hoekom die boek 'n ster verloor het, is omdat ek wou he die storie moes meer diepte he. Die boek is baie kort, en dit los min plek om rerig diep in Brent se karakter te delf, en sy volle ontwikkeling to ervaar. Ek het ook gevoel dat die einde nogal kortaf was. Maar ten spyte, het ek die storie baie geniet. Die ervaringe van 'n gay seun in 'n Afrikaanse Hoerskool was redelik akuraat. Ek was in amper presies dieselfde posisie as Brent (net ek was nie gewild nie, en ek speel nie sport nie). Maar ons het onself in soortgelyke omgewings gevind. En so ver as wat my kennis strek is Fanie Viljoen nie gay nie, hy het wel sy narvorsing mooi gedoen, maar ek het gevoel dat party goed bietjie "textbook" was of dat daar goed is wat ek en baie ander ervaar wat die boek nie eens opgebring het nie. Maar dit het nie weg gevat van die storie, ek wens net daar was meer karakter oomblike en ontwikkeling. Ek dink die storie is wel baie belangrik, en daar was talle oomblikke in die boek wat my terug hoerskool toe gevat het. Veral met Kevin se karakter, ek het 'n soortgelyke vriend gehad in hoerskool.
Ek dink die boek is baie belangrik omdat die 'n eerlike boek is. Dit probeer nie queer mense goed of sleg laat lyk nie maar se net, ons bestaan , en maak nie saak wat jy glo of doen nie ons gaan nogsteeds bestaan. Al se die Bybel wat ook al, en al glo jy wat ook al oor queer mense, ons is hier. Veral as jy 'n jong tiener of kind is, het jy al die ondersteuning nodig van jou familie en vriende want dit is nie maklik nie, al is daar baie vordering gemaak vandat die boek uit is tot nou, is dit nogsteeds nie maklik nie. Ek dink die bookskap wat die boek oordra is baie belangrik vir almal om te weet. Ek het baie van die laaste paar paragrawe gehou, maar ek wou meer he daarna. Ek het verder ook die hulpmiddles agter die boek baie waardeur, en ek dink dit sal vir bair jong queer Suid Afrikaanses kinders hulpsaam wees!
Ek is baie bly ek het die voorreg gehad om die boek te lees, baie dankie aan Isak van Lapa uitgewers daarvoor. Ek hoop dat meer boeke sal uitkom wat deur queer Suid Afrikaaners geskryf is in die toekoms, en dat ons aanhou sulke positiewe vordering maak in Suid Afrikaans literatuur en media. Representation is IMPORTANT. Ek sal hierdie boek sterk aanbeveel, dit is 'n belangrike een.
Spoiler Alert. Een van die mees aangrypendste, indringendste en eerlikste ontknopings ooit, wat die leser saam laat seerkry. Uitstekende voorbeeld van "show, don't tell." Op die deurmekaarste en donkerste oomblik sit jy terug, hel, Brent is 'n mens. Soos ek en jy. Maar Brent is deur golf na golf na golf van onregverdigheid, verwerping en stiksienige onverdraagsaamheid platgeslaan en hy weet nie hoekom nie. Lees mooi: hy weet nie hoekom nie. Dan vra jy jouself af: hoe identifiseer jy met Brent? Dis eenvoudig. Wat gebeur is onregverdig. Die aanvalle is aanvalle op sy menslikheid. Op sy wese. Viljoen kry dit merkbaar reg om 'n simpatieke karakter te skets wie enige iemand kan wees. Daar is dan ook hoop. Maar vir my was die belangrikste die waarskuwing: die mens gryp vinnig na godsdiens om vooroordeel te regverdig wanneer dit by ander kom maar trap katvoet om die geskrifte jeens die res. Dis nou die hoof en die vriende. Veral die vriende, die wie kreature word as gevolg van die oormaat vergryping aan die wellus. Einste vriende wie agter die deur staan as dit dan by "sonde" kom maar lekker vinnig die rol as aanklaer, regter en laksman vervul as dit by die hoofkarakter kom. Hierdie boek waarsku ons teen ons eie skynheiligheid wat hoogty vier.
Die einde kom gejaagd en effens onafgerond voor. Maar oor die algemeen 'n goeie boek wat innerlike konflik goed uitbeeld en ook stereotipes breek. Die hulpgids agterin die boek is 'n waardevolle toevoeging.