Jump to ratings and reviews
Rate this book

Riviere in die wildernis

Rate this book
In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy
kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan
gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis
luister.
Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die
jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie
poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare
grepe uit haar lewe. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord,
die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike
gewaarwordinge.
In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie.
In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die
Here nou gee óf neem, steeds ’n halleluja te sing.

309 pages, Kindle Edition

Published June 1, 2025

Loading...
Loading...

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (33%)
4 stars
5 (55%)
3 stars
1 (11%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Anne-Marie.
262 reviews25 followers
June 23, 2025
Ek het geen erg aan “celebrities” nie. Selfs as kind het ek geen “crush” gehad nie. Ek het respek vir alle mense wat in hul beroep die beste doen wat hulle kan en ek hou van mooi musiek luister en interessante films/reekse kyk.

Ek moet, tot my skaamte, erken dat ek ook nog nooit eintlik 'n groot aanhanger was van Karlien van Jaarsveld nie. So kyk mens iemand voor die kop, maar nie in die krop nie. We judge the book by its cover.

Toe Riviere in die Wildernis my pad dus kruis, het ek gedink nee wat, ek gaan nie vir jou lees nie. Maar soos vele vreemde dinge soms gebeur, tel ek toe tog die boek op en begin lees. En hou aan lees.

Kyk, dis nie ‘n maklike lees nie. En as jy nie in God glo nie, moet jy maar verbyhou. Of dalk nie.

Karlien self sê Riviere in die Wildernis gaan oor die openbaring van hoe God se geregtigheid lyk en hoe die mens se geregtigheid lyk. Maar dit is nie net daaroor nie.

Daar is ook grepe uit haar eie lewe waaroor sy bloed eerlik skryf. Oor haar moelike kinderdae en dat dit net genade is dat sy nie in haar wilde jong dae dood is nie.

En ek besef ek het hierdie girl altyd effens vlak gekyk. Hierdie is ‘n boek wat mens weer en weer sal moet nader trek en stukkies op ‘n slag herlees om alles te verstaan. Soms het ek ook nie heeltemal met haar saamgestem nie, maar ek het meer geleer oor die Bybel as deur enige ander boek.

‘n Groot deel van die boek is ook oor haar kinders en haar dogtertjie, Elah, se stryd met die bloedklont in haar are. Dis met tye hartverskeurend en soms het Karlien met God baklei en gesê sy wil nie meer Sy hand vashou nie, dis te moeilik. Maar altyd het sy weer teruggedraai na Hom en gesê dis nog moeiliker sonder Sy hand. Uiteindelik vind daar ‘n werklike wonderwerk plaas. Elah se bloedklont verdwyn, iets wat die dokters gesê het NOOIT kan gebeur nie, en dat haar are self ‘n pad sou moes vind om die bloedklont.

Ek plaas ‘n paar aanhalings wat ek graag wil onthou en jou ook 'n idee sal gee dat sy met soveel eerlikheid skryf, maar ook met deernis en soms met ‘n goeie skoot humor.

“Ek sit gereeld saam met Abram buite sy tent in die hitte van die dag, met my haarverlengings wat na duur produkte ruik en sy hare wat na kampvuur ruik. Ek sal saam met hom sit en wag op God, maar ek moet ten minste goed lyk.”

“My man is nog nie by die huis nie. Hy werk soos wat dit die man se ingebore prioriteit is om te werk en voorsien, sodat ek goed kan koop wat ons nie nodig het nie en min tyd saam kan hê wat ons nodig het.”

“Ek voel in daardie oomblik hoe God hierdie dogtertjie vir my gee, sodat ek myself kan leer liefhê. Sodat ek my kan sien voor ek aan my begin verander het sodat ek orals op ‘n manier kan inpas. Asof ek wou hê dat elkeen in die verbygaan ‘n regmerkie op my moes maak.
Op die ou end staan ek in ‘n oomblik in tyd voor ‘n klein dogtertjie wat ek in my hart hoop dit nooit aan haarself sal doen nie.”

“Hoe meer ons het, hoe meer wil ons hê, en hoe minder sien ons mekaar raak. Hoe minder ons het, hoe minder het ons nodig, en hoe meer sien ons mekaar raak.”

“Die hartseer waarheid is dat ‘n kind wat verwerp word, glo die fout lê by hom. Hy hou nie op om vir die nalatige ouer lief te wees nie; hy hou op om vir homself lief te wees.”

Wat jy ook al dink en met watter vooraf opgestelde idees jy die boek vat om te lees, jy gaan NIE onaangeraak anderkant uitkom nie.
Displaying 1 of 1 review