Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het.
Irma Venter is a thriller writer. She writes books about strong women, interesting men and that fascinating space between right and wrong. Her first book, Skoenlapper, was published in 2012, in Afrikaans. Six of her books have been translated.
Irma Venter is 'n misdaadskrywer. Haar eerste boek word in 2012 gepubliseer. Skoenlapper word gevolg deur Skrapnel, Sondebok, Skarlaken, Sirkus, Sondag en Sewe-en-veertig. Minder as Niks verskyn in 2021, en is die begin van 'n nuwe krimireeks met Ami Prinsloo as die hoofkarakter. Die Verkeerde Vrou is die tweede boek in die reeks, gevolg deur Al Wat Tel. Die vierde boek in die Ami-reeks het pas verskyn – Die Drie Weduwees.
Dis die tweede keer dat ek Sondebok lees. Die eerste keer was maande gelede toe dit nog 'n manuskrip was en ek moes foutvind. Nou, met die tweede lees kan ek niks foutvind nie. Dit is 'n naelbyter. Dit is realisties. Dit is interessant. Dit is vinnig en onvoorspelbaar. En Alex, dink ek, is pragtig.
Irma Venter kan 'n legkaart voor jou oë bou sonder om ooit meer as twee of drie van die legkaartstukke op 'n slag in fokus te sit. Jy weet die hele tyd van iets wat aangaan, en jy kan nie help om selfgesprekke vol spekulasie te hê nie. Maar jy weet nooit regtig wat gaan aan tot sy skielik uit-zoom en jy amper kan hoor hoe sê sy, "Daarsy!".
Ek gaan my bes doen om hierdie storie te vergeet sodat ek hom weer kan lees met dieselfde genot as die eerste (en tweede) keer.
Ek het amper 4.5 gegee, maar dit sou net oor hinderlike redigeringsglipse gewees het. Die storie self en die skryfstyl is egter 5 sterre werd. 'n Heerlike boek.
Onmoontlik om neer te sit! Die spanningslyn en raaisels is selfs nog meer meesterlik aanmekaargeweef. Die karakters bly groei, bly mens fasineer en laat wonder. Ek kan nie wag vir wat nog uit hierdie pen gaan kom nie!
Hierdie skrywer raak net beter met elke boek wat sy skryf. Gelukkig lê Skarlaken vir my en loer en dan is daar Sirkus wat later vanjaar gepubliseer gaan word. LEKKERRR
Sondebok is ongetwyfeld Venter se beste werk nog. Ou gunstelinge is terug: Ranna en Alex is in 'n ernstige verhouding, so ernstig dat Ranna wonder waarom hy haar nie vra om te trou nie. Sarah is steeds anti-sosiaal en hou haarself besig agter haar rekenaars. Alex spook met sy eie wroegings oor sy verhouding met Ranna. En dan is daar Adriana en kaptein AJ Williams! Venter speel, soos in vorige boeke, met haar leser deur die manier waarop en die tempo waarteen sy karakters voorstel. Net wanneer dit lyk asof jy ’n karakter verstaan, word jy verras, wankel jou oortuigings en persepsies. Adriana is só ’n karakter. Jy lees agter die onthulling of ’n verklaring aan: Wat het nou eintlik met haar gebeur? Waar kom sy aan al haar vaardighede, “street smarts” en kontakte? Sodra jy dink jy het ’n greep op haar, glip sy deur jou vingers. In Sondebok weef Venter ook 'n hele paar ingewikkelde verhaallyne uiters suksesvol saam, wissel met gemak tussen die eerste en derdepersoonverteller. Irma Venter is nou vasgemessel as een van my gunsteling misdaadskrywers.
I cannot think of a better way to start my 2024 Goodreads list than with an Irma Venter book! Sondebok brings Ranna, Alex, Adrianna and Sarah back together, with the addition of retired cop Jaap Reyneke, whom we were introduced to in the previous book Skrapnel. The mission - help a young woman in Adrianna's care. But - as we've come to know and love - nothing is as it seems. The more they uncover, the stronger the link to a case of a talented, and exceptionally bright, matric student who went missing eight years ago. Adding to the tension is police Captain AJ Williams. She's tasked with investigating the possibility of Ranna being in South Africa in September of that year (Ranna's credit card puts her firmly in India during that time frame). AJ comes extremely close to uncovering a lot of truths about Ranna but just as she's within spitting distance, Ranna and Alex disappear again. But not before solving the mystery of the missing student. According to South African crime writer, Deon Meyer, Irma Venter is world class. I couldn't agree more!