In die laat tagtigerjare het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir vandag. Dit begin wanneer een van die land se gewildste skrywers, Jacques Rynhard, op die kruin van sy loopbaan verdwyn. Dan kry ’n voormalige misdaadverslaggewer, Carina Human, opdrag om nie alleen uit te vind waar hy is nie, maar ook hoekom hy verdwyn het. Sy krap ’n perdebynes oop van verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings. Maar wanneer sy by die eintlike rede uitkom vir Jacques se verdwyning, besef sy dat sy met een van die grootste stories van haar loopbaan te doen het. En dat nie almal met wie sy tot dusver oor Jacques gepraat het lewend uit hierdie ondersoek sal kom nie. Maar nog Carina besef dat daar sterk ooreenkomste tussen haar en Jacques Rynhard is wat haar lewe in gevaar kan stel.
Leon van Nierop is ’n bekroonde skrywer wat reeds 23 vollengte romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale en akademiese boeke. Hy het verlede jaar die Caxton-toekenning gekry as beste skrywer van die jaar en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG-SANLAM radiodrama skryfkompetisie bekroon. Van sy bekendste TV-reekse sluit in Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer. Hy het die kykNET-sepie Villa Rosa ook geskep en die trefferradioverhaal Stralerjakkers (waarvan daar ook ’n resepteboek uitgegee is). Van sy bekendste romans sluit in Plesierengel, Adrenalien, Sielsmokkelaar en Paradys.
Wat 'n besonderse boek. pragtig Afrikaanse skryfstyl en al die mooi suiwer woorde wat mens soms vergeet. Ek is sommer weer 'n trotse Afrikaan. Vol intriges en geheime tot op die einde!
Vir aanhangers van Leon van Nierop, of misterie/spanningsverhale, of soekers na 'n volgende boeiende verhaal - dié boek is beslis vir jul. Deur die min of meer 600 bladsye deur is daar nie een vervelige oomblik nie, maar hope energie, angs, avontuur en verwondering. Leon van Nierop het hom oortref met sy nuutste boek.
Wow. Dit was intens. Dit voel vir my hierdie boek is baie biografies vir Leon van Nierop, net soos wat Die enkeling vir Jacques Rynhard was. Ballade vir 'n enkeling is die boek wat Leon van Nierop al lank aan werk. Die storie wat hy nog altyd wou geskryf het maar nog nooit kans voor gekry het nie. Ek is mal oor die karakters, en hulle filosofieë oor die lewe. Die moed wat die skrywer bymekaar moes skraap om te skryf oor geheime vrese. Uiteindelik, die bevryding wat hy, soos Jacques, moes beleef het deur met konfrontasie sy donker vrese te oorkom.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Ek verloor myself in die storie, my wese vind 'n ander vorm. Die woorde spreek tot diep in my siel, en ek weet dat daardie woorde my vir ewig sal by bly. Ons is elkeen 'n enkeling in die samelewing, ons paaie kruis en die lewe neem oor, maar ons elkeen bly steeds 'n enkeling. Dis vraag is, is jy OK daarmee om een te wees?
Ek het Ballade vir 'n Enkeling gelees om te verstaan waarom die reeks so suksesvol was. Die storie is interessant genoeg, maar die karakters is bietjie eendimensioneel en die verhaal is plek-plek langdradig.