Jump to ratings and reviews
Rate this book

Kopskoot

Rate this book
Reeksmoordenaar, of wraak?

Toe iemand Kaapstad se ses en vyftigjarige mans begin afmaai, is dít kaptein Kassie Kasselman se dilemma. Dit wil darem baie na ’n reeksmoordenaar lyk – almal dieselfde modus operandi, almal dieselfde ouderdom − maar Kassie is net nie oortuig nie . . .
Boonop word hy aangesê om ’n skouspelagtige skilderyvervalsing te ondersoek, asof hy nie genoeg regte werk het nie.

En dan’s daar die glibberige aktuaris met die voorliefde vir prostitute – en hy’s óók ses en vyftig − wat die leisels van ’n groot maatskappy gaan neem, as sy afperser nie die oorhand kry nie. Sal Kassie sy aaklige nuwe gesondheidsdieet oorleef om te kan ondersoek hoe dit alles inmekaar steek?

317 pages, Paperback

First published January 1, 2014

40 people are currently reading
86 people want to read

About the author

Rudie van Rensburg

29 books65 followers
Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA (HOD) en BA (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede-stigter en uitgewer van Bloemnuus (die eerste gratis weekkoerant in die Vrystaat) sou word en later die redakteur van Die Ekonoom (’n landwye saketydskrif). Hy was ook verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo voordat hy in 1987 Kaap toe verhuis en hom by Sanlam aansluit. In sy twee dekades by Sanlam is hy onder meer senior bestuurder: reklame, uitgewer van die kliëntetydskrif Sanlamklub en hoof: borgskappe en promosies.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg), en word opgevoer by al die groot Afrikaanse kunstefeeste. Die Begrafnis verskyn ook in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters.

Sy debuutroman, Slagyster, was een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

Hy skilder ook die afgelope 26 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid-Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy is getroud met Lize en het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
75 (32%)
4 stars
117 (50%)
3 stars
39 (16%)
2 stars
2 (<1%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 14 of 14 reviews
Profile Image for Sonja Arlow.
1,235 reviews7 followers
December 28, 2018
3.5 stars

As jy ‘n paar jaar terug vir my gese het dat ek Afrikaanse misdaad verhale SO baie gaan geniet, dan sou ek reguit vir jou gese het jy praat k*k. Maar tussen hierdie en Deon Meyer se Bennie Griesel reeks moet ek maar nou erken dat ek ‘n groot aanhanger is van hierdie genre.

Daar is iets so weerloos aan Kassie Kasselman met sy alewige rooi windjerker en obsessie met sy seelversameling maar ek dink hy sou ‘n oorval kry as hy dit hoor. Hierdie is die 2de boek in die reeks en stadig maar seker begin ek Kassie beter leer ken.

Daar is ‘n moordenaar los wat net 56 jarige mans teiken en alles dui daarop dat ‘n nuwe reeksmoordenaar in die Kaap los is. Of beteken hierdie moorde iets anders? Dan is daar ook ‘n kunsvervalsing wat vir my baie interessant was.

Altwee sake land op Kassie se deurmekaar tafel en tussen sy baas wat in sy nek afblaas en sy dokter se waarskuwing dat Kassie gesonder moet eet, gaan dinge maar moeilik.

Daar is wel ‘n heel paar gelukkige toevalle wat net nie heeltemal geloofwaardig was nie maar dis ‘n baie klein klagte in ‘n storie wat in sy geheel baie lekker gelees het.

Hierdie is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n lekker lees vakansie boek en dit voel asof die skrywer met elke boek so bietjie beter raak - ek gaan virseker die res van hierdie reeks lees.
Profile Image for Tania.
1,452 reviews359 followers
December 7, 2018
3.5 sterre. Ek is mal oor Deon Meyer se boeke, en is so bly ek het nog 'n skrywer ontdek wat soortgelyke stories skryf. Kopskoot is my tweede boek deur Rudie van Rensburg en ek het hulle altwee in 'n dag gelees. Kassie is 'n vermaaklike anti-held met sy seel versameling en rooi windjekker.

Ek kan eerlikwaar se ek het geen idee gehad wie die skuldige is nie, en gewoonlik is ek in met 'n goeie raaiskoot. Die skryfstyl was ook vir my meer natuurlik as in Slagyster.

Ek gaan definitief sommer vinnig by die res van die reeks uitkom. As jy lief is vir Afrikaanse misdaadverhale beveel ek aan dat jy die boeke vinnig nadertrek.
Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
February 24, 2015
Columbo is nie 'n patch vir ons eie Kassie Kasselman nie. Arme Kassie sukkel nou met sy gesondheid. Die dokter sê hy moet gesond eet en oefen. En rooibostee in plaas van koffie drink. (Ek gaan koop sommer nou vir my 'n cream soda!) Boonop is hy uiteindelik gevra om gasuitstaller op die jaarlikse SA seëlfees te wees, maar nou befoeter 'n moordenaar dit alles. Iemand skiet wit mans in die kop, mans wat op die oog af niks met mekaar in gemeen het nie behalwe dat hulle dieselfde ouderdom is. Het ons hier met 'n reeksmoordenaar te doen? Kassie twyfel. Maar hierdie keer lewer die "Kassie-manier" nie vinnig resultate nie. En boonop is daar nog die vervalsing-saak wat hy ook moet oplos. Kassie se getroue "side kick", Rooi Els, is weer aan sy sy. Hierdie twee is beslis my gunsteling speurspan in Afriaans. Naelbyt lekker met 'n digverweefde plot wat teen 'n vinnige tempo ontvou. Ek kan nie wag vir die volgende Kassie-storie nie.
Profile Image for Christina Rothfusz.
964 reviews25 followers
October 1, 2020
Kassie is bekommered dat sy nuwe moord saak dui op 'n reeksmoordenaar los in die Kaap. Maar tog, as hy na al die bewyse kyk is hy nie oortuig, daar moet iets uit die slagoffers se verelede wees en Kassie soek na die skakel.

Maar nou is daar 'n nuwe speurder, vol van homself en oortuig hy kan die reeksmoordenaar vang. Die vent maak Kassie se wiele pap en dit lyk asof sy bevel voerders aan die man se lippe hang! En nou nog 'n skildery vervalsing wat hy moet opvolg.

In die boek leer ons ook meer van Kassie en ek het opreg simpatie gehad met sy gesondheids diet en die sukkel om 'n paar kilometer te hardloop.

Die laaste paar hoofstukke se toevalle om die saak op te los was bietjie dik vir 'n daler maar dit het nie afbreek gemaak aan hoe baie ek die boek geniet het nie.

Profile Image for Heidi de Goede.
609 reviews8 followers
December 7, 2025
Ons Suid Afrikaanse skrywers hoef vir niemand terug te staan nie. Ek lees nou Jack Reacher nommer 30 en Kopskoot is 10 keer beter.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
August 20, 2017
Ek het hierdie een meer geniet as die skrywer se eerste boek, Slagyster. Die storie beweeg redelik vinnig en met net oor die 300 bladsye word dit nooit 'n uitgerekte worsteling nie.

Daar is tog 'n paar dinge wat pla. Die plot is nie baie oorspronklik nie: 'n persoon wat deelnemers aan 'n onreg uit die verlede doodmaak is al redelik algemeen gebruik (dink aan Feniks van Deon Meyer, The White Road van John Connolly, ens.). Die ontknoping laat hopeloos te veel aan die toeval oor, tot die punt waar dit half onwaarskynlik voorkom. Die Wim Jonker karakter word ook bietjie "over-the-top" aangebied, en tree vir my meer soos 'n kinderagtige dwaas as 'n ervare speurder op. Die skrywer maak ook veral aan die begin van die boek te veel van 'n punt daarvan om die leser pertinent te vertel dat Kassie op 'n onortodokse manier handel. Die "show us, don't tell us" beginsel geld hier.

Laastens, en ek besef hierdie is 'n klein persoonlike jeuk wat ek moet krap, maar vir my bederf dit die realisme van 'n toneel: die impak van koeëls ruk nie mense agteroor soos wat 'n paar keer in die boek beskryf word nie. Dit gebeur net in Hollywood flieks, suiwer vir visuele effek.

Maar hierdie is als kleinighede op die ou end in wat meerendeels 'n lekker speurverhaal is wat maklik lees. Die kunsvervalsing was ook vir my baie interessant en is iets waaroor ek verder gaan oplees. Ek sal definitief nog van die skrywer se boeke lees.
Profile Image for Susanna.
252 reviews7 followers
March 26, 2021
Kopskoot
Rudie van Rensburg (@rudievanrensburg1 )
.
Kassie Kasselman is ‘n tipiese speurder, alleenlopend, oor 40 jaar oud, ‘n entosiastiese roker met mediese probleme (asook groot probleme by die werk agv. Kroeks wat hom besig hou met druk van alle kante af om die probleme op te los). Sit hom in Kaapstad, en jy het ‘n resep vir ‘n wenner!
.
Wanneer ‘n spul 56 jarige mans een vir een vermoor word, maak niemand eers die konneksie tussen mekaar nie. Is dit ‘n geval van wraak of is daar ‘n sluipmoordenaar los in die Moederstad? Kassie Kasselman moet die moord(e) gou oplos, want die lyke hou aan met vermeeerder en daar is siende geen konneksie tussen die vermoordes nie, behalwe hul ouderdom.
.
Ek het die boek so baie geniet! Het Kopskoot sommer binne ‘n naweek klaar gelees (dis skaars deesdae met 2 kinders onder 3 jaar oud!). Die boek hou egter jou aandag en jy raak nooit verveeld nie. Die boek is baie moeilik om neer te sit en lees lekker maklik. Dis so lekker om ‘n boek te lees wat afspeel in ‘n area wat jy goed ken, wat die gebeure en karakters nog meer werklik te maak.
.
Ek sal beslis vir Rudie van Rensburg se Kopskoot aanbeveel! Ek kan nie wag om sy volgende boek ook te verslind nie.
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
July 9, 2017
Het dit baie geniet.
Kassie is 'n yster!
Displaying 1 - 14 of 14 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.