Jump to ratings and reviews
Rate this book

Twyfelbos

Rate this book
 Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die Overberge in die vroeë agtienhonderds.
Sophia Truter is getroud met sir John Truter. Sy het ’n afkeer van die Kaap se vertoonsug, en ná die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Dié keer begin sy klein, op ’n lap grond anderkant die Kleinrivier – sonder slawe en voormans.
Algaande vind Sophia haar voete. Maar dan word iemand op die bokpad anderkant die Akkedisberg vermoor. 
 

285 pages, Paperback

Published May 16, 2025

2 people are currently reading
11 people want to read

About the author

François Loots

9 books1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (33%)
4 stars
4 (26%)
3 stars
4 (26%)
2 stars
2 (13%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
June 9, 2025
Ek is vinnig ingetrek in die hierdie boek en my aandag as ongeduldige leser is deur die liriese beskrywings vasgehou. Dit speel in die vroeë agtienhonderds hoofsaaklik in die Suid-Kaap (Overberg) af. Sophia is 'n vrou wat nie inpas in die boksies van destyds nie. Maar die tydsgees laat haar dink haar groot verlies is haar straf as gevolg van haar sonde. Mandel is 'n vryloper, 'n produk van die talle sendingaksies van daardie tyd. Die jong veldkornet stry sy eie persoonlike stryd, terwyl 'n broer die vermoedelike lot van sy suster wil wreek. En dan is daar die vername Kaapse regter wat andere se lewens kan manipuleer om homself te pas, sy eie vrou s'n ingesluit.
Ek is nie juis lief vir speurverhale nie, maar die kwessie van wie hier aan moord skuldig is, het my geboei gehou.
Die boek is pragtig geskryf, met unieke segswyses en 'n skryfstyl wat pas by die atmosfeer van daardie tyd.
Profile Image for Loraine.
480 reviews
August 9, 2025
Die boek sou meer meriete gehad het as dit nie so haak en tak was nie, nou hier dan daar… Die historiese gegewe is interessant. Ek wonder egter oor die etiek om ‘n historiese figuur so onkonvensioneel uit te beeld.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.