Kameraman Henno Barnard woon en werk heel rustig op sy rivierboot aan die Botswana-kant van die Choberivier. Deur sy kamerawerk kom hy op wildstropery af en die wildstropers jag hom skielik met mening.
Leon van Nierop is ’n bekroonde skrywer wat reeds 23 vollengte romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale en akademiese boeke. Hy het verlede jaar die Caxton-toekenning gekry as beste skrywer van die jaar en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG-SANLAM radiodrama skryfkompetisie bekroon. Van sy bekendste TV-reekse sluit in Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer. Hy het die kykNET-sepie Villa Rosa ook geskep en die trefferradioverhaal Stralerjakkers (waarvan daar ook ’n resepteboek uitgegee is). Van sy bekendste romans sluit in Plesierengel, Adrenalien, Sielsmokkelaar en Paradys.
Kameraman Henno Barnard woon en werk heel rustig op sy rivierboot aan die Botswana-kant van die Choberivier. Hy fotografeer die dierelewe vir ‘n natuurprogram van die SAUK. Toe hy hoor die program word gestaak, bied die beeldskone en gevaarlike Kim Joubert, ‘n vervaardiger van Johannesburg, aan om hom te kom touwys maak vir ‘n nuwe afsetgebied vir sy insetsels. Sy werk is glo goed, sê sy, maar nog nie op standard nie. Dit kort drama.
Daarvan kry Henno skielik sy volle kwoata. Verskeie moored word in die omgewind gepleed en Henno besef dat almal nie is wie hulle voorgee om te wees nie. Boonop is iemand agter die stories aan wat hy nou vir televisie skiet en hulle sal nie huiwer om hom uit die weg te ruim om die beeldmateriaal te kry nie want deur sy kamerawerk kom hy op wildstropery af en die wildstropers jag hom skielik met mening. En dan kry hy ook geheimsinnige besoeke van die magiese en skaars spookvoël.
Gelukkig is Selma Prinsloo by die Msasa Lodge langs die Chobe Rivier as hy alleen raak op sy rivierboot. Kim kom dan ook daar aan en sy lyk asof sy so dodelik met die tong is soos wat sy mooi is. ‘n Paar noue ontkomings begin Henno kriewelrig maak want dit lyk as of iemand daarop uit is om hom dood te maak. Die wildstropers sal mens en dier dood maak wat in hul pad staan.
Hulle ontvoer dan ook vir Kim en Selma om die beeldmateriaal in die hande te kry wat Henno geskiet het. Die wildstropers word gevang en na hulle nou ontkoming aan die dood, word Kim en Selma in die hospitaal behandel en besef Henno dat daar nooit in sy lewe plek sal wees vir Kim nie. Sy is ongenaakbaar - selfs haar man het self moord gepleeg omdat sy so hard op hom was. Hy besef dat sy ware liefde by Selma lê maar eers het hy tyd op sy eie nodig en vaar weer die Chobe-rievier af, Angola se kant toe.