Leonard Steinman se lewe word gekompliseer deur sy kleinboet Micha weens dié se vreemde gedrag. Ten spyte van vermoedens word die diagnose deur loop van die verhaal eers duidelik: Micha het Asperger-sindroom, 'n vorm van outisme. Leonard kry dit soms reg om goed met Micha te werk, maar dikwels frustreer Micha se vreemde optrede hom vreeslik. Leonard help sy ma baie, veral omdat sy pa - die gesin se broodwinner, 'n argitek - ná 'n ongeluk aan 'n rolstoel gekluister is.
By die skool is Leonard deel van die "geek club" oftewel die brugbouspan. Een van die spanlede, Hannelore, raak vir Leonard al hoe interessanter. Hulle voorbereiding vir 'n brugboukompetisie sorg vir genoeg spanning, veral wanneer Leonard besluit hy het spesiale inspirasie nodig om die sterkste brug moontlik te kan ontwerp.
Neser se verhaal is besonder interessant en stel die leser bekend aan die wêreld van 'n familie wat 'n Asperger-persoon bevat. Die spanning word goed opgebou en die taalgebruik is gemaklik genoeg sonder om te veel deur Engelse woorde oorheers te word. Ek sal beslis soek na meer boeke deur Neser.
Christien Neser opens the world of Asperger's syndrome to the reader through Leonard, a grade 10 boy with a 5 year old brother who is diagnosed during the course of the story. Leonard's life is complex enough: his father, the breadwinner, is in a wheelchair; he is a member of the bridge building team and hopes to win a bursary for tertiary study; he is slowly but surely falling in love with Hannelore, a fellow bridge builder. The story is endearing and contains enough suspense to make it a page-turner. I will definitely look for more books by Neser.