Jump to ratings and reviews
Rate this book

Patmos

Rate this book
Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by ’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige seun praat nie.
Die astronoom wil van haar verlede ontsnap. Die komponis het ’n toekoms wat hy nie wil trotseer nie. In die onmoontlike “nou” ontstaan ’n aarselende verhouding tussen dié twee beskadigdes; wentel hulle om mekaar met kragte wat tot vernietiging óf vernuwing kan lei.

157 pages, Kindle Edition

Published June 20, 2025

Loading...
Loading...

About the author

Willem Anker

9 books16 followers
Willem Anker is op 3 Februarie 1979 op Citrusdal gebore. Hy matrikuleer in 1996 aan Hugenote Hoërskool op Wellington. Tans doseer hy kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het in 2007 sy D.Litt aan dieselfde universiteit behaal.

In 2004 skryf hy die teks vir die ruimtelike teaterstuk Skroothonde wat by Aardklop die Aartvarkprys vir innoverende werk wen. Sedertdien het hy bekendheid verwerf as dramaturg. Siegfried, wat in 2007 by Kwela gepubliseer is, was sy eerste roman en is met die UJ-debuutprys en die Jan Rabie/Rapportprys bekroon. Sy roman Buys (Kwela, 2014) is met die WA Hofmeyr, Universiteit van Johannesburg, kykNET-Rapport, Helgaard Steyn en Hertzogprys bekroon.

Het jy geweet?

· Siegfried se eerste weergawe is in 2002 geskryf as deel van ’n MA-studie aan die Universiteit Stellenbosch.
· Sy doktorsgraad, wat voltooi is met prof Louise Viljoen as promotor, kyk na hoe die skrywers Breyten Breytenbach en Alexander Strachan die nomadiese figuur of swerfkarakter in hul tekste gebruik.
· Smag, sy Afrikaanse vertaling van Sarah Kane se toneelstuk Crave, is in 2008 landwyd by kunstefeeste opgevoer. Dit was sy eerste betrokkenheid by die vertaal van 'n toneelstuk.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (38%)
4 stars
3 (23%)
3 stars
4 (30%)
2 stars
1 (7%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Helené Coetzee.
78 reviews6 followers
August 13, 2026
Verbysterend mooi. Ek wou elke bladsy onderstreep. En nou sit ek met die dringende behoefte om die komponis se musiek te hoor, en om die astronoom se sterre te sien.
Profile Image for Hanno Botha.
5 reviews2 followers
November 7, 2026
'n Intense verkenning van onder andere kunsmatige intelligensie en menswees se einde. Briljant relevant vir ons tyd. Ek moet wel erken dat te veel my ontduik het om werklik van Patmos behoorlik sin te maak.
Profile Image for Henning Janse van Vuuren.
23 reviews2 followers
Read
August 7, 2025
i. kunstig

Gits, wat ‘n kanondrom (conundrum in Engels). Pampoene met appels? Skitter die boekie se ster helder, Patrysie? Doer glinster ‘n ster, maar dis net ‘n illusie, dis Sirius C! Of Patmos.

ii. kontant

Alles kom teen ‘n prys, nie waar nie. ‘n Knippie poësie, ‘n tikkie prosa, bietjie mumbo-jumbo, ‘n knypie changa en baie wit ruimte, soos dit met sommige firmamente / uitspansels gaan. Op en af af of weer heen-en-weer, ossileer die plot.

Gits Frits.

daar was ‘n astronoom, stilte, ‘n komponis en ‘n kind en ‘n kind ‘n geneurie en gesanik uit ‘n eksoskelet en almal het uitdagings en eksistensiële angst
en
koop jy in op ‘n onsigbare band en ‘n tweedehandse rok
dinge loop so maklik skeef, ‘n bietjie soos ‘Cloud Atlas’, behalwe jy plant nie voort op Patmos nie
waag ‘n kans, dis nou of nooit
niemand hoef jou eendag te versorg nie, maar dit vat ‘n tydjie om te sê

Al die verwarring …

M’m.

iii. praat waar

Op p. 29: “Daar is reeds te veel eindes opgeskryf. ‘n Bietjie toekoms sal goed wees.”

“Wil jy ‘n groentetuin aanlê vir volgende jaar? Organiese wortels? Wat van ‘n bietjie verlede?”

“Wat van nou?”

“Dit is te laat vir nou,” sê sy. “Vir nou eet ons winkelwortels.”

iv. nou wat nou

some infinities are larger than others and some books are overpriced maar indien u verveeld is met gewoon wees en gewoon lees en tydsaam aan letters kan herkou is hierdie kuns miskien vir u die moeite werd

v. bepunt

amper cum laude uit vyf sterre is nog altyd misleidend die
oewerkonyn
hou hom
skaars
Displaying 1 - 3 of 3 reviews