In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel te eer.
Julian Jansen was born in Lusikisiki in the Eastern Cape and grew up in Strand in the Western Cape.
During an 18-year career as a teacher he taught Geography and History at two schools in the Helderberg. There he brought about positive change in the attitudes of ‘naughty’ learners by challenging them physically and mentally during mountain hikes.
Julian Jansen, has been a senior journalist at Rapport in Cape Town for the past ten years. He has 18 years teaching experience and is also a former spokesperson for the MEC for Community Safety in 2009. He is the author of the crime book, The De Zalze Murders : the story behind the brutal axe attacks.
Die ontdekking van die 16-jarige Deveney Nel se liggaam in ʼn skoolpakkamer op 7 Augustus 2024 het skokgolwe deur die land gestuur. Tereg ook so, ‘n kind het haar lewe verloor in ‘n ruimte wat sinoniem met veiligheid behoort te wees. Dit was egter net die begin, toe dit bekend word dat die verdagte reeds voorheen met die gereg gebots en deur die krake in die regsisteem geglip het, het die afgryse eksponensieel toegeneem, en het ontnugtering deel van die reaksie geword.
Julian Jansen is ‘n gerespekteerde ondersoekende joernalis en skrywer en het reeds bewys dat hy oor die vermoë beskik om die hart van ‘n gemeenskap oop te skryf sonder om homself op sensasie te beroep. Hierdie boek is geen uitsondering nie, en geen steen is onaangeroer geraak om ‘n multi-perspektiewelike eindproduk te verseker nie. Sommige rolspelers het weliswaar nie tot onderhoude ingestem nie, maar deeglike pogings is aangewend om wel die geleenthede daarvoor te skep.
Ooreenkomstig die Suid-Afrikaanse reg word die beweerde moordenaar weens sy minderjarigheid nie geïdentifiseer nie en daar word in die teks na hom verwys as Frank. Getrou aan die titel is die fokus natuurlik op Deveney se moord, maar die ondersoek na die posisie van minderjarige beskuldigdes staan eweneens sentraal. Die vurige debat woed immers rondom die feit dat hy as 13-jarige aangekeer was vir die verkragting en ernstige aanranding op ‘n 11-jarige in Albertinia, maar as gevolg van ‘n gebrekkige stelsel skotvry daarvan afgekom het.
Een van die gewraakte oordele wat aanleiding tot beskermingsbevele en kriminele klagtes gegee het, was die volgende: “...die landdros het ‘n proses geblokkeer wat Deveney kon beskerm het.” (93) Jansen ondersoek hierdie stelling deurdringend en verwys in hierdie verband na die standpunt van die Oostenrykse psigoanalis, Fritz Redl, dat destruktiewe gedrag ‘n onwikkelingselement het. Hy motiveer die stelling deur die beligting van die gebreke in die hantering van die Albertinia-saak, asook na waarskuwingstekens in sy gedrag, soos Frank se bekgeveg met die skoolhoof in 2024 waartydens hy hom toegesnou het dat hy ‘n “fokken poes” is (21), en die bewerings oor die uitruil van naakfoto’s en afpersing tot seksuele gunsies wat daarop gevolg het.
Die regsposisie van minderjariges, veral die doli incapax bevindings en vermoedens, word ook deeglik en toeganklik bespreek, en ‘n aanhaling uit ‘n profielverslag deur die forensiese kriminoloog, Stacey Venter, bevestig die skrikwekkende gevolge van sistemiese mislukkings: “Die versuim om regstellende of rehabiliterende maatreëls te implementeer... verwaarloos die oortreder se sielkundige behoeftes en loop die risiko om hulle te kondisioneer om te glo dat hul gedrag vrygestel is van gevolge.“ (155)
Selfs meer kommerwekkend is die algehele gebrek aan individuele aanspreeklikheid. Dis inderdaad te laat vir Deveney, maar die geskiedenis sal homself ongetwyfeld herhaal indien oproepe tot hervorming en verbetering soos in hierdie boek uiteengesit steeds geïgnoreer word.
Note to self, don't buy another Jansen book. It's his second murder book I bought and the amount of repetition in them just put me off. I have immense respect for him as a journo, but sadly not as a book author.