Jump to ratings and reviews
Rate this book

Drie moorde in die Baai

Rate this book
Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n misdaadtoneel.

Bianca probeer haarself as verdagte uitskakel en die regte boosdoener aan die kaak stel, maar dit veroorsaak ’n hele reeks onvoorsiene gebeure . . .  

Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.   
 

323 pages, Kindle Edition

Published July 4, 2025

Loading...
Loading...

About the author

Madelein Rust

20 books43 followers
Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek na die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ’n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

Sy waag haar hand aan romantiese kortverhale, en haar twee pogings in dié genre, Tango in die Kuberruim en Skarlakenvrou, verskyn in Huisgenoot. Een van haar kortverhale, Joy, verskyn in Bateleur Boeke se In ’n Neutedop, gevolg deur Die dag toe oom Willem geval het in Maskew Miller Longman se Literary Awards Edition publikasie, Sussie Veer is dood en ander verhale.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
36 (33%)
4 stars
35 (33%)
3 stars
30 (28%)
2 stars
2 (1%)
1 star
3 (2%)
Displaying 1 - 11 of 11 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,606 reviews92 followers
Read
February 24, 2026
#DrieMoordeInDieBaai – Madelein Rust
#HumanEnRousseau

In landelike gemeenskappe is die gevolge van moord veel wyer as net die rouproses oor die heengaan van die oorledene. Die vrede word daardeur vernietig, agterdog sluip in, en die bestaande orde word versteur. So ‘n gemeenskap skep ook die ideale ruimte waarin ‘n knus misdaadverhaal homself kan afspeel. Voeg daarby ‘n eksentrieke amateur-speurder as protagonis, vals leidrade, humor, verskeie karakters wat ewe maklik ‘n romantiese held as ‘n moordenaar kan wees, en die verhoog is gereed vir die ontdekking van die eerste lyk.

Die tydsberekening van Bianca Fabricius se egskeiding van die mislike Rupert bevestig die bygeloof dat dinge in veelvoude van drie gebeur. Sy erf ook die Strandlopergastehuis in St Helenabaai en ‘n hygroman uit haar pen tref internasionale topverkoperlyste. Al drie gebeurtenisse blyk haar begeerte na vrede te kortwiek; Rupert pronk met beeldskone vroue op sosiale media, haar nuwe roman haak hardnekkig op drie woorde vas, naamlik “Hoofstuk een. Die...”, en die lyk van ‘n beeldskone jong meisie word op haar gastehuis se drumpel aangetref.

Bianca is ‘n karakter waarby die leser maklik aanklank kan vind. Haar voet beland dikwels spreekwoordelik in haar mond, maar op ‘n letterlike vlak struikel sy ewe dikwels en is berug vir haar dramatiese valle, soos die een op bladsy 83: “Hulle stil uittog verloop seepglad tot Bianca op ‘n ongelyke plek op die keistene trap. Sy uiter ‘n benoude gil en steier na links om ‘n botsing met ‘n kelner met ‘n stampvol skinkbord te vermy. Sy swenk na regs om ‘n kelner met hande vol gebruikte breekgoed mis te val, en tref die vloer met ‘n sidderende slag toe haar ander spaghetti-enkel ook meegee. “

Die feit dat sy as moordverdagte beskou word, lei tot amusante interne monoloë (“ ‘n Mens kan net sowel mooi lyk wanneer jy vir moord gearresteer word.” – 87), sosiale blapse, en ontmoetings met hubare manne, van ‘n onbeskofte polisiekaptein wat soos Barbie se Ken lyk, tot ‘n minnesanger, ‘n vermoedelike dwelmsmokkelaar, en ‘n aantreklike nutsman, tot ‘n geheimsinnige agtervolger.

Die titel dra by tot die spanningslyn; die eerste lyk meld haarself vinnig aan, maar die leser se afwagting oor wie nog vermoor gaan word, bou op soos wat nuwe karakters op die toneel verskyn. Die spanning word deurgaans verlig deur humor soos wat die volgende beskrywing getuig: “Sy bekruip die badkamerskaal en bespring hom vinnig toe hy anderkant toe hy.” (229), maar trek weer snaarstyf wanneer die moordenaar a-la-Miss-Marple uiteindelik ontmasker word.

Madelein Rust het as krimiskrywer bekendheid verwerf. In 2022 durf sy distopiese fiksie aan met die meesterlike Moederland en in 2024 breek sy weereens uit die genreboksie met die publikasie van Bessie se hangkasbiblioteek. Hierdie roman, haar laaste, bewys onteenseglik dat ook die sogenaamde knussie-genre onder haar skrywershand kon floreer.

#uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,248 reviews
September 10, 2025
Ek was byna teësinnig om te begin lees aan Drie moorde in die baai vanweë die finaliteit daarvan. Maar toe ek uiteindelik bes gee en begin lees, was ek spoedig uitverkoop aan die Strandloper, die Weskus en die verskeidenheid van karakters wat lewe gekry het in die bekwame hand van Madelein Rust.
Madelein het weereens haar veelsydigheid bewys deur nóg ’n genre met sukses te takel. Hierdie knussie, (so ’n lekker woord vir ’n “cozy mystery”) is pure genot. Ligjare verwyder van die gruwels in die Renata Malan reeks, haar aangrypende kanker reis in twee nie-fiksie aflewerings, of die verhoudingsroman oor Bessie. Die enigste genre waarin sy haar nie begewe het nie, was romanses. Sy het die hygroman oorgelaat aan haar nuutste karakter, Bianca Fabricious, wat ’n blitsverkoper gepubliseer het alvorens sy na St. Helenabaai verhuis het, na die gastehuis wat sy geërf het.
Beswaarlik daar aangekom, word daar moorde gepleeg en sy word verbind met elkeen van die slagoffers. Terwyl sy skrywersblok het, kan sy net sowel die moorde probeer oplos. “Dalk is die uitpluis van leidrade die soort ding wat sy eintlik moet doen noudat sy nie meer kan skryf nie.” (p.118)
Die gemaklike skryftrant, die fyn humor en die uitstekende karakterisering maak van hierdie misdaadroman ’n heerlike leeservaring. Daar is oorgenoeg kandidate wat kwalifiseer vir die titel van moordenaar, maar Bianca beskou elkeen van hulle as onbeholpe, “Want moord is nie sy werk nie en ook nie sy stokperdjie nie.” (p. 253) Die ontknoping van die hele intrige is egter heel bevredigend, en het my met ’n glimlag die boek laat toemaak.
Drie moorde in die baai is uitgegee deur Human & Rousseau, druknaam van NB Uitgewers en beskikbaar in goeie boekwinkels.
Profile Image for Rachelle.
52 reviews
December 23, 2025
Die laaste boek uit Madelein se pen! Wat 'n absolute plesier... 'n heerlike "cosy crime novel" vir die vakansie!
Profile Image for Susanna.
373 reviews7 followers
November 2, 2025
Wanneer die nuwe eienaar van die strandgastehuis in St. Helenabaai, Bianca Fabricious, haar voete probeer vind ná haar trek na die kusdorpie, ontwaak sy een oggend in ’n nagmerrie: haar uitsig uit die kamer word ’n misdaadtoneel. Toe volg nog moorde. Drie slagoffers – en die rustige dorpie wat eens ’n toevlug was, word nou ’n jagter-en-gejagte terrein.

Bianca vind haarself nie net in die middelpunt van die ondersoek nie, maar is ook as verdagte gekroon. Die aantreklike Kaptein Ken met sy mooi blou oë kom egter om die saak te ondersoek. Een moord is klaar ‘n groot skok vir die klein dorpie, maar toe daar nog volg, is dit al waaroor die dorp kan praat. Die feit dat Bianca in die slagoffers se geselskap gesien was op ‘n slegte manier, laat die kollig net nog meer op haar skyn.

Die ondersoek draai om voortdurend veranderende leidrade met getuies wat hul verklarings verander, vermoedens wat van ryk sakeman tot plaaslike visserman spring, en vertroue wat so skaars is soos ’n rustige werf in die dorpie. Niemand is heeltemal buite verdenking nie en elke keer as Bianca dink sy weet wie agter die moorde sit, kom ’n nuwe kinkel wat haar verwarring verdiep. Sal sy betyds kan uitwerk wie is skuldig voor Kaptein Ken haar lewenslank in die tronk sit?

My lesersindruk: Hierdie is ’n lekker boek vir enigeiemand wat hou van intrige, onvoorsiene gebeure en ’n geur van die kus terwyl jy op jou plek vasgenael is. Gegewe die interessante karakters, die klomp moontlike moordenaars en die voortdurende “Wie is die skuldige?”-vraag, het die storie sy werk baie goed gedoen. Wat ek heeltemal geniet het, is die manier waarop Madelein Rust jou telkens laat twyfel — net as jy dink jy weet hoe dit inmekaar sit, draai sy die hoek om en jy val weer agteroor. Daardie gevoel van “niemand is heeltemal uit die som nie” het my vasgehou tot die einde. En daai einde – wat ‘n dramatiese slotsom tot die boek! Uitstekend!
Profile Image for S.C. Hatton.
Author 4 books7 followers
August 4, 2025
Wanneer jy die naam Madelein Rust op ’n boek sien, weet jy sommer dit gaan ’n goeie boek wees — ongeag die genre.
Drie Moorde in die Baai is geen uitsondering nie.
Die Bianca karakter sorg vir blaaie vol skreeusnaakse oomblikke, veral met haar spaghetti-enkels en haar interaksies met Kaptein Ken.
Profile Image for Adri Van Schalkwyk.
10 reviews
August 13, 2025
drie moorde in die baai is uitstekend en snaaks op die regte plekke.amper soos n Cluedo game van who did it.
gaan Madeleine Rust se boeke mis.RIP Madeleine Rust 🥺😔
Profile Image for Salomé Kotzé.
241 reviews8 followers
September 1, 2025
Ligte, vermaaklike leesstof. Soos om tee (of bubbly) saam met 'n groep vriendinne te drink. Geen inspanning, net ontspanning. Madelein het die resep van 'n knussie vervolmaak.
Profile Image for Juanita Mackenzie.
15 reviews
September 7, 2026
Ek het die einde geniet, maar Bianca is 'n ongelooflike onplesierige persoon, kon haar amper nie verdra nie.
Displaying 1 - 11 of 11 reviews