Jump to ratings and reviews
Rate this book

Laastegoed: Rubrieke 2020–2024

Rate this book
Annelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ’n era ingelui. ’n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes, opinies en insigte oor die lewe met ’n toegewyde lesersgehoor gedeel het. Vir Afrikaanse lesers was haar weeklikse rubrieke ’n bron waaruit hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer. Die rubrieke in hierdie bundel het van 2020 tot 2024 verskyn en volg op Voetstoots, ’n keur van Annelie se rubrieke tussen 2006 en 2020. Vir die menigte lesers vir wie Annelie se stem oor die jare ’n vertroude instelling geraak het, is haar menings ’n besielende kleinood waarheen hulle meermale sal terugkeer om woorde te vind wanneer dit in hul eie stemme ontbreek. Hierdie bundel is ’n versameling kantaantekeninge tydens tydperke van ingrypende inkeer en verlies. Ook betrag sy haar persoonlike geskiedenis en gesinslewe met humor en deernis en lewer vlymskerp kommentaar op Suid-Afrika se realiteite. In Maart 2020 het die Covid-19-pandemie die wêreld getref – bunkertyd in Annelie se taal. In haar wêreld was die tyd van korona ’n voorspel tot haar eie finale periode van aflegging, siekte, amputasie en uiteindelik, die onvermydelike seisoen van “die engele met raspervlerke”.

385 pages, Kindle Edition

Published August 1, 2025

8 people are currently reading
7 people want to read

About the author

Annelie Botes

23 books46 followers
Annelie Botes was a South African writer in the Afrikaans language.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (81%)
4 stars
1 (9%)
3 stars
1 (9%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Amanda.
1,166 reviews
September 19, 2025
Ek was onseker wat om te verwag toe ek Annelie Botes se Laastegoed optel. Hoewel ek ’n hele paar van haar boeke gelees het, het ek nie haar rubrieke, wat in Volksblad en Die Burger verskyn het, onder oë gehad nie. Ek was vanuit die staanspoor geboei toe sy in Januarie 2020 skryf oor sleutels, die sleutelringe wat sy met krale ryg, die 9908-koperplaatjie uit ’n Telkomkantoor in Bedford, dié van die telefoonhokkie by die treinstasie. Sy praat van die stasie wat dertig jaar later tot niet sou wees, en trek dit deur na die huidige bestel en dink vooruit na die volgende dertig jaar: “Dalk, net dalk, kry Cyril Ramaphosa die treine terug op die spore.” (p.8)
Daar is moeite gedoen met die samestelling van hierdie bundel. Die items is gegroepeer onder 15 afdelings, waaronder Oor kinders en kindwees, Gedagtes in die tyd van korona, Die tyd waarin ons leef en Lewenswel en wee. Binne elkeen van hierdie afdelings is die rubrieke kronologies aangebied met die presiese datum. Die laaste afdeling, In die noute in, het my met ’n benoudheid laat lees, want Annelie skryf met rou eerlikheid oor haar gesondheidsprobleme, talle operasies, amputasies. Maar dit is die Slot, van 6 Desember 2024, wat mens se hart wil breek. Jaaco Rademeyer skryf ’n laaste groet en herroep kosbare herinneringe.
Met die lees van Laastegoed leer ken jy die mens, Annelie Botes. Dinge waaraan sy ’n hekel het, dinge wat haar vreugde gee. Jy leer van haar komvandaan, haar kinders, haar avonture, haar verhouding met die Gryse. Sy skram nie weg van haar eie foute nie, ook nie dié van ander nie. Ek is baie dankbaar vir hierdie skat wat ’n ereplek op my boekrak gaan kry.
Die bundel is uitgegee deur Penguin Books, ’n druknaam van Penguin Random House South Afrika.
Profile Image for Heidi de Goede.
618 reviews10 followers
January 15, 2026
Die trane loop. Vir Annelie, vir tyd wat vir niemand wag nie, vir die laaste stories.
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
146 reviews8 followers
August 15, 2025
Annelie Botes is aan baie van ons bekend vir haar besondere boeke wat wyd gelees en vele pryse gewen het deur die jare. Vir baie is sy egter bekend vir haar rubrieke wat sy weekliks vir verkeie publikasies geskryf het. Ek self het nooit haar rubrieke raakgelees nie want ek verkies boeke bo koerante en tydskrifte. Dit was dus ‘n heerlike nuwe ervaring vir my om hierdie bundel met haar rubrieke te lees.

Die rubrieke in hierdie bundel is tussen die jare van die groot pandemie, of dan uit Annelie se mond, “bunkertyd” en 2024 toe sy haar laastes geskryf het. Eerder as om die skrywes kronoliogies te orden is dit in die boek onder verskeie onderwerpe geplaas. Onderwerpe soos “Toormedisyne”, “Met die strydbyl in die hand” en “Die natuur van mens en dier…” Ek het heerlike gedelwe in die boek – lukraak begin lees waar hy eerste oopgeval het en toe teruggeblaai na die begin van daardie gedeelte wat toe nou toevallig “Tye wat verby is…” Die heerlike nostalgie van my eie gedagtes oor die verlede het vervleg met haar onthoue. Alhoewel ons nie in dieselfde era grootgeword het nie was kookkos ook ‘n ding in ons huis en het ek self ure probeer om die perfekte papiervliegtuigie te vou , nou nie ‘n bootjie nie. Neopolitan roomys was my pa se gunselting en ag ja, my pophuis was ook my heiligdom.

Annelie se skrywers oor die grendeltyd val veral op – ons almal het daai tyd anders ervaar maar daar bly gemene delers. Annelie en die Gryse se bunkertyd word met vele lag en klein dramas oor die allerdaagse vertel. Die rubrieke is heerlik om te lees – of jy nou begin by die eerste deel of soos ek hom oopslaan en plek-plek lees. Ek dink my gunsteling rubriek is no 27 – getitel: “Toentertyd se bergnooientjies en orgideë” en ek wonder of sy wel ‘n skoenlapper tuintjie gemaak het. Van ligte geselse tot meer intense protes en baie maal die wonder oor die sin van goed, en van die lewe self. Sy was ‘n fyn waarnemer van plekke en veral mense en ‘n meester storieverteller. Ek het so lekker dun maar warm en wollerige grys kombersie waarin ek myself heerlik toewikkel as dit koud is. Hierdie boek met rubrieke is soos daai kombersie – ‘n heerlike toewikkel in ‘n vinnige en maklike lees, of dalk nie so vinnig nie want “net nog een” het ek telkens laatnag gedink met die boek in die hand. Dit is ‘n boek wat mens koop, nie leen of uitneem nie. Hy woon op jou bedkassie, koffietafel of motor waar jy vinnig kan indelf vir ‘n heerlike storie.
Profile Image for Hilda.
173 reviews2 followers
September 26, 2025
Wonderful! Sad, there will never be a book by Annelie Botes again.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.