Jump to ratings and reviews
Rate this book

Leeumens

Rate this book
Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes word in ’n veld opgediep.
Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse verdwyningsaak betrokke was.
’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie . . .

386 pages, Paperback

Published September 1, 2025

Loading...
Loading...

About the author

Rudie van Rensburg

29 books68 followers
Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA (HOD) en BA (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede-stigter en uitgewer van Bloemnuus (die eerste gratis weekkoerant in die Vrystaat) sou word en later die redakteur van Die Ekonoom (’n landwye saketydskrif). Hy was ook verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo voordat hy in 1987 Kaap toe verhuis en hom by Sanlam aansluit. In sy twee dekades by Sanlam is hy onder meer senior bestuurder: reklame, uitgewer van die kliëntetydskrif Sanlamklub en hoof: borgskappe en promosies.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg), en word opgevoer by al die groot Afrikaanse kunstefeeste. Die Begrafnis verskyn ook in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters.

Sy debuutroman, Slagyster, was een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

Hy skilder ook die afgelope 26 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid-Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy is getroud met Lize en het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
64 (48%)
4 stars
56 (42%)
3 stars
10 (7%)
2 stars
0 (0%)
1 star
3 (2%)
Displaying 1 - 12 of 12 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,548 reviews89 followers
Read
March 25, 2025
#Leeumens – Rudie van Rensburg
#Queillerie

ʼn Wese wat half mens en half perd is, is ʼn sentour. Maar vervang die halwe perd met ‘m halwe leeu en die resultaat klink etimologies vervelig. Leeumens, verbeel jou. Is die betrokke kreatuur egter die löwenmensch-beeldjie, verander die prentjie aansienlik, want hierdie liniaalhoogte prehistoriese kunswerk se waarde is heel buite verhouding met sy naam en grootte.

Die speurhelde, Kassie en Rooi, beland pens en pootjies in die onderwêreld van gesteelde artefakte nadat die geraamtes van ‘n skatryk tweeling wat vyf jaar gelede verdwyn het, per abuis ontdek word. Dit bring egter mee dat spreekwoordelike teikens op hulle rûe geplaas word, hulle voormalige kollegas wat met die verdwyning gemoeid was, het immers voortydig die ondermaanse verlaat.

Van Rensburg het naam gemaak as speurverhaalskrywer wat op parallelle intriges staatmaak om sy spanningslyne te skep en te behou, eerder as op die skokeffek van grusaamhede, wat sy romans vir ‘n wye lesersmark toeganklik maak. “Leeumens” is geen uitsondering nie.

Daar is vyf hoofantagoniste, en hulle onderlinge en individuele konflikte sentreer beide direk en indirek rondom die leeumens-beeldjie. Alhoewel daar van lojaliteit tussen skurke weinig sprake is, kan twee spanne en ‘n geheimsinnige sindikaatleier onderskei word. Arend en Monica is sluipmoordenaars, Clarissa en Dolf smokkelaars, en Barnabas, soos sy naamgenoot van ouds, ‘n opperste skarminkel wat toutjies trek vanuit ‘n gesagsposisie.

Die twee vroulike kwaaddoeners is kleurvolle karakters. Clarissa, wat onder ‘n alias funksioneer, is oënskynlik ‘n gewetenlose hardekoejawel met ‘n voorkoms wat haar besonder herkenbaar maak, maar sy is inderwaarheid ‘n akademikus, toegegee, ‘n gierige een, wat gril vir geweld: “Sy wil nie...wys hierdie storie ontstel haar nie.” (23) en “Sy moet hard teen die naarheid veg.” (206) Monica as ‘n engel van wraak, is goed gemotiveerd en word ‘n onvoorspelbare sneller in verskeie situasies: “En ék wil hulle persoonlik een vir een vrekskiet.” (46)

Barnabas is uiteraard ‘n skuilnaam en sy ware identiteit bly verborge tot in die pylvak. Hy is betrokke by die gevreesde Kaapse bendes en sy dialoog is grootliks ‘n mengsel van Afrikaans en Engels. In die lig hiervan is dit ietwat ongeloofwaardig dat hy die woord “afpers” bo “blackmail” sou verkies (192, 230) maar andersins word hy oortuigend uitgebeeld as ‘n koelbloedige marionettemeester wat nie huiwer om ook self die arena te betree nie.

‘n Vlieg in die salf is ‘n regsblaps wat ‘n gesoute speurder soos Kassie nie behoort te begaan het nie, maar wat dikwels in prosedurele fiksie deurglip: “Gaan met hom ‘n ooreenkoms aan dat hy as staatsgetuie nie tronkstraf sal uitdien nie.” (232) Geen lid van die vervolgingsgesag of ondersoekspan het hierdie mag in Suid-Afrika nie, sodanige vrywaring kan slegs in die hof, nadat viva voce-getuienis afgelê is, deur die voorsittende beampte verskaf word. En dit geld ten opsigte van vervolging vir gespesifiseerde misdade, nie vonnis nie.

Die struktuur van die roman herinner aan ‘n verhoog wat in twee verdeel word deur ‘n ondeursigtige gordyn. Die toneelspelers se kennis is tot hulle kant van die gordyn beperk, maar die gehoor is in staat om beide waar te neem. Hierdie tegniek, tesame met die proloog waarna eers weer in hoofstuk 79 teruggekeer word, verseker ‘n onderhoudende teks met kronkels en konkels wat leunstoelspeurders vir ure sal vermaak.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Sonja Arlow.
1,263 reviews7 followers
July 13, 2025
Soos die Engelse se “this didn’t blow my socks off” maar dit was steeds lekker om te lees in my moeder taal.

Hierdie is jou tipiese Kassie & Rooi storie waar hulle amper per ongeluk die saak oplos.
Profile Image for Heidi de Goede.
634 reviews5 followers
April 21, 2025
Puik! Mal oor Kassie en Rooi en hierdie een was besonders goed.
Profile Image for Roelia (Roelia Reads).
472 reviews1 follower
June 16, 2025
Van Rensburg bewys weereens waarom hy een van Suid-Afrika se top speurverhaal-skrywers is. "Leeumens" is ‘n slim, spanningsvolle en donker misdaadroman, wat die leser meevoer na die wêreld van smokkelary, sluipmoordenaars en die fyn kuns van magspel.

Storie Opsomming

Wanneer die geraamtes van ‘n skatryk tweeling wat vyf jaar gelede verdwyn het, per abuis ontdek word, raak Kassie en Rooi onwillekeurig betrokke by ‘n saak wat reeds dodelike gevolge gehad het. Drie speurders wat vroeër die verdwynings ondersoek het, is uit die weg geruim, en nou moet Kassie en Rooi in die grootste geheimhouding werk om dieselfde lot te vermy.

Die onderwêreld van antieke artefakte is ‘n gevaarlike terrein, waar gesteelde stukke vir miljoene rande op swartmarkveilings verkoop word. Maar die löwenmensch-beeldjie, ‘n klein prehistoriese kunswerk, verander die hele spel — sy waarde en betekenis is onverstaanbaar groot, en daar is mense wat bereid is om te moor om dit te besit.

Kassie en Rooi bevind hulle pens en pootjies in ‘n oorlog tussen sluipmoordenaars, smokkelaars en die enigma van die geheimsinnige skarminkel Barnabas. Dit is ‘n verhaal van intrige, mag en die prys van kennis — met ‘n paar nagmerries ingewerk vir diegene wat nie weet wanneer om op te hou grawe nie.

Wat het gewerk in die boek?

Meesterlike karakterisering – Van Rensburg bou sy antagoniste met presisie. Elke karakter—van sluipmoordenaars tot geheimsinnige kriminele figure—het diepte en unieke motiewe, wat die verhaal net meer meesleurend maak.
‘n Verhaal wat voortdurend verras – Hierdie is geen eenvoudige speurverhaal nie. Daar is veelvuldige spanningslyne, elk met hul eie konflik, en die raaisels word met sorg afgewikkel.
Die donker atmosfeer en onderwêreld-temas – Die roman is bloedstollend, maar sonder die oordrewe skokeffekte wat soms in misdaadfiksie voorkom. Dit bou eerder slypskerp spanning rondom die tema van smokkelary en ondergrondse transaksies.
Uitstekende skryfwerk – Van Rensburg se gestruktureerde styl hou jou vasgevang in die aksie. Dit herinner aan ‘n toneelstuk waar karakters elk hul eie pad stap, maar die leser alles kan sien.
Slim ondersoeke en speurwerk – Kassie en Rooi is intelligente, gefokusde speurders, en hul ondersoeke is geloofwaardig en gestruktureer.

Wie sal hierdie boek geniet?

As jy ‘n liefhebber van slim misdaadfiksie is—verhale wat intrige, speurwerk en sameswerings meesterlik verweef—dan is "Leeumens" ‘n moet-lees.
Lesers wat hou van sterk antagoniste en intense spanning sal hierdie roman waardeer.
Indien jy van Van Rensburg se vorige werke geniet het, sal hierdie boek jou weereens meevoer.
Enigiemand wat hou van Suid-Afrikaanse misdaadfiksie, waar onderwêreld-netwerke en slim speurwerk sentraal staan, sal dit beslis geniet.

Algemene Indruk

"Leeumens" is n briljant-geweefde misdaadroman, met ‘n sterk onderliggende tema van geslepenheid en mag. Dit is moeilik om neer te sit en hou jou aan die raai tot die laaste hoofstuk.
Van Rensburg se gebruik van parallelle intriges is meesterlik, en die manier waarop hy sy antagoniste en protagoniste balanseer, sorg vir ‘n leeservaring wat jou nie teleurstel nie.
As jy lus is vir ‘n slim, spanningsvolle speurverhaal met onverbiddelike raaisels, is hierdie boek vir jou!

Dankie aan Exclusive Books vir die kans om hierdie boek te lees.

Die boek is gepublisheer deur NB Uitgewers | Leeumens

"Leeumens" was ook ingesluit in Exclusive Books se "Homebru 2025" leeslys.
Profile Image for aqeelah ❀༉˖.
338 reviews39 followers
April 8, 2026
*Since the English version of this book is not available on Goodreads, I'm shelving and reviewing this Afrikaans version*

It's been a while since I've picked up a good crime novel and gosh, how I missed this! Few things beat the thrill and suspense of a good "who done it?"

Rudie van Rensburg approaches the genre differently with Raiders, the latest of his novels to be translated into English. Following his signature police detectives Captain Kassie Kasselman and Warrant Officer Rooi Els, this riveting read digs deep into the very real illegal artefact smuggling and trade of South Africa's criminal underworld. What makes this novel different from your typical crime mystery is that you know exactly who the criminals are. The book offers the criminals' perspectives BEFORE we even get to those of our crime-solving heroes! This interesting choice of narration makes for an intense and compelling adventure, as we switch between the perspectives of an ancient artefact professional leading a criminal double life, her swindling subordinate, two hired assassins, and the brilliant detective Kassie. The book is split into 4 parts, each following a set of characters, with the fourth - and most unputdownable - part switching between the perspectives of them all. Watching everything unfold and piece together was such an exciting ride. ESPECIALLY, when the characters are speculating about the other side - a side you already know about because van Rensburg allows us to view them all! So so exciting. I really enjoyed it.

I did feel slight discomfort with how the book navigates one character's body weight, and I'm not sure whether to boil that down to the translation or if I'm just being too sensitive. All I know, is that, while I understand why the character's weight needed to be addressed so often, something about it just didn't sit well with me.... but like I said, could just be my sensitivities. The translation was overall worth applauding because it must take great skill to translate a genre where every word must be carefully curated to evoke a specific kind of tension or atmosphere. Kudos to the translator/translating team for getting that right! Though there are certain Afrikaans words - specifically the expressions - that just cannot get translated into English. 🤣 The way I laughed every time a character said something like "dammit!" because I knew that was not what they were saying in the original text. Pretty sure those parts read better in the original language.

Definitely keen on reading more Kassie Kasselman crime adventures!
Profile Image for Johann Van Deventer.
12 reviews
July 19, 2025
Nog 'blitsblaaier deur Rudie van Rensburg.
DAAR is meer as EEN storielyn en die eerste paar hoofstukke word gewys Om die agtergrond te skep en storielyn uiteen te sit. Speurder Lassie Kasselman en Rooi verskyn eers later op die toneel.
Hierdie was ook n briljante speurverhaal.Sit MAAR N naweek opsy Om die boek te lees.
22 reviews1 follower
April 19, 2025
Potensiele meesterstuk vol kinkels en kronkels en spronge en tog … iets kom kort. Miskien die styl wat, hoewel onderhoudend is, effens aan suiwer meelewendheid mank gaan?
Profile Image for DANIEL ERASMUS.
6 reviews
June 1, 2025
leeumens

Punk skryfwerk, boeiend. Ek kan nie wag om die volgende boek te lees nie. Die karakters is getrou en geliefd.
Profile Image for Adri.
10 reviews
May 16, 2026
Lekker om weer bietjie Afrikaans se te lees. As jy van Deon Meyer se boeke hou sal jy van die hou. Baie kinkels en kabels.
Displaying 1 - 12 of 12 reviews