Jump to ratings and reviews
Rate this book

Om Leah veilig te hou

Rate this book
Leah Roelofse werk op haar uitgewer se aandrang saam met krimiskrywer Arend Bosman aan ’n moordtoneel in haar liefdesverhaal. Die skurke oor wie Arend se nuwe misdaadroman handel, spoor vir Leah by sy huis op. Arend besluit om saam met haar op ’n veilige plek te bly totdat die misdadigers wat hulle bedreig gevang word. Sy krimi benodig onverwags ’n liefdestoneel, een waarmee Leah hom kan help. Om dae lank saam met Leah in die klein woonstel te werk, raak egter baie vinnig baie gekompliseerd.

137 pages, Kindle Edition

Published December 1, 2025

5 people are currently reading
2 people want to read

About the author

Elsa Winckler

119 books294 followers
I have been reading love stories for as long as I can remember and when I ‘met’ the classic authors like Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James The Brontë sisters, etc. during my studies, I was hooked for life.
I married my college boyfriend and soul mate and we are fortunate to live in the picturesque little seaside village of Betty's Bay, South Africa with the ocean a block away and a beautiful mountain right behind us. And although life so far has not always been an easy ride, it has always been an exiting and interesting one!
I like the heroines in my stories to be beautiful, feisty, independent and headstrong. And the heroes must be strong but possess a generous amount of sensitivity. They are of course, also gorgeous! My stories typically incorporate the family background of the characters to better understand where they come from and who they are when we meet them in the story.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (69%)
4 stars
2 (15%)
3 stars
2 (15%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Amanda.
1,174 reviews
December 16, 2025
Toe die baie gewilde romanseskrywer, Elsa Winckler, haar onlangs begewe het in die sub-genre: Spanning, was die temas van haar Romanzas om te beskerm, om op te pas en om veilig te hou. Om steeds die tipe verhaal te skryf wat haar honderde volgelinge verwag, ten spyte van ongure karakters wat haar heldinne se lewens bedreig, was waarskynlik op die skrywer se beurt, haar mikpunt.
Die gewone emosionele spanning en stomende liefdestonele, met vinnige verlowings en blitstroues, is steeds daar maar nou met ’n goeie skeut addisionele spanning bygewerk. In die nuutste aflewering in die reeks, Om Leah veilig te hou, word krimiskrywer, Arend Bosman, geteiken wanneer hy skryf oor ware gebeure van korrupsie. Vanweë sy betrokkenheid by Leah, word haar lewe ook bedreig en is daar insidente van ontvoering en aanranding voordat die booswigte vasgetrek kan word.
Die skrywer gebruik ’n oulike invalshoek, naamlik dié van Arend, die krimiskrywer en Leah, wat romanses skryf, wat mekaar moet help om verby die vashaakplekke in hulle onderskeie manuskripte te kom, met plofbare gevolge.
Wanneer daar met meerdere karakters gewerk word, is die potensiaal altyd daar dat daar oor name gestruikel kan word. Soos in hierdie geval, waar Stefan op ’n keer Armand word (p.81), iets wat min dalk gaan raaksien as hulle diep in die storielyn betrek is. Ek mag dalk ook ’n skuiwergat raakgelees het vir ’n moontlike vierde aflewering oor Bosman Sekuriteit se mense. Sal interessant wees om te sien wat 2026 gaan oplewer.
Gou spring om nog voor Kersfees hierdie Romanza te bekom. Dit is op Lapa Uitgewers se webwerf in gedrukte sowel as e-formaat beskikbaar.
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.