Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier-jarige ouderdom woon hy saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven . . . Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.
Dana Snyman is an award-winning South African journalist, writer and playwright.
Snyman was born in Stellenbosch and matriculated from Nylstroom High School. He later followed a journalism course at the Pretoria Technikon before joining the Afrikaans newspaper Beeld as a crime reporter.
Three years later he became a journalist at Huisgenoot magazine, where he worked for ten years. As of 2007, Snyman is the travel editor of Weg! magazine.
His first book, Uit die binneland (From the interior) was published in 2005 and his second, Anderkant die scrap (The other side of the scrap), in 2006. Both are collected short-short stories and schetches.
Snyman's first play, the one-man comedy Die Uwe, Pottie Potgieter (Yours Truly, Pottie Potgieter), was first performed in 2006 and was the runner-up for the AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroes Award for new texts in the same year.
#WieDeHelIsJohnnyJoubert? – Dana Snyman #Tafelberg
Sintuie hou herinneringe lewendig. Reuke en klanke neem ‘n eie identiteit aan wanneer dit aan bepaalde gebeurtenisse verbind word. Daar word byvoorbeeld wyd aanvaar dat baie mense in groot detail kan onthou waar hulle was en waarmee hulle besig was toe hulle van Prinses Diana se dood verneem het.
Die subtitel van Snyman se nuutste, Notas van ‘n rugbyliefhebber, is korrek, maar onderspeel die reikwydte van die teks. Twee van die mees ingrypende gebeurtenisse in sy lewe – die dag toe hy Elma die eerste keer gesoen het, en die dag wat sy ma gesterf het – word aan rugbyherinneringe gekoppel, so onlosmaaklik is rugby met sy lewe ineengevleg. Hy beskryf homself immers as “ ‘n Nadenkende introvert wat op ‘n pawiljoen opeens in ‘n onredelike ekstrovert kan verander.” (11)
Sy rugbyvertellings is die van ‘n leeftyd deeglik geleef, van sy heel eerste rugbybal waarmee hy gaan slaap het, tot sy sestigste jaar toe hy, rugbyplakboeke in die hand, besef het: “Jy soek met ‘n sekere dringendheid na jou ware, egte self, om jou ware self te probeer vind, probeer jy bepaal wie en wat jou gemaak het wat jy is. Rugby sê iets oor my jeug én my oudword.” (25)
Kenmerkend van Snyman se fynkyk en neerpen, is die teks deurspek met humor. Soos ‘n ouwêreldse verteller langs ‘n kuiervuur, gesels hy oor ‘n ene Gert Yssel, wat in die Sunday Times van 14 Junie 1970 die koms van die minirok-euwel vir die Springbokke se nederlae geblameer het, die diefstal van die Basil Kenyon-stadion se rugbypale, ‘n vreemde insident by ‘n wedstryd aangehelp deur majoor Moolman, “Captain Morgan, die bekende rum, wat ons bevordering tot majoor gegee het...” (127), die soektog na Johan se Bruyn se glasoog wat tydens ‘n toetswedstryd soek geraak het, die dag wat die skeidsregter vir Clocolan se span as slot moes sak, en die wonderwerkende krag van Deep Heat, “...aangewend as teenmiddel vir onfiksheid, gebrekkige afrigting en ‘n tekort aan talent.” (223)
Hy skryf egter ook oor die samebindende krag van rugby, “...dit voel of ek deel word van iets groters as ek” (19) en bevestig die korrektheid van die stelling dat die Springbokke dikwels bloot ‘n spieëlbeeld van die gemeenskap self is deur voorbeelde te verskaf: Ons kla dat die span swak besluite neem terwyl ons toelaat dat openbare vervolgings deur politici gedryf word, en mor oor ‘n gebrek aan dissipline terwyl ons kul met versekeringseise.
Na duisende kilometers, ure se gesprekke en onberekenbare lugtyd word die notas van ‘n selferkende rugbyliefhebber ‘n reis deur die geskiedenis van die land en sy mense wat saamgevat en verteenwoordig word deur dertig spelers op ‘n hektaar groen gras.
Ek het die boek baie geniet... Dana se fyn waarnemingsvermoë sal my bly verstom. Klassieke Afrikaner met 'n fyn spot vir ons tipe mense. Sout van die aarde.