Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die kasteel van die blou draak

Rate this book
DIE BOEK
’n Vakansie in Italië by haar gunstelingtannie is presies wat Nicki nodig het, en sy is vasberade om nie toe te laat dat haar nuwe stiefsussie, Bella, dit vir haar bederf nie. Maar dit vat nie lank vir vreemde dinge om te begin gebeur nie. In ’n winkel in Venesië sien sy ’n pragtige antieke ring met ’n draaksimbool, maar word gedwing om dit te koop omdat sy dit skielik nie van haar vinger kan afkry nie. Dan vertrek hulle almal na die beroemde Castello di Zumelle sodat haar tannie ’n vriend kan uithelp. Dis daar waar dinge regtig begin vreemd word, en Nicki bevind haarself binne-in ’n magiese Middeleeuse avontuur met tydreisende ridders, ’n wraaksugtige gravin ... en die legende van die Blou Draak.

Die kasteel van die blou draak is ’n heerlike tydsreisavontuur deur bekroonde skrywer Troula Goosen.

THE BOOK
Nicki's vacation in Italy with her favorite aunt is just what she needs, and she's determined not to let her new stepsister, Bella, ruin it. However, strange things start happening quickly. In a Venetian shop, she spots a beautiful antique ring with a dragon symbol, but when she tries it on, she can't take it off and is forced to buy it. The adventure escalates when they all head to the famous Castello di Zumelle to help a friend of her aunt. There, things get truly bizarre, and Nicki finds herself in the midst of a magical medieval adventure with time-traveling knights, a vengeful countess, and the legend of the Blue Dragon.

Die kasteel van die blou draak is a fast-paced time travel adventure by award-winning author Troula Goosen.

312 pages, Kindle Edition

Published February 2, 2026

4 people want to read

About the author

Troula Goosen

11 books4 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (25%)
4 stars
3 (75%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,521 reviews87 followers
Read
February 6, 2026
#DieKasteelVanDieBlouDraak – Troula Goosen
#Lapa

Fantasie is vryheid van die beperkinge van die realiteit, enigiets is moontlik, mits die verbeelding dit nie begrens nie. Die genre het ‘n legio verskyningsvorms, van gruwelfantasie tot knussiefantasie en alles tussenin. Juis daarom kan die patroon daarvan suksesvol gevolg word sonder dat die teks noodwendig voorspelbaar word.

Daar is altyd ‘n held, effe alledaags sodat die leser gemaklik aanklank kan vind, en dikwels ook ietwat onwillig om die heldetog aan te pak. Iets of iemand moet gered word, hetsy ‘n persoon, ‘n ruimte, of die hele wêreld, die held word toegerus soos wat die tog ontplooi, soms met magiese voorwerpe, soms deur middel van die ontwikkeling van innerlike krag, en soms met behulp van ‘n kombinasie daarvan, en newekarakters soos leermeesters, gidse, of ‘n spreekwoordelike regterhand bemagtig die held. Die held se dapperheid word deur die grootte van die uitdaging bepaal, en ‘n waardige antagonis is derhalwe ‘n gegewe.

Nicki en haar gemene stiefsuster, Bella, is op pad Italië toe om by Nicki se tante te gaan kuier. Hulle reis via Venesië na ‘n historiese kasteel in die Italiaanse Alpe waar Nicki in ‘n warrelwindavontuur van tydreise, ridders, swaardgevegte, ‘n wraaksugtige gravin, en martelkamers beland.

As protagonis is Nicki se totem ‘n antieke ring, sy word bygestaan deur die aantreklike Zuane, en sy beweeg tussen die fantasie-ruimte van die verlede en die realiteit van die hede, wat die teks gemaklik laat fluktueer tussen magiese realisme en fantasie. Die hede is deeglik in die moderne tyd gesetel en illustreer dit deur die insluiting van skreeuende babas op vliegtuie, Instagram, ‘n airbnb, en Pinterest, maar die besoeke aan die verlede is, daarteenoor, ‘n ware Middeleeuse ruimte met ‘n magiese kreatuur sentraal daarin.

Benewens Nicki en die ring as verbindingsfaktore tussen die hede en verlede, word die dialoog ook subtiel as brug ingespan: “Vandag spoeg ons net die wrede woorde op die sosiale media.” (61)

Alhoewel Bella reeds die skool verlaat het en Nicki aan die einde van haar skoolloopbaan is, is die boek geskik vir lesers van 13 jaar en ouer, heelwat jonger as die hoofkarakters, omdat die teks, insluitend die plot, intrige, en konflik nie van ‘n grafiese aard is nie en eerder op pret en verwondering fokus.

Die roman is ‘n vermaaklike mengsel van fantasie, romanse, avontuur, selfontdekking, spanning, en raaisels teen ‘n eksotiese Italiaanse agtergrond.

#uitdieperdsebek
Profile Image for Etrecia van der Merwe.
42 reviews3 followers
February 5, 2026
Temas wat voorkom in diè verhaal:
Romanse
Venesië
Ou kastele
Vinnige verwysing + 1 martel toneel (lig)
Middeleue
Tysreise wat tydspronge veroorsaak
Jeugverhaal

Kastele, drake, misterie - hierdie drie elemente het nog altyd mense gefassineer. Voeg natuurlik mag, rykdom en 'n betowerde ring in die mengsel en jy het 'n kookpot vir avontuur! Dit is wat Troula met haar nuwe penvrug: Die kasteel van die blou draak, vermag het.

Die storie begin op 'n vliegtuig waar ons die hoofkarakter en sub-karakters ontmoet Hulle land op Venesië se lughawe waar hulle, hulle tante Em sal ontmoet. Van die staanspoor af laat Troula fyn spore van spanning in elke hoofstuk. 'n Pragtige ring vang Nicki se oog in 'n winkelvenster terwyl sy haar stiefsussie se bagasie namens haar dra. Onverwagte blitse, gevaarlike weer en bliksem-strale wat voorkom voordat jy die weer hoor dreun, is net nog tekens dat iets onheilspellends opbou in die verhaal.

'n Tweede storielyn word daarna ingevoeg toe daar tydspronge begin ontstaan. Aan die begin was dit 'n bietjie verwarrend want dit het gevoel of daar baie stukke “storie”ontbreek - maar hou aan lees - alles lei mooi en ontknoop na 'n redelike oop einde. Alhoewel die einde oop is en dit toegang verleen tot nog 'n boek in die reeks, is dit genoegsaam ontbind sodat 'n leser wat van gelukkige eindes hou - wel klaring kon kry. Hoofstukke is kort en eindig meestal op cliffhangers, wat jou dus noop om nog en nog en nog 'n hoofstuk te lees.

Die Italiaans hier en daar voeg ekstra konteks by die verhaal, asook die jong man wat Nicki ontmoet wat gebroke Afrikaans beheers. Die Italiaans is wel voor in die boek in 'n woordlys toegevoeg - ek het net gevind dat verklaring verskaf kon word deur die verhaal (sommige kere was daar verklarings ingewerk, soms nie) - as 'n mens op 'n Kindle lees is die paar woorde verwarrend en mens kan nie soos in 'n gewone boek gou net terugblaai en loer, en dan jou lees hervat nie. Ek het wel gevind dat dit glad nie afbreek aan die storielyn en spanning gedoen het nie. Of daar wel 'n tweede boek gaan voortspruit in die reeks, sal ons sien.

As fantasieverhaal liefhebber met 'n liefde vir drake sien ek wel uit na soortgelyke boeke uit haar pen!
Profile Image for Marnie  (Enchanted Bibliophile).
1,055 reviews137 followers
February 9, 2026
3½ ✨

'n Vermaaklike, ontvlugtingsavontuur, in ‘n wêreldomvattende fantasieë met ‘n onheilspellende atmosfeer wat jou die rilligs sal gee.

Hieridie magiese realisme sprokie, van ’n geheimsinnige antieke ring en 'n legende van die Blou Draak val so presies in my aptyt van hoogs verbeeldingryk en karaktergedrewe stories.
Profile Image for Jodi .
211 reviews7 followers
March 16, 2026
Terwyl ek hierdie boek gelees het, het dit gevoel asof ek saam met Nicki op vakansie is. ’n Avontuurlike reis na Venesië neem ons uiteindelik na Castello di Zumelle. Dis hier waar alles begin sin maak, en waar die storie in ’n ware avontuur verander.

Elke keer sê ek vir myself: “Nog net een hoofstuk.” Maar dit bly nooit net by een hoofstuk nie. Tannie Troula bederf ons weereens met die lekkerste leesstof — en dit boonop in Afrikaans! ’n Fantasieverhaal met ’n draak én ’n ring wat ’n mens na die verlede kan teleport. Wie sal nou nee sê vir so ’n meesterstuk?

Hierdie boek het my heeltemal ingesluk. Dit is was 'n meesterstuk wat vol avontuur en vol misterie en spanning is... presies wat ’n mens nodig het.

Baie dankie aan LAPA Uitgewers vir hierdie resensie-eksemplaar. Dit was voorwaar een van die beste Afrikaanse fantasieboeke wat ek nog gelees het.

#AfrikaanseBoeke #BoekResensie #AfrikaanseLees #BoekstagramSA #LeesMeer
Profile Image for Amanda.
1,184 reviews
March 25, 2026
Enigiets Italiaans het per se die potensiaal om my te betower. Hierdie nuwe jeugverhaal deur Troula Goosen, Die Kasteel van die Blou Draak, doen dit beslis.
Nicki het gretig uitgesien om vir haar tannie Em te gaan kuier, maar haar entoesiasme word gedemp wanneer haar pa besluit haar stiefsuster en dié se geliefde, wat sy blatant by Nicki afgeneem het, moet saam Italië toe. Daar is sommer van meets af aan spanning, met erge turbulensie en ’n hewige donderstorm tydens die vlug. Reeds met die aankoms by die Marco Polo lughawe, begin vreemde dinge gebeur. Harde donderslae, en vreemd genoeg, weerlig ná die donderslag.
In Venesië, waar hulle vakansie begin, koop Nicki ’n ring wat ’n baie belangrike rol speel in hierdie fantasie. Dit is egter wanneer hulle aankom by Castello di Zumelle, wat dit baie interessant en vreemd raak. Dit is tyd vir die Fees van die Blou Draak met verskeie Middeleeuse aktiwiteite. Die ring laat Nicki tussen die verlede en die hede reis, en beide hierdie tydgleuwe word baie realisties aangebied.
Al die elemente van ’n geslaagde fantasie is teenwoordig: ’n held om haar te beskerm, ’n wrede gravin wat haar wil kwaad aandoen, ’n draak wat uit sy graf vrykom, op soek na sy ring, bloedvergieting en wraak. ’n Mens moet aandagtig lees, want verlede en hede versmelt met die tydspronge wat gebeur wanneer Nicki die ring aan haar vinger sit.
Hoewel fantasie nie my gunsteling genre is nie, het ek die boek werklik baie geniet hoewel dit gemik is op die jong-tienermark. Die Kasteel van die Blou Draak is uitgegee deur Lapa Uitgewers
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.