Zivah werk op Ezra se plaas in Galilea waar sy geurige olies leer meng en parfuum maak. Sy dra swaar aan ’n verlore liefde en is ’n gevangene van ’n donker geheim uit haar verlede, maar hoop dat haar stukkende emosies heel sal word terwyl sy haar passie uitleef.
Barabbas met sy charismatiese persoonlikheid, onwrikbare avonturiersgees en vreeslose najaag van sy ideaal om die Jode van Romeinse heerskappy te bevry, vergestalt vir haar die vryheid en geluk waarna sy verlang. Maar sy obsessie om die Jode van Romeinse onderdrukking te bevry dryf hom al dieper die verderf in en verder van Zivah af weg.
Ezra ontferm hom al hoe meer oor Zivah, maar sy is vasgevang in haar pyn en hoop vir ’n tweede kans met Barabbas toe Pontius Pilatus hom vrylaat in plaas van die misterieuse Messias-man wie sy ontmoet het ... Maar dit verander steeds nie Barabbas se verterende haat, wraaksug en begeerte om vir sy mense ’n held te wees nie.
In ’n wêreld verskeur deur bloedvergieting, verlies en onvervulde hoop soek Zivah en Barabbas elkeen na heling, liefde en ’n tweede kans. Hul paaie kruis telkens in liefde en pyn, maar net God se belofte van herstel – om weer te dans – kan hulle ware vryheid bring. Sal Sy liefde genoeg wees om twee gebroke siele te heel en hul verledes in hoop te omskep?
Slegs die tyd sal leer of Zivah haar uitdagings hierdie keer in die gesig sal staar en Barabbas kan leer om die skynbaar onvergeeflike te vergeef vir hul liefde om te seëvier.
“Ek sal aan jou kinders gee, Israel, jy sal kinders in die wêreld bring. Jy sal weer jou tamboeryne dra, jy sal uitgaan om te dans saam met dié wat bly is.” (Jeremia 31:4, AFR83)
--------------------------------------------------------------------------------------------------- Zivah works on Ezra's farm in Galilee where she learns to blend fragrant oils and make perfume. She is grieving a lost love and is a prisoner of a dark secret from her past but hopes that her heart will heal as she pursues her passion.
Barabbas, with his charismatic personality, unwavering adventurous spirit and fearless pursuit of his ideal of freeing the Jews from Roman rule, embodies the freedom and happiness Zivah longs for. But his continued obsession with freeing the Jews from Roman oppression drives him deeper into perdition and further away from Zivah.
Ezra's feelings grow for Zivah, but she is trapped in her pain and hopes for a second chance with Barabbas when Pontius Pilate releases him instead of the mysterious man who she met and claims to be the Messiah ... But even this still does not change Barabbas' consuming hatred, vengefulness and desire to be a hero to his people.
In a world torn apart by bloodshed, loss, and unfulfilled hope, Zivah and Barabbas each search for healing, love, and second chances. Their paths cross time and again in love and pain, but only God's promise of restoration – to dance and rejoice again – can bring them true freedom. Will His love be enough to heal two broken souls and transform their pasts into hope?
Only time will tell if Zivah faces her challenges this time and if Barabbas can learn to forgive the seemingly unforgivable for their love to overcome everything between them.
“I will build you up again, and you, Virgin Israel, will be rebuilt. Again you will take up your timbrels and go out to dance with the joyful.” (Jeremiah 31:4, NIV)