Ein Wettlauf gegen die Zeit hält Benny Griessel in Atem.
Endlich werden die geschassten Ermittler Bennie Griessel und Vaughn Cupido wieder in den Rang von Captains zurückversetzt. Doch die Freude währt nicht lang, denn bald fordert ein komplizierter Fall die volle Aufmerksamkeit der Ein ehemaliger Polizeisergeant ist bei einem bizarren Unfall gestorben. Hat der Vorfall etwas mit dem explodierten Wohnwagen zu tun, in dem ebenfalls ein Mann zu Tode kam? Griessel und Cupido läuft die Zeit Das erste Treffen eines Ausschusses der BRICS-Staaten steht unmittelbar bevor. Es soll ausgerechnet hier in Stellenbosch stattfinden. Und die Hinweise verdichten sich, dass ein Anschlag geplant ist.
Deon Meyer was born in the South African town of Paarl in the winelands of the Western Cape in 1958, and grew up in Klerksdorp, in the gold mining region of Northwest Province.
After military duty and studying at the Potchefstroom University, he joined Die Volksblad, a daily newspaper in Bloemfontein as a reporter. Since then, he has worked as press liaison, advertising copywriter, creative director, web manager, Internet strategist, and brand consultant.
Deon wrote his first book when he was 14 years old, and bribed and blackmailed his two brothers into reading it. They were not impressed (hey, everybody is a critic ...) Deon Meyer
Heeding their wisdom, he did not write fiction again until he was in his early thirties, when he started publishing short stories in South African magazines.
"I still believe that is the best way to learn the craft of writing. Short stories teach you a lot about story structure - and you have limited space to develop character and plot," says Deon.
In 1994 he published his first Afrikaans novel, which has not been translated, "simply because it was not good enough to compete on the international market. However, it was a wonderful learning experience".
All later novels have been translated into several languages, including English, French, German, Dutch, Italian, Spanish, Danish, Norwegian, Swedish, Russian, Finnish, Czech, Romanian, Slovakian and Bulgarian.
Deon lives in Melkbosstrand on the South African West Coast with his wife, Anita, and they have four children to keep them busy: Lida, Liam, Johan and Konstanz.
Other than his family, his big passions are motorcycling, music (he is a Mozart fanatic, but loves rock 'n roll too), reading, cooking and rugby (he unconditionally supports the national Springbok team and the Free State Cheetahs provincial team).
4.5 sterre. Elke tweede jaar tel ek die maande af na die nuwe Deon Meyer boek, net om dit dan in 'n dag te verslind. Bennie en Cupido is definitief twee van my gunsteling karakters - en ek dink Bennie se dieper interne gedagtes in kontras met Cupido se skerp dialoog is wat die reeks so briljant maak.
Bennie Griessel en Vaughn Cupido gee nuwe betekenis aan die vinkel-en-koljander-idioom. In teenstelling met die kruie wat soortgelyk in voorkoms, maar verskillend in smaak is, verskil die skraal-en-vaal alkoholis en die flambojante gastronoom soos dag en nag, maar word ewe gereeld as die kruie in dieselfde asem genoem. En wanneer Deon Meyer hulle vir literêre diens oproep, is die leser moord en spanning, met ‘n politieke geurtjie, gewaarborg.
Skorpio is geen uitsondering nie. In ware Meyer-styl krap die leunstoelspeurder saam kop om te probeer ontsyfer hoe ‘n skaapwagtershut, ‘n karavaan, en die agterdogwekkende dood van ‘n privaatspeurder met mekaar verband hou. Die kopkrappery ontaard in die uitpluk van hare wanneer die ontsyfering van die leidrade in dringendheid toeneem, lyke opstapel, en dit duidelik word dat die horlosie onverbiddelik na ‘n internasionale ramp aftik.
Griessel se stryd om nie van die waterkar af te tuimel nie, verkry ‘n nuwe dimensie en die leser word dieper as gebruiklik in sy psige toegelaat. ‘n Kombinasie van tegnieke word hiervoor aangewend: Die transkripsie van ‘n onderhoud met ‘n joernalis word op toepaslike stadiums by die teks, in kursief gedruk, ingesluit, asook sy eie insig aangaande sy internalisering van verwonding, naamlik “Hy beleef die oomblik van dood te intens. Asof dit met hóm gebeur, asof hy die een is wat so skreeuend aan die lewe wil vasklou terwyl die dood hom insluk.” (41) en Cupido se belewing daarvan, uitgespreek tydens ‘n onderhoud met ‘n getuie, “Jy’s ma net sensitive gebou, jy moet ‘n way kry om te cope, want jy vat die trauma diep.” (266), kombineer om lesersbetrokkenheid en empatie te verseker en te behou.
Cupido se stryd teen die skaal word eweneens ontleed om aan hom ‘n weerloosheid ten spyte van sy gladde tong te verskaf: “Wys jou net, ons manne het ook feelings. We just express them differently.” (133) Sy moedige pogings om objektiwiteit te behou ten spyte van die feit dat een van die oorledenes ‘n persoonlike vriend van hom was, dra ook by tot sy ontwikkeling as karakter; van grapjas- allesweter tot sensitiewe (soms) onsekere.
Spanning word afgewissel deur humor, dikwels verskuil in ironie. ‘Silwertong’ Cupido vergeet wat ‘n skaapwagtershuisie in Engels is (252), bevelvoerder Witkop Jansen se uittrapsessies word voorafgegaan deur Skriflesing en gebed (289), en die onduidelike spraak van ‘n brandingenieur lei tot die bynaam ‘Dok Mompelman’ (169).
Meyer se fenomenale talent om ‘n sterk, relevante spanningslyn te skep kan nie ontken word nie, maar sy internasionale gewildheid en sukses as skrywer is gegrond op sy uitsonderlike vermoë om veelvlakkige en realistiese karakters te skep. Selfs diegene wat grootliks op die periferie verskyn, word nie afgeskeep nie. ‘n Verdagte word evokatief beskryf as “...die borselkop het humeurige grys aan die slape.” (173), die bekendstelling van Kolonel Witkop se persoonlike lewe, “Hy is kaalvoet, dra ‘n kortbroek en T-hemp, sy tenger, beplooide lidmate sigbaar.” (97) laat die leser met nuwe oë na hom kyk, en Griessel se intense belewenis van die opinie van sy kinders, “Maar hier, by die kampvuurwarmte van sy seun se trots, wil hy net die knusheid daarvan nou geniet.” (337) maak van ‘n spanningsroman ‘n kragtoer van emosie en meelewing.
Bennie Griesel is nie gretig om die dood van 'n privaatspeurder te ondersoek nie. Want hy weet, sy kollega Vaughn Cupido gaan met alle mag op die saak wil wees. Want die slagoffer was een van Vaughn se beste vriende. En Vaughn glo vas dit was moord.
Dan word Vaughn geplaas op 'n saak wat so tydmors voel. 'n Ou skaapwagter hutjie op 'n wynplaas brand af. Van die personeel glo vas dit was 'n "unidientified aerial phenomenon" of te wel, UFOs want die gebou het ontplof voor hy aftgebrand het. Maar wanneer daar nog 'n ontploffing is, die keer by 'n karavaan op 'n bekende aktrise se wynplaas, en 'n verkoolde lyk word gekry, begin Vaughn dieper kyk. Wat die forensiese analise se dit was 'n missiel.
Ek lees bittermin in my moedertaal maar elke tweede jaar soos klokslag, lees ek Deon Meyer so jongste Griesel en Cupido boek. Meyer is 'n absolute meester in die misdaadsfiksie genre (en dit van iemand wat BAIE misdaadsfiksie en rillers lees). Die storie is vol spanning, wat bou soos wat die boek verloop. Daar is heelwat draaie en die laaste 'twist' het my mond laat oophang.
As karakters, het Bennie en veral Vaughn het in my hart gekruip. Meyer se dialoog is so uitstekend, veral Vaughn sin, dat ek hulle kan hoor praat in my kop.
Ek weet nie hoe hy dit telkemale doen nie, maar Meyer het nog 'n treffer op sy hande. Ek het die boek in een dag verslind.
#skorpio #deonmeyer Ek het gekroek, en my Kersgeskenk al voor Kersfees begin lees😉 - want wie kan nou 'n nuwe Deon Meyer laat wag? Bennie Griessel en Vaughn Cupido beland op twee verskillende sake. Bennie ondersoek die dood van 'n oud- makker, en Vaughn ondersoek 'n saak van brandstigting. Hulle voel albei of hulle nie vorder nie, en die bevelvoerder raak al hoe moeiliker. Hulle leidrade loop na doodloopstrate en hulle word gekonfronteer met hul eie tekortkominge - kort nadat albei weer as kaptein aangestel is. Veel meer wil ek nie sê nie behalwe dat, ten spyte van die feit dat ek lui-lui gelees het hier oor die feestyd, die laaste hoofstukke my hartklop letterlik laat styg het! Weer 'n wenner uit die pen van Deon Meyer. #humanrousseau #katinkadink
Lang, lang tegniese beskrywings wat die spanningslyn tot stilstand ruk. Vaughn se Kaaps , aanvanklik humoristies, raak later eens te veel. Ek het die boek drie sterre gegee.
Bennie Griessel und Vaughn Cupido sind nach ihrer Degradierung aus der Sondereinheit „Valke“ und befristeter Strafversetzung ins beschauliche Stellenbosch inzwischen rehabilitiert und ermitteln wieder - fast in alter Frische. Bennie zählt als Mitglied der Anonymen Alkoholiker weiter konsequent seine „trockenen“ Tage und der chronisch gut gelaunte Vaugn hat sich darauf versteift, seiner Desiree erst einen Heiratsantrag zu machen, wenn er durch Diät die 100kg-Grenze unterschreitet. Ihr aktueller Fall führt das Ermittlerduo auf ein Weingut, dessen Besitzer sich bei der Meldung der Explosion in einer Schäferhütte zunächst Feinde machte, weil die Polizeidienststelle Stellenbosch verstand, sie sei ihm für seinen Fall nicht gut genug. Die Zeugenaussagen geben Rätsel auf; denn sie berichten von eigenartigem Lichtschein und einer ungewöhnlichen Stärke der Explosion. Cupido reagiert sauer auf diese „Lappalie“ und hält die Anzeige für Spinnerei eines „Whiteys“, eines zu selbstbewussten Weißen. Ein weiterer Fall betrifft die Ermittler persönlich, das Opfer ist ein ehemaliger Polizist, der seiner Frau zu Gefallen inzwischen als privater Ermittler arbeitet. Brendon/Skinny Maarman war in seiner Freizeit ein begnadeter Schrauber an Vintage-Fahrzeugen und wird tot in seiner Werkstatt gefunden - erdrückt von einem gerade fertiggestellten PKW. Der jugendliche Bobby, der in Skinnys Werkstatt aushalf, ist jedenfalls überzeugt, dass ein penibler Typ wie sein Chef nie ohne Werkzeug mit sauberen Händen unter einem schlampig hochgebockten Fahrzeug gelegen hätte. Cupido hat eine Ahnung, wer seit ihrem letzten gemeinsamen Fall mit Skinny ein Hühnchen rupfen würde – und schwört, den oder die Täter zu schnappen. Die penible Überprüfung Skinnys beruflicher Aufzeichnungen weckt zwar den Argwohn der Ermittler, bringt sie zunächst jedoch nicht weiter.
Erst eine weitere Explosion und ein spektakulärer Leichenfund scheinen auf ein ganz großes Ding hinzuweisen: im Oktober werden Vertreter der unbeliebtesten Staaten dieser Welt zu einem Treffen in Südafrika erwartet, die sich als Ziel eines Anschlags anbieten könnten.
Deon Meyers neunter Band um Bennie Griessel scheint zunächst langsam in Gang zu kommen und sich hauptsächlich um private Befindlichkeiten zweier langjährig verbundener Ermittler zu drehen. Verstärkt wird dieser Eindruck durch einen Handlungsstrang, in dem die Journalistin Marinda Bennie intensiv zu seinen 30 Berufsjahren befragt und sich dabei unangenehm als Therapeutin aufschwingt. Da Bennie und Vaughn sich unter dem Druck der Ermittlungen von Sohn bzw. Stiefsohn über elektronische Kommunikation coachen lassen müssen, gelingt ihnen eine unerwartete Wende aus ihrer beruflichen wie privaten Midlife-Krise. Technischer Fortschritt tritt in diesem Band in vielfältiger Form auf, so dass die Frage „Sind Ermittler bald durch eine KI zu ersetzen“ Bennie & Vaughn sicher nicht das letzte Mal beschäftigt hat. Amüsieren kann man sich über gedankliche Höhenflüge und den unweigerlichen Absturz als die Ermittler realisieren, warum Skinny in seinem letzten Fall so entschieden auf Verschwiegenheit bestanden hatte.
Fazit Auch wenn der Fall etwas konstruiert wirkt, ein spannender Südafrika-Krimi, der mit einem Glossar im Anhang und Meyers üblichen vielsagenden Danksagungen an seine „Quellen“ einen guten Eindruck hinterlässt.
Bennie Griessel en Vaughn Cupido is uiteindelik weer bevorder tot die rang van kaptein. Dan word die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste vriende gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het. Was dit 'n ongeluk, of was dit moord? En op ’n plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Met 'n liggaam binne-in. Twee verskillende sake. Is daar iewers 'n verbintenis?
Ek bêre die boek al 'n rukkie, want wanneer ek dit klaar gelees het, gaan ek boek babbelas hê. En daar is nie 'n regmaker vir dit na 'n Deon Meyer boek nie. Behalwe 'n Martin Steyn boek. Maar sy nuutste het ek reeds gelees.
Ek het vir Bennie en Vaughn gemis. Die ding is, ek het nie besef hoe BAIE ek hulle gemis het nie. Tot mens hulle weer raaklees. Want hulle is nie karakters in 'n boek nie. Hulle word mense. Hulle IS mense.
Regte, egte mense wat jy wil ken. Waaroor jy worry. Vir wie jy lag. Saam met wie jy huil. Vir wie jy wil hê die lewe moet net sy goeie kant wys, veral omdat hulle sulke taai jobs het.
Toe Vaughn vir Bennie bel en sê hy gaan hom nooit weer sien nie, want hy het in 'n parallel universe beland, kon ek nie ophou lag nie. Ek het dit 'n paar keer oor gelees. Die manier wat Cupido dit sê, die dinge waarmee hy uitkom. Soos hy sê... hy's a silver-tongued devil.
Deon Meyer is 'n kunstenaar met woorde. Ek worry nie waaroor 'n nuwe boek van hom gaan nie, ek koop dit net. Want ek weet... dit sal 'n lees sonder gelyke wees. Altyd.
Bennie Griessel en Vaughn Cupido is bevorder tot Kaptein en is nou die room van Stellenbosch se speurdertak. Vaughn word betrokke by brandstigtingsake toe Bennie die tipe saak kry wat elke polisieman vrees, die dood van een van eie. Erger nog, dit was Vaughn se vriend daai en Bennie gaan die nuus moet deel.
Alles dui glo op ’n ongeluk, maar Cupido weet beter. Te veel vrae. Te veel stiltes. En Bennie wat hom nie heeltemal alles vertel nie. Terwyl Vaughn worstel met die verlies, raak sy brandstigtingsaak skielik meer ingewikkeld – iemand is oorlede. En nie sommer enigeiemand nie, ‘n bekende persoon. Soos die ondersoeke vorder, raak dit duidelik dat hierdie nie bloot twee losstaande sake is nie.
Belange bots, mense lieg, en karakters beweeg slinks tussen waarheid en misleiding. Die Wynlande se rustige landskap vorm ’n skerp kontras met die intriges wat onder die oppervlak broei, en hoe nader Griessel en Cupido aan antwoorde beweeg, hoe gevaarliker raak die speelveld.
My lesersindruk: Ek het dit sommer in twee dae klaargelees — ek kon dit eenvoudig nie neersit nie. Lekker spannend, met ’n baie bekende gevoel danksy die Stellenbosch-ligging. Mens kan nie verkeerd gaan met ‘n Deon Meyer krimi nie, elke keer ‘n wenner!
Skorpio is Deon Meyer se jongste Bennie Griessel boek. Is dit goed? Dis 'n Deon Meyer boek, dus is dit natuurlik goed!
Ons twee baasspeurders, Bennie en Vaughn Cupido, sit dié keer weer met twee tameletjies wat hul vernuf terdeë toets. Die spanningslyn is tipies Meyer: uitstekend. Wat ek veral baie waardeer, is hoe die twee karakters steeds ontwikkel. G'n niks se superhelde hier nie, nog minder een-dimensionele stereotipes. Nee, Deon Meyer se karakters is altyd baie menslik en geloofwaardig.
Skorpio bevestig weer eens Meyer se posisie as Afrikaans se top-skrywer van spanningsverhale.
Koop die boek en lees dit! (Ek het, met uiterste moeite, die lees van dié boek vir myself gerantsoeneer, want Deon se boeke in Afrikaans is moeilik bekombaar en/of peperduur hier in Australië.)
Ek is ’n groot ondersteuner van Deon Meyer se werk, maar hierdie boek het my teleurgestel. Die begin was traag, en dit het lank geneem voordat die spanning werklik opbou. Hoewel die verhaal later momentum kry, voel die plot vir my onrealisties, veral met die verskillende drade wat op ’n onnatuurlike manier bymekaar kom. Dit is nie een van sy sterkste boeke nie. Ek hoop hy probeer iets vars – dalk ’n nuwe karakter of ’n storielyn soos Koors – om weer daardie opwinding te bring waarvoor ek sy werk so waardeer.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Deon Meyer does it again! He manages to weave another amazing story set in the Western Cape, well thought out character development with a beautiful grasp of Afrikaans prose mixed with modern science and current politics.
Mens raak so lief vir hierdie karakters, Bennie, Vaughn en selfs Alexa kruip nou diep in my hart in. Nie my gunsteling boek uit Deon Meyer se pen maar steeds baie goed! Geografies baie akkuraat en ek het selfs ‘n ding of twee geleer van drones. Baie insiggewend.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Ek het die fokus of Vaughn Kupido nogal geniet, maar as sulks was die boek effens teleurstellend. Daar is wel 'n sin van spanning wat opgebou word, maar sommige gedeeltes was voorspelbaar, asof Meyer haastig was om alles voor Kersfees klaar te kry.
Het ook gevoel hy vat bietjie lank om by die "oplossing" uit te kom. Maar wanneer jy op die einde kom, besef jy dit was belangrik. Baie dankie vir nog n goeie boek.
Tipiese misdaadfiksie. Lekkerlees avonture van speurders. Ontspannend. Storie oortuig nie regtig, maar wie gee om? Die karakters maak die lees die moeite werd!
Die eerste helfte vd boek was nie vir my so boeiend en goed soos sy ander boeke nie. maar die laaste helfte het my van plan laat verander. Dit was BAIE goed