Jump to ratings and reviews
Rate this book

ERFGROND

Rate this book
Riekie en Bertus is broer en suster. Die waarheid is egter dat hy aangeneem is nog voordat sy gebore is. Nie een van hulle is die erfgename van die plaas waarop hulle grootgeword het nie. Riekie se jonger broer, Paul is die oudste Bronkhorst seun Bertus het die aanneem familie se naam gekry, maar Paul, die volbloed Bronkhorst seun is die een wat die plaas gaan erf.
Almal weet dit en die ander twee kinders gaan elkeen ‘n polis erf wat gelykstaande is aan die waarde van die plaas. Dit klink regverdig, maar wat nou as Paul besluit om die plaas te verkoop aan die myn langsaan? Dit was tog nie sy pa se wens om die plaas uit die Bronkhorst se besit te verloor nie.
Toe hulle ouers vermoor word, wys alle vingers na Bertus en hy is vir die tweede keer in sy lewe ‘n weeskind. Sy familie draai die rug op hom en waar hy moes veg vir die behoud van die plaas, moet hy skielik veg vir sy eie bestaan.

231 pages, Kindle Edition

Published November 24, 2025

1 person want to read

About the author

Johan de Nysschen

9 books4 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (66%)
4 stars
1 (33%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Elsabé Welman.
Author 14 books49 followers
January 28, 2026
In hierdie spanningsromanse raak jy vinnig betrokke om saam te veg vir die toekoms van ‘n jongman. Die veiligheid van sy familie is in ‘n japtrap van hom weggeneem.
De Nysschen verstaan instinktief hoe om ’n leser vas te hou — nuuskierigheid word in fyn hoeveelhede gedoseer en die waarheid tref presies wanneer dit moet.
Die verhaal skok vroeg reeds met die “verbode” liefdesverhouding tussen broer en suster — ’n oomblik wat jou laat frons voordat die verligting kom: Bertus is aangeneem. Maar dié asemteug is van korte duur.
Albei ouers word wreed vermoor en Paul — die seun wat glad nie wil boer nie — erf die plaas. Bertus, die een met boerdery in sy bloed, word beskuldig van die moord. Die intrige verdiep onmiddellik. Die bewyse teen hom is haarfyn en genadeloos beplan, en as leser sien jy geen maklike uitweg vir hom nie.
Wanneer familie jou veroordeel, en die grond alles onthou
Sy aangenome familie draai hul rug op hom, net soos sy biologiese ouers destyds. Die vraag bly knaend: waarom sou hy sy aangenome ouers vermoor as hy nie die plaas sou erf nie? Was dit hy? Wie word beskerm deur die skuld op Bertus te plaas?
Waar erfgrond-bloed duurder is as waarheid.
Paul wil nie die plaas bewerk nie, maar hy wil dit hê. Hoekom? Dáár begin die wiele draai.
Stadig maar seker word die leser deel van die komplot — ingetrek in ondersoeke, geheime wat nie begrawe wil word nie en fluisteringe uit die klipskeure van die koppie langs die plaas.
Erfgrond, saam met Mynskag, is my gunstelinge uit Johan de Nysschen se pen.
33 reviews
January 11, 2026
Very good story line. Family tension, inheritance, love. Solution of murder and the reasons behind the murder. Author keeps you interested until the end.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.