#LieweMamma - Esther Verhoef
#Lapa
#Paellaboek
Helen, werksaam by ‘n hospitaal as verpleegkundige, het oënskynlik ‘n idilliese lewe. Haar man, Werner, is die bestuurder van ‘n eksklusiewe restaurantgroep, hulle woon in hulle droomhuis in ‘n gesogte buurt en het drie kinders: Sara (17), Thom (15) en Emma (13).
Ralf, daarteenoor, is bietjie van ‘n sukkelaar. Hy is 18 jaar oud, woon nog by sy ouers, het reeds verskeie botsings met die gereg gehad, sukkel om ‘n werk te behou en het nie regtig vriende nie, behalwe vir Brian. Maar Brian is ouer, het ‘n dwelmprobleem en stuit nie vir misdaad nie.
Dié twee wêrelde bots toe Brian besluit om ‘n huisbraak te pleeg. Ralf wag buite. Skote klap. En Brian maak nooit weer sy verskyning nie.
Die boek is oorspronklik in Nederlands gepubliseer as ‘Lieve Mama’ en die Afrikaanse vertaling is my eerste kennismaking met dié skryfster. Wat aanvanklik soos domestic noir voorgekom het, ontwikkel in ‘n heerlike spanningsverhaal wat my aandag lekker gehou het. Perfek vir liefhebbers van onverwagte kinkels en ‘n paar naelbytoomblikke. 4 sterre van my.
En, die goeie nuus is, dis beskikbaar as e-boek by Lapa - tans teen 30% afslag nogal.
#Uitdieperdsebek