Jump to ratings and reviews
Rate this book

Een keer om die son

Rate this book
Dit neem ’n jaar vir die aarde om een keer om die son te wentel. In dié tyd kan geweldig baie gebeur, bitter én soet.
Die aangrypende verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig is . . . Maar dan vind ’n tragedie plaas wat tergende vrae tot gevolg het, en alles verander oornag. Want menseverhoudinge is kompleks, en dié verhaal beeld dit in volle geskakeerdheid uit.

Bekroonde skrywer François Bloemhof het hierdie aangrypende TV-reeks verwerk tot ’n roman wat wyd byval sal vind.

200 pages, Paperback

Published January 2, 2026

2 people are currently reading
7 people want to read

About the author

François Bloemhof

97 books24 followers
François Bloemhof is in die 1960's in die Paarl gebore. Hy het in 1991 op die Suid-Afrikaanse literêre toneel verskyn as De Kat-pryswenner met sy debuutroman "Die nag het net een oog". Sy volgende drie boeke was almal op 'n manier spanningsverhale, voor moeilik klassifiseerbare tekste soos "Storieboek", "Hostis" en "Klipgooi".

Omdat jonger lesers van sy boeke gehou het, het hy ook spesifiek vir hulle begin skryf, met soveel sukses dat hy 'n ruk lank net daarop gekonsentreer het. Hy het gou 'n klomp ATKV-Veertjies ('n kompetisie waarin jong lesers self hul wenboeke aanwys) op sy rak gehad, asook pryse vir die tienermark, insluitend vir "Slinger-slinger" en "Nie vir kinders nie" (in Tafelberg en Sanlam se Jeuglektuurwedstryd) en "Stad aan die einde van die wêreld" (in die Maskew Miller Longman Literêre Kompetisie).

Nadat hy vyf jaar lank nie vir die volwasse mark iets gelewer het nie, het Bloemhof teruggekeer na die genre waarmee hy begin het met "Spinnerak", met Alma van der Pool as die heel eerste vrouespeurder in Afrikaanse fiksie. Sy maak weer so in "Jagseisoen" (2007).

Met verwysing na wat Alfred Hitchcock eenmaal gesê het, het Bloemhof al opgemerk: "Party mense skryf 'slices of life'. Ek het nog altyd 'slices of cake' verkies."

-----------------------------------------------------------------

François Bloemhof was born in the 1960s in Paarl. He made his debut on the South African literary scene in 1991 by winning the De Kat prize for his novel "Die nag het net een oog". His next three books were all thrillers of some sort, before he published largely unclassifiable works like "Storieboek", "Hostis" and "Klipgooi".

Because younger readers liked his books, he began to also write specifically for them, with such success that he became sidetracked for a while. He soon had a host of ATKV-Veertjies (a competition in which young readers select the winning books themselves) as well as prizes for the teenage market, including for "Slinger-slinger" and "Nie vir kinders nie" (in the Tafelberg/Sanlam Youth Literature Competition) and "Stad aan die einde van die wêreld" (in the Maskew Miller Longman Literary Competition).

After a five-year layoff from the adult fiction market, Bloemhof returned to the genre in which he started with "Spinnerak", featuring Alma van der Pool, the first ever female detective in Afrikaans fiction. She returned in "Jagseisoen" (2007).

With reference to a one-time comment by Alfred Hitchcock, Bloemhof has remarked: "Some people write slices of life. I've always preferred slices of cake."

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (31%)
4 stars
10 (62%)
3 stars
1 (6%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,513 reviews87 followers
Read
January 19, 2026
#EenKeerOmDieSon – François Bloemhof
#Queillerie

Die aarde se wentelbaan om die son herhaal elke 365.25 dae. Die aardjare volg mekaar met reëlmaat, sonder enige opsie om daaraan te ontvlug wanneer die lewe dwarsklappe uitdeel, “Stop die wêreld, ek het seergekry / en alles, ja alles draai om my / ek het ver genoeg saam gery / ek wil afklim….” (Leon Ferreira – Hang ʼn lap oor die maan), of met enige hoop dat die wens vir die volgende omwenteling ‘n bepaalde gedaante sal aanneem: “Ek soek net een wolklose winter / ek soek net een windstil seisoen / geen sopnat en snerpende koue / gee my ‘n jaar in die son” (Koos Kombuis & Valiant Swart).

Die roman is ‘n steelkamera wat die Van Wyk-familie se jaar om die son dokumenteer. Dis chronologies saamgestel en die toneel open met ‘n Oujaarsaand-samekoms, die laaste keer wat hulle, binêr gesproke, ‘heel’ sou wees. Daar is Elma, as tuisteskepper, ma, en ouma, die gom wat die familie as eenheid behou en hulle daaraan herinner met haar gebruiklike aansitetes, Oupa Sebastian met sy kliniese, wetenskaplike brein, Pa Ruan, in so ‘n mate met sy loopbaan as chirurg verweef dat die een kwalik van die ander geskei kan word, Ma Lani wat haar diepste geheime slegs in ‘n versteekte joernaal verwoord, hulle kinders Markus, Leandri en Sophia, een aan die einde van ‘n skoolloopbaan, een aan die begin daarvan, en een wat die nog-vis-nog-vlees- stadium probeer navigeer, en Amé, die ambisieuse sakevrou, getroud met die kunstenaar-dromer, Joshua.

Dieselfde basuin wat die aanbreek van ‘n nuwe reis om die son aankondig, sou egter ook die aanbreek van ‘n lewensveranderende jaar vir die Van Wyks inlei. Dit begin met ‘n dramatiese aankondiging, gevolg deur die dood, ‘n egskeiding, botsings tussen ambisies en drome, ontnugterings, en ‘n gevreesde diagnose. Die aarde hou aan met draai, geen opsie om daaraan te ontkom nie: “Dit sou snaaks gewees het as alles nie so verkeerd was nie” (66), “Omdat niks in hierdie huis meer mag wees soos dit was nie.” (76)

Elkeen moet sin probeer maak van die nuwe werklikheid; een besef, “...maak nie saak wie daar plaasneem nie, dit sal nie die een wees wat daar behoort te sit nie” (78); die eise wat gestel word, verkrummel die eens stewige fondamente, “Op daardie oomblik was hy net te oorweldig. Daar was te veel van alles en te min van hom” (110); foute wat gemaak word laat onuitwisbare letsels, “Niks wat ek nou gaan sê, gaan regmaak of wegvat wat hierdie jaar gebeur het nie. Daarmee sal ek moet saamleef.” (200) totdat die lig uiteindelik weer deur die krake skyn: “...alles mag deurmekaar wees, maar dis steeds lewe. Iets wat aangaan, iets wat nie gestuit sal word nie.” (216)

Die teks is ‘n roman gebaseer op ‘n kykNET-draaiboek deur Ivan Botha, Donnalee Roberts, en Liani Jansen van Rensburg. Bloemhof het reeds met soortgelyke projekte, soos Vir die voëls en Pad na jou hart, bewys dat hy die emosie, karakters en gebeure met groot sukses na die gedrukte media kan oordra. Een keer om die son, in romangedaante, verleen ‘n nuwe dimensie aan die gelyknamige TV-reeks en sal sonder twyfel nuwe aanhangers oplewer, en oues opnuut aangryp.

#uitdieperdsebek






Profile Image for Amanda.
1,177 reviews
February 19, 2026
François Bloemhof is ’n ou hand wat betref die neem van ’n draaiboek om daarvan ’n roman te maak. Van sy vorige suksesse is Vir die voëls en Pad na jou hart. Die nuutste een volg gemaklik, naamlik en perfek vir die nuwe jaar, die gewilde Een keer om die son.
Die Van Wyk-gesin beleef ’n jaar soos nooit tevore en een wat hulle nie weer sou wou oorhê nie, want daar is geen waarborg dat dit beter sou gaan nie. Daar is ’n sterfte met geen voldonge oorsaak nie, ’n pa en drie kinders wat probeer oorleef binne die chaos wat die afwesigheid van ’n ma veroorsaak. Die ouma wat skielik afwyk van die gevestigde tradisies, die geduldige oupa – almal karakters wat lewend word tussen die bladsye van die boek, soos destyds op ons TV skerms.
Die temas wat aangespreek word, is wyduiteenlopend, maar meestal nogal moeilike onderwerpe. Dink aan ’n pa wat gedrewe is en nie ruimte laat vir sy seun se eie behoeftes nie, huweliksontrou, egskeiding, Alzheimer, rou, afskeid. Maar gelukkig is daar ook oomblikke van slim humor om die spanning te verlig: “Dankie vir die kos. Seën dit, asseblief, want ons weet nie wat dit aan ons liggame gaan doen nie.” (p.79)
Ek is persoonlik baie bly dat hierdie roman verskyn het voordat ek die volgende reeks begin kyk, sodat ek myself weer kon vergewis van die feite en die karakters. Dit is uitgegee deur Queillerie, ’n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.