Christiaan Mathys Bakkes was born on August 3 1965 in Vredenburg on the West Coast. He matriculated in 1983 at the Pro Arte Art School in Pretoria.
Christiaan was a game ranger in the Kruger National Park when he lost his left arm in February 1994 after two crocodiles attacked him while he was swimming in a dam. He travelled through Africa for five months after his recovery, worked for the WWF in the Kaokoveld in Namibia for three years, after which he worked for a safari company that conducted eco tours at the Skeleton Coast. He is currently a guide and area manager at Wilderness Safaris in Namibia. He lives in Damaraland in the northwest of Namibia.
His debut, Die lang pad van Stoffel Mathysen, was published in 1998 and four more books about the adventures of his alter ego, Stoffel have since been published. Most of these stories are based on real life experiences.
Stoffel by die afdraaipad was nominated in 2005 for the M-Net literary prize for short format texts (short stories, children’s or youth novels).
In 2008 In Bushveld and Desert: A Game Ranger’s Life, translations of several of his stories, was published.
Ek het nog nie voorheen ’n boek gelees deur Christiaan Bakkes nie. Dit verduidelik dalk waarom die boek vir ’n geruime tyd op my leeshopie bly lê het, die uitsonderlike buiteblad ten spyt. Toe ek egter ’n paar dae gelede die boek optel, het die gemaklike, vloeiende skryfstyl van die skrywer my dadelik meegevoer. Voeg daarby ’n baie interessante vermenging van feite en fiksie, en jy het ’n treffer in die historiese fiksie genre.
Die skrywer slaag baie goed daarin om die natuur en die olifante as karakters lewend te maak. Die konflik tussen mens en dier staan sentraal in die verhaal. Verder word die besondere dinamika binne ’n trop olifante goed uitgebeeld. ’n Verdere pluspunt is die geslaagde spanningslyn en die emosionele en fisiese stryd van Caleb Kelly om oorlewing van die Addo-olifante te bewerkstellig. Die olifantprobleem in die omgewing wat boere opstandig gemaak het, het die Kelly broers ook direk geraak. Toe die olifante hulle windpomp vernietig, was Caleb in sy woede van plan om ’n olifant te skiet. Maar hulle spaar sy lewe en daar word ’n besondere band gevestig tussen hom en die reuse diere. ’n Boek soos Soetdoring in die ruigtes demonstreer die waarde van ’n goeie historiese storielyn. ’n Suiwer geskiedkundige relaas van die hervestiging van olifante in ’n veilige park, sou nie by benadering soveel leesgenot verskaf het nie. Ek kan die boek aanbeveel vir enige leser met ’n liefde vir olifante en die natuur. Selfs al het jy ’n vrees vir olifante, soos ekself, gaan die boek jou diep raak. Soetdoring in die ruigtes is uigegee deur Human & Rousseau, ’n druknaam van Jonathan Ball Uitgewers.
Soetdoring in die Ruigtes is ’n aangrypende, sensitiewe en diep menslike roman wat feit en fiksie verweef om die geskiedenis van die Addo olifante lewe gee. Die verhaal begin in 1916 met Caleb Kelly, ’n jong veteraan wat getraumatiseerd terugkeer na sy familieplaas in die Oos Kaap. Sy ontmoeting met ’n jong olifantkoei wat sy lewe spaar, word die keerpunt wat sy woede in empatie verander. Van daar af ontwikkel hy ’n merkwaardige verbintenis met die trop wat tussen die ruigtes skuil.
Bakkes se beskrywings van die olifante se intelligensie, emosies en kommunikasie is roerend en oortuigend. Die kontras tussen Caleb se groeiende liefde vir die natuur en die boeregemeenskap se frustrasie oor die skade aan hul lemoenboorde skep ’n kragtige spanningslyn. Dewald Troskie, die grootwildjagter wat aangestel word om die olifante uit te roei, bring ’n donker, politieke en morele kompleksiteit na die verhaal.
Die roman se latere hoofstukke leun sterker op historiese feite, insluitend die rol van Percy Fitzpatrick en Deneys Reitz in die stigting van die Addo olifantpark. Dit is soms pynlik om te lees, veral die tonele van olifantslagtings, maar dit is juis hierdie rou eerlikheid wat die boek so belangrik maak.
’n Pragtige huldeblyk aan die natuur en ’n herinnering aan wat verlore kan gaan as ons nie bewaar nie.