Jump to ratings and reviews
Rate this book

Volmaan in Baviaanskloof

Rate this book
Fransien Theron, ’n jong kunstenaar, se lewe stort in duie wanneer haar man besluit om twee jaar ná hul babaseun se dood van haar te skei. Sy vlug na ’n afgesonderde kothuis in die Baviaanskloof, waar sy beplan om ’n einde aan alles te maak. Maar eers wil sy met volmaan bo-op die berg kom en vir oulaas gelukkiger tye herroep.

Die oggend van volmaan begin Fransien haar tog na die bergkloof se kruin en onder die waaksame blik van die maan gebeur iets wat Fransien se lewe onherroeplik verander.

In hierdie magiese landskap, waar skoonheid en wreedheid in ewewig bestaan, besef ons opnuut dat mens en dier se lot nie van mekaar geskei kan word nie – almal en alles is deel van ’n groter geheel.

’n Meesleurende verhaal oor verlies en die veerkragtigheid van die menslike gees.

220 pages, Paperback

Published January 27, 2026

Loading...
Loading...

About the author

Jeanette Stals

9 books7 followers
Afgetree uit die onderwys, en werksaam as toergids en gastehuis-eienaar, konsentreer Jeanette Stals op haar skryfwerk. Omdat sy graag misdaadfiksie lees, begin sy haar toespits op die spanningsgenre. Haar eerste boek in die reeks met Luna as hoofkarakter, Katoog, verskyn in 2016. Sedertdien skryf sy ook romanses en historiese fiksie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
7 (53%)
4 stars
4 (30%)
3 stars
2 (15%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Bambi.
178 reviews1 follower
March 22, 2026
Review in Afrikaans and then English.

Hierdie boek het my heeltemal ontkant gevang. Die storie is nie wat ek my voorgestel het nie, en ek sit met nog vrae, veral by die einde van die boek.

Volmaan in Baviaanskloof is in my opinie, 'n diep, emosionele en eg menslike verhaal (die lewe, liefde, eie liefde en vergifnis) van 'n vrou wat basies alles in haar lewe verloor, en opgegee het.

Fransien Theron het maar 'n eensame en ingewikkelde kinderlewe gehad, wat net erger geword het namate sy ouer geword het. Sy het 'n liefde vir kuns ontwikkel, en het besluit om dit na te streef. Hierdeur het sy ook haar toekomstige man, Hein, ontmoet en hulle is getroud. Na 'n paar maande is Nico gebore. Maar die lewe het vir Fransien 'n lelike streep getrek, en man- en kindloos gelaat. Sy besluit toe om na Baviaanskloof (behoort aan oom Gert en tannie Hester) toe te gaan en 'n einde aan alles te maak, Met die intrapslag kry sy teenspoed en ontmoet ook die man-kind, Tobie, maar beland tog op die plaas. Sy besluit om die kloof uit te klim tot heel bo as haar laaste lewenswens. Maar die lewe trek haar weereens 'n streep, en sy kom aangesig tot aangesig met 'n gewonde luiperd wyfie. Oom Gert kom agter Fransien word vermis, en roep Dolf, die natuurbewaarder (doen navorsing oor luiperds) nader om haar te help soek.

Sy word wakker in die hospitaal, en moet weer van voor af leer loop en onafhanklik word na haar ongeluk in die kloof. En dis hier waar nie net die fisiese wond, maar ook die geestelike wond tyd het om te genees. Sy leer mense op Baviaanskloof ken, en het 'n nuwe waardering vir haar medemens, haar kuns en haar lewe.

Soos ek genoem het, het ek my heel anders voorgestel hoe die storie sou wees, en was taamlik verras waaroor die boek eitnlik handel. Die skrywer het meer gekonsentreer op 3 karakters, waar hulle vandaan kom en hoe hulle groot geword het sodat die leser hulle omstandighede beter kan verstaan. Wat nogal oulik was, is die feit dat een van die karakters die luiperdwyfie is.

Die boek is 'n vinnige en maklike lees, met kort hoofstukke en nie 'n oorbeskrywing van gebiede en dade nie. Baviaanskloof is egter so mooi beskryf, dat selfs ek graag so plek in lewende lywe wil sien.


This story surprised me and was not at all what I expected. I'm left with more questions, especially the end!

Full moon in Baviaanskloof in my opinion, is a deep and emotional story about life, love, self-love and forgiveness. The story is about Fransien Theron that lost everything, and gave up.

This story describes the main character' struggles, first in her early life as a child and teenage years, up to her adult life as a married woman to Hein. She met her husband due to her love for art, and after they got married, they were blessed with a son, Nico. But due to an accident, she was left without her child and husband and decided to go to Baviaanskloof (owned by Gert and Hester) to end it all. On her way there, her car got stuck and she met a man-child, Tobie who is also an art lover. After her arrival at the lodge, she decided to climb the mountain containing gaps to reach to the top in order to end her life, but life had other plans for her. She came face to face with a wounded leopard! Gert in the meantime, discovered she is missing, and called Dolf, the game warden and leopard researcher to help find her.

Fransien wakes up in hospital and had to learn to walk and be independent again due to her accident on the kloof (mountain with gaps). And it's here where not only the physical wound healed, but also her emotional one. She got to know the people of Baviaanskloof, appreciate the small things in life, and enjoy her art again.

Like I mentioned earlier, this book took me by surprise. The writer concentrated mainly on three characters, telling the reader more of their history and where they came from, so that the reader can understand them better. The most surprising character had to be the one of the leopard.

This book was an easy and fast read with short chapters - actually finished it in once sitting, and the scenes was not overly described. What I really appreciate, is the description of Baviaanskloof. The writer did it in such a way, that I really want to go there and see it for myself.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,549 reviews89 followers
Read
March 19, 2026
#VolmaanInBaviaanskloof – Jeanette Stals
#HumanEnRousseau

Hedendaagse uitdrukkings wat in ʼn ligsinnige konteks gebruik word se oorsprong is selde so oppervlakkig soos die moderne vervlakking wat daaraan toegedig word. Om met die maan gepla te wees verwys in alledaagse taal na emosionele onstabiliteit, maar die antieke simboliek van die maan, veral die volmaan, se verhouding met menslike emosies is baie meer kompleks en verwys eerder na emosionele intensiteit as onstabiliteit. Insgelyks is die volmaan ook ‘n simbool van voltooiing, helderheid, transformasie, en reiniging.

Fransien Theron, ‘n jong Kaapse kunstenaar, assosieer die volmaan met onuitwisbare gebeurtenisse in haar lewe. Wanneer haar lewe inmekaarstort en sy wonder of dit inderdaad ‘n genade is om regop te bly staan wanneer die wêreld om jou vergaan (97) vlug sy na die afsondering van die Baviaanskloof waar sy die volmaan inwag.

‘n Luiperdwyfie met kolle op haar gesig so kenmerkend soos Fransina se moesie, is op ‘n parallelle reis in dieselfde kloof. Kort terugblikke in beide se verlede bind hulle aanvanklik met ragfyn drade aan mekaar, maar die delikate papies van ooreenstemming ontgaan ‘n metamorfose en bereik wasdom as volwasse skoenlappers met onmiskenbare songeel vlerke.

Die verhaal ontknoop soos ‘n geleidelike blootlegging van ‘n Venn-diagram. Eers is net die verskille sigbaar, dan neem die punte van ooreenstemming toe totdat die sirkels se oorvleueling alle voormalige verskille oorheers en dit onmoontlik word om die een van die ander te onderskei. Die tegniek om die narratief vanuit twee perspektiewe aan te bied en dit op die kritieke punt tot enkele bladsye van perfekte eenheid saam te smelt (130-135) word metafories gelykgestel aan die maansiklus se kortstondige perfeksie tydens volmaan.

Kuns is eweneens ‘n sentrale tema. Fransien se eerste indruk van haar tydelike verblyf is ‘n herinnering aan Van Gogh se slaapkamer in Arles, maar die persoonlike konflik neem toe totdat haar omgewing groter aanklank vind by Picasso se vernietigde stad in Guernica. Nes die wyfieluiperd instinktief weet om haar kennis en vermoëns aan haar welpies oor te dra om voortbestaan te verseker, dra Fransien ook haar kunskennis oor aan Tobie, die eenvoudige siel wat in feetjies glo, ‘n gepaste komplementering van die magiese omgewing.

Stals se oeuvre beslaan ‘n verskeidenheid genres, van misdaadfiksie (Katoog, Vermis, Dag Drie en Bloedbande) tot historiese fiksie (Diep spoor en Die oseaan tussenin) het al uit haar pen verskyn, maar hierdie omgewingsroman is ongetwyfeld haar Magnum Opus, ‘n lofsang aan balans en herstel wat in die menslike sfeer so noodsaaklik en onvermydelik is as in die natuur, selfs al is die afskeid, in die woorde van Kahlil Gibran, so pynlik soos ‘n vel wat met die eie hand afgeskeur moet word.

#uitdieperdsebek
220 reviews12 followers
May 2, 2026
Hierdie boek het my diep geraak. Jeanette Stals is 'n skrywer duisend. Sy vleg inligting in en uit tussen episodes van menslike gevoelens en die van twee kolle die luiperdwyfie. Die boeiende storie van Fransien, Tobie, Dolf en die luiperds het tot op die einde nie weggegee hoe alles bymekaar uitkom nie.
Profile Image for Amanda.
1,206 reviews
April 4, 2026
Ek lees van tyd tot tyd ’n boek wat tyd vra om in te sink alvorens ek my gedagtes daarrondom kan neerpen. Volmaan in Baviaanskloof is ’n perfekte voorbeeld daarvan. En selfs na die nabetragting voel ek myself onwaardig om iets by te voeg by die diep reis waarlangs Jeanette Stals my geneem het.
Fransien Theron is ’n jong kunstenaar wat oor die tydperk van ’n paar jaar méér verloor as wat enige mens behoort te dra. Haar baba-seun, haar huwelik, haar vermoë om vreugde te vind in kleure en verf. Soveel so, dat sy haarself afsonder op ’n plaas in die Baviaanskloof, vanwaar sy met volmaan, ’n einde wil maak aan haar troostelose bestaan. En waar sy traumatiese fisiese verlies ly.
Ek was verras met die treffende afwisselende perspektiewe van die luiperdwyfie en die getraumatiseerde vrou. Nog meer wanneer die perspektiewe vermeng, mens en dier, verlede en hede saamvloei. Bladsye 130-135 is ’n gedeelte wat gemerk moet word vir herlees, dit is so treffend geskryf.
Die skrywer maak die natuur en dierelewe ongeforseerd deel van die storielyn. Stap jy saam met Dolf deur die ruigtes (p.178) beleef jy die dassies, die eekhorings, die witkruisarend, ruik jy die luiperd.
Volmaan in Baviaanskloof, wat uitgegee is deur Human & Rousseau, is hoogs aanbeveel en sal op my rak bly om in die toekoms te herlees.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
March 12, 2026
Hierdie was vir my 'n heerlike lees. Nie heeltemal lekkerlees nie, maar ook nie sware letterkunde nie. Vir my 'n hoogsverteerbare lees met baie diepte. Daar is lieflike liriese dele, oortuigende emosionele belewing en net genoeg feite oor die Baviaanskloof en oor luiperds om mens bewus te maak van die bedreigde paradys wat dit is. (My diep geraak omdat ek al sit en bid het teen daardie berge op op 'n modderige grondpad - en ek was nie eens die bestuurder nie.)
Ek beveel dit ten sterkste aan vir enigiemand wat diepte met lekkerlees wil kombineer.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews