Jump to ratings and reviews
Rate this book

Einde en begin

Rate this book

256 pages, Kindle Edition

Published February 4, 2026

Loading...
Loading...

About the author

Michèle Meyer

48 books4 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (33%)
4 stars
8 (53%)
3 stars
1 (6%)
2 stars
1 (6%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Johannes Bertus.
179 reviews8 followers
March 2, 2026
Wanneer hulle flieks oor vergange tye maak, kleur rolprentmakers dit dikwels met die details uit daardie era wat vir moderne gehore opwindend en aanloklik lyk. Flieks oor die 1980’s sal millenniërs byvoorbeeld laat dink almal het disco gedans en in bokserige karre gery. Als dinge wat vir nuwe geslagte oulik is.

As jy egter wel in daardie tyd geleef het, weet jy die ou dae was eintlik gevul met ’n klomp vaal, alledaagse details wat nooit veel aandag getrek het nie, maar waarvan jy deurgaans periferaal bewus was. So was daar in die laat 1970’s, vroeë 1980’s byvoorbeeld ’n jaar of twee wat omtrent alles bruin en oranje was. Mense het vreeslike lelike swembroeke gedra. Daar was twee mense, Ryan O’Neal en Farah Fawcett, oor wie se liefdeslewe daar elke week in Huisgenoot ’n brokkie was, sodat jy van hul verhouding bewus was selfs al het jy geen idee gehad waarvoor hulle beroemd was nie. Daar was so ’n kaalbas seuntjie en dogtertjie oral, vergesel van die woorde “Love is …”

Elkgeval, dit alles om te sê ek het nogal nostalgies geraak met die lees van Michele Meyer se nuwe roman “Einde en Begin”, wat pas by Quellerie verskyn het, want sy verstaan hoe om die verlede te skets. Sy beskryf die sewentigerjare in destydse Rhodesië deur die oë van ’n voorskoolse dogtertjie, en die details voel eg. Sêgoed wat mens veertig jaar laas gehoor het, Jongspan-tydskrif, die fluisterstemme waarin mense gepraat het oor goed wat die Kerk se gramskap kon ontlok. Sentraal in die roman staan die manier waarop volwassenes destyds kinders probeer beskerm het deur hulle met halwe waarhede naïef te probeer hou - oningelig oor seks, apartheid, die vryheidstryd - en hoe dié naïwiteit kinders in wese meer kwesbaar gemaak het.

Ek het hierdie boek geniet en beveel dit aan. Nie dat ek ’n letterkundige is nie, maar daar is ’n groep nuwe Afrikaanse skrywers, almal tans so een of twee romans in hul oeuvre in, wat mens baie hoop gee.
Profile Image for Miemie Minty.
206 reviews3 followers
June 11, 2026
Einde en begin deur Michèle Meyer het my van die eerste bladsy af vasgevang. Haar skryfstyl is beeldskoon, deernisvol en so meesleurend dat mens heeltemal in Marié se wêreld verdwyn. Die verhaal balanseer kinderlike verwondering en die harde werklikheid van grootword op ’n besonder treffende manier. Dit is ’n boek wat nog lank ná die laaste bladsy by jou bly en weereens bewys waarom Michèle Meyer so ’n besonderse storieverteller is. Ek het dit absoluut geniet en beveel dit met groot entoesiasme aan. 🤍
Displaying 1 - 2 of 2 reviews