What do you think?

Helene de Kock Inspirasie-omnibus: Kruispad vir Kara & Engel op die drumpel
424 pages, Kindle Edition
Published February 15, 2026
About the author
Helene De Kock
70 books7 followersHelene se skryfwerk dek ‘n wye spektrum van genres. Sy doen ook joernalistieke werk en skryf resensies vir dagblaaie. Sy skryf al langer as dertig jaar lank en meer as 40 boeke is gepubliseer. Van haar vroeër werke verskyn nou in omnibusse, maar sy skryf steeds nuwe romans asook geestelike werk en kinderboeke. Daar verskyn binnekort nog ‘n omnibus en ook nuwe romans van haar. By CUM verskyn daar ‘n boek oor haar seun se dood met die titel ‘As dood Lewe word’. Sy skryf vir verskeie uitgewers soos Tafelberg Uitgewers, Human & Rousseau, Litera, CUM, Aktuapers en LAPA. Sy het ook ‘n gereelde rubriek naamlik ‘BBP’s’ op www.ekerk.co.za.
Helene skryf graag oor die liefde - maar net so belangrik in haar werk is die klem op die werklike lewe en die eise wat dit aan álle verhoudings stel. Sy verwys na haar romans as verhoudingsverhale. Sy het byvoorbeeld ‘n roman geskryf wat oor ‘n periode van byna ‘n eeu strek. Dit is die liefdesverhale van twee vroue wat nie slegs die trauma van oorlog ken nie, maar ook die pyn van verlange en wantroue. Helene het ‘n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands wat sy cum laude verwerf het. Sy het in 2008 ‘n toekenning gekry vir die beste meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteitvan Noordwes. Haar roman ‘Dieper Water’ is juis ‘n uitvloeisel van hierdie studie.
Sy skryf ook kortverhale wat al in bundels opgeneem is. Hierdie bundels is saamgestel deur T.T.Cloete, Jeanette Ferreira en Daniel Hugo.
Helene was verskeie male naaswenner met die ATKV/Sarie pryse vir vervolgverhale en ook die ATKV/rooi rose kortverhaalwedstryd. Al haar vervolgverhale is in boekvorm deur verskeie uitgewers uitgegee en ander romans het weer direk in boekvorm verskyn. Sy gee sporadies lesings oor Skryfkuns aan die Skryfskool van die Noordwes Universiteit asook by die Universiteit van Pretoria.
http://www.helenedekock.com/

Ratings & Reviews
Friends & Following
Create a free account to discover what your friends think of this book!
Community Reviews
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
June 18, 2026
Met die pragtige Helene de Kock Inspirasie-omnibus in my hand, het ek vrymoedigheid geneem om by die skrywer aan te klop met ’n paar vrae, wat sy goedgunstiglik beantwoord het.
Ek wou in die eerste plek weet of sy sulke romans wat vir herpublikasie oorweeg word, moet redigeer. Haar antwoord was baie duidelik en goed gemotiveer: sy skaaf nooit aan heruitgawes nie omdat dit goed is dat lesers ’n boek binne sy tydvak lees. “Al beweeg die karakters teen die tydsgees in”, het sy gesê.
Verder wou ek weet of sy, as skrywer, insae het in die keuse van boeke vir ‘n omnibus, waarop sy positief geantwoord het dat sy wel insae het en dit moet goedkeur.
Die produk van hierdie proses is die kombinasie van Kruispad vir Kara, oorspronklik uitgegee in 2018, en Engel op die drumpel, uitgegee in 1999. Daar is nogal heelwat raakpunte tussen hierdie twee romans in die geestelike fiksie genre. Die hoofkarakters in albei is studente aan Tukkies en albei is pratige meisies wat die aandag trek van mansstudente wat sosiale en akademiese aansien geniet. Jannes Conradie en Hein Leroux deel egter ’n swakte: hulle is nie ouens wat erns maak met verhoudings nie.
Liriese taalgebruik en goeie kennis van die Woord asook die gawe om dit toepaslik in die storielyn te verweef, maak van Helene de Kock se boeke iets besonders, sonder om prekerig oor te kom. Haar karakters ly verlies, hulle voer ’n geloofstryd, het baie wroeging, en hulle moet indringend selfondersoek doen alvorens daar uiteindelik oorwinning kom. Vir die romantiese siele is daar ook die belofte van liefde wat oorwin.
Die Inspirasie-omnibus is uitgegee deur Lux Verbi, die geestelike druknaam van Jonathan Ball Uitgewers. Jy sal dit oral in goeie boekwinkels kan opspoor.

August 16, 2026
Baie mooi boek en die stories is daar n les om te vat
Displaying 1 - 2 of 2 reviews