Jump to ratings and reviews
Rate this book

Rebekka van Kameeldoornplaas

Rate this book
Tussen oorloë, tussen families, tussen wêrelde.
Getoë as ’n kampkind tydens die Anglo-Boereoorlog, word Rebekka as arm bywoner groot op Kameeldoornplaas, wat aan die ryk Wright-familie behoort. Bekkie is ’n skrander leerling, lief vir skool en haar boeke. Toe sy noodgedwongedie skool verlaat om na die Wrights se dogtertjies te kyk, dink sy dis tydelik. Maar haar versukkelde, verminkte pa “verkoop” haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy haar land en mense agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word. In die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind. Gelukkig is prof. Wright die leergierige Bekkie goedgesind. Onder sy leiding verbreed haar kennis oor alles van Britse kookkuns tot wêreldpolitiek. Dis hier waar haar oë oopgaan. Dis ook hier waar sy die professor se broerskinders, Richard en David, bevriend. Maar oorlog broei op die horison en die noodlot is nog lank nie klaar met Rebekka nie. Waar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? Is sy regtig die jong dame van die herehuis in Oxford?
Wat dan van die kaalvoet kind van Kameeldoornplaas?

436 pages, Paperback

Published June 1, 2026

Loading...
Loading...

About the author

Irma Joubert

30 books372 followers
Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy begin eers skryf toe sy einde 2004 aftree ná 35 jaar van onderwys. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se “Spesialis Joernalis van die Jaar”. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
87 (58%)
4 stars
46 (30%)
3 stars
13 (8%)
2 stars
2 (1%)
1 star
1 (<1%)
Displaying 1 - 9 of 9 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,600 reviews92 followers
Read
July 29, 2026
#RebekkaVanKameeldoornplaas – Irma Joubert
#Lapa

Betuel het sy dogter, Rebekka die keuse gegee om die bekende agter te laat – of nie. Sy het Isak gekies, en is met geskenke oorlaai voor haar vertrek. Dieselfde was haar naamgenoot van Kameeldoornplaas nie beskore nie; as bywonerskind is sy in 1913 deur haar pa verruil vir dertig sikkels silwer, oftewel, aldus haar broer Piet wat nie die rykdom of sofistikasie van Laban gehad het nie: “Pa het jou loop verkoop vir so ‘n banksak vol tjelt.” (20)

Die mees gesofistikeerde deel van die kaalvoet Kalaharikind se minuskule wêreld was eens die onderwyser op die fiets, Mister Matthews, alhoewel haar ouers geen erg aan haar onderwysdrome gehad het nie: “Miester Mêfjoes is opgeskeep met edukasie” (20), maar op reis na Oxford, waar sy as kinderwagter sou aantree, moes haar ongekunsteldheid opsy staan vir wêreldwysheid, “Dis ‘n groot, groot skip, die Edinburgh Castle, met baie mense op. Meer mense as wat selfs op antie Christina se begrafnis was, en dáár was baie mense.” (29)

Haar ontluiking tot ‘n Engelse dame was egter ‘n veelkantige swaard. Op elfjarige ouderdom moes sy verantwoordelikheid vir twee jonger kinders aanvaar en die dinge van ‘n kind vaarwel toeroep terwyl die oorlogswolke oor haar kop begin saampak, “Elke Sondag kom lê daar ‘n ysterklip op haar bors...” (61)

Deur Rebekka se insae in enkele koerantberigte en haar korrespondensie met geliefdes wat deel van die geallieerde magte uitmaak, word die gruwels van die loopgrawe, doringdraad, chloorgas, en die donker dag van Dywelsbos lewendig in die teks. Die hartverskeurende tonele wat soos die stert van ‘n komeet op die Spaanse Griep volg, word eweneens op ‘n evokatiewe wyse beskryf: “Dit voel of sy teen ‘n muur vasbid. Die vrees is die hele donker vertrek vol. Here?” (405)

‘n Kontinuïteitsblaps steek wel sy kop uit; die teks open in Januarie 1913 (7) , Rebekka arriveer in Oxford in Maart 1913 (34) , maar sê in Desember 1914 (135) dat sy reeds byna drie jaar daar is (135, 152). Dit doen egter nie afbreuk aan die besondere vermoë van die skrywer om die geskiedenis op papier te laat herleef nie. Rebekka se soeke na behoort en identiteit word gelouter deur die eksterne omstandighede van haar tyd; vasgevang tussen twee wêrelde is sy ‘n produk van twee oorloë, twee kontinente, twee tale en twee kulture.

Daar kan weinig twyfel bestaan dat ‘n opvolgroman geregverdig is; Rebekka is ‘n ontluikende karakter wie se storie verdien om volledig vertel te word.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,245 reviews
July 31, 2026
Soos dikwels die geval is met ’n Irma Joubert roman, lyk dit intimiderend, maar as jy begin lees verdwyn bladsye en hoofstukke werklik vinnig – tyd ook! Voor ek my oë kon uitvee, was dit knap na middernag en die laaste woorde gelees. Hierdie is een van die skrywers wat telkens verras met ’n vars aanslag, al is daar al baie geskryf oor oorloë en oorlewing.
Ek word maklik kriewelrig wanneer ’n karakter se ouderdom en sy of haar woorde en gedagtegang mekaar weerspreek. In Rebekka van Kameeldoornplaas kry Irma Joubert dit meesterlik reg om ’n bywonerkind presies só te laat klink wanneer sy vrees dat sy haarself gaan “te plettervrek” val, of moeite het om te praat asof met ’n warm patat in die mond. “‘Sorry Mêm ... Ma’am. It woun’t hêppen ... happen again.’ Dekselse patat.”(p.46) Baie vermaaklik ook was die ongeletterde Piet wat praat “sonder leestekens”.
Rebekka word as elfjarige deur haar pa verkoop en weggeneem Engeland toe om as kinderoppasser van twee kinders te werk, dit terwyl sy self maar ’n kind is. Die hartseer wat sy daar beleef, word treffend weergegee: “Die alleenwees elke aand word ’n swart monster met kloue wat om haar keel vasgryp en die huil uit haar oë wurg tot die kussing nat is.” (p.53)
Dit word ’n interessante reis saam met hierdie jong karakter wat merkwaardige deursettingsvermoë toon, deur die oorlog en later ook die vernietigende Spaanse griep. Die newekarakters is ewe goed ontwikkel. Die wending wat die verhaal na die einde se kant toe aangeneem het, het my grootliks verras en laat beslis die deur oop vir ’n opvolg.
Rebekka van Kameeldoornplaas is ’n publikasie van Lapa, ’n afdeling van Penguin Random House SA.
190 reviews11 followers
June 23, 2026
Rebekka is 'n elfjarige bywonderskind en moet die moeilike Maggie en kleine Bunny oppas. En wanneer die ryk engelse familie terugkeer na Oxford, word haar pa 'n sak pennies gegee en moet sy saamgaan. Daar in die vreemde vind sy haarself in 'n ander wêreld - sy slaap in 'n regte bed, kry netjiese, skoon klere en eet beter as wat sy tuis sou kon eet. Maar, die nuwe kultuur bring verwarring vir haar, want haar siel is steeds gewortel in haar tuisland. Sy worstel met die verlange, met die feit dat daar belowe is sy sal 'n 'edukasie' kry, en natuurlik met die bittere koue. En seker die heel meeste met haar menswees - is sy steeds Rebekka van Kameeldoornplaas, of is sy nou Rebecca van Oxford.
Dan, weens omstandighede wat sy skaars verstaan, vertrek die twee kinders en hulle ma eendag om nooit weer terug te keer nie, en sy bly alleen in die herehuis agter saam met die professor. Skielik moet sy alles in die huishouding behartig, maar gelukkig sorg haar stoere plattelandse opvoeding daarvoor dat sy moedig aanhou ter wille van alles wat sy by die professor kan leer. Wanneer die oorlog egter 'n al hoe groter impak op hulle lewens het, verander die situasie sodanig dat Rebekka nie langer in Oxford wil bly nie. Maar, met haar terugkoms na die Republiek, wag daar verdere trauma op haar.
Soos 'n mens al verwag van díe formidabele skrywer, is daar natuurlik báie meer aan Rebekka se verhaal as dit wat ek genoem het. Terwyl ek dit gelees het, het ek soms gevoel asof dit effens gefragmenteer voel - maar ek reken dat dit juis so knap is omdat dit sekerlik is hoe Rebekka die lewe in daardie jare ervaar het. Niks het ooit natuurlik en gemaklik gevloei nie. Dan word Rebekka se emosionele- en identiteits-verwarring ook duidelik tuisgebring in kort stellings wat net so terloops verwys na die swart gevoel van 'n Sondag middag of 'n gedagte wat sy het oor haar ouboet, Piet, wat veg in die oorlog. Die taalgebruik van Rebekka en haar mense het my 'n paar keer laat glimlag - soos 'plettervrek geval' en 'stoksielsalig alleen'. Dis 'n boeiende boek wat jou laat lag met 'n traan, en wat die bitter moeilike omstandighede van bywoners duidelik tuisbring. Die Geskiedenis is deeglik nagevors en verleen goeie konteks aan die hele verhaal.
Profile Image for Hanlie.
659 reviews25 followers
Review of advance copy received from Publisher
May 31, 2026
Hierdie was ñ tone krul lekker lees wat my meegesleur het van die 1st bladsy af.
Jy beleef die hartseer geluk en verlange saam met Bekkie.

Dit is hartverskeurend on te dink hierdie is dinge wat werklik gebeur het. Ek kan nie eers begin om te dink hoe angswekkend dit moes wees vir n 11 jarige meisie om op n skip te klim en na n vreemde land ver van haar familie af geneem te word nie. 'n Land waar haar moedertaal nie gepraat word nie en met kos en n klimaat wat sy geensins ken nie.

Dit is n storie wat ook vir ons weereens die brutale en ook hartverskeurende kant van die oorlog wys en hoe dit lewens verander en verwoes het.

Hierdie is definitief n storie wat lank by my sal bly en ek kan nie wag om te sien waar die lewe Bekkie volgende neem nie.
1 review
June 7, 2026
Wonderlike storie

Ek het soveel geleer uit die storie uit, dinge wat in 1918 gebeur het waarvan ek nie bewus was nie. Ek kon net nie ophou lees nie.
1 review
August 8, 2026
Soos gewoonlik stel Irma Joubert nie teleur nie! Ek hoop ons kan binnekort die res van Rebekka se verhaal verwag!
Displaying 1 - 9 of 9 reviews