Skinderpraatjies veroorsaak dat speuradjudant Storm van der Merwe tydelik geskors word. Die omgewingsaktivis Jane English nooi haar uit om tot verhaal te kom op haar wildplaas buitekant Barrydale. Maar Jane het ’n verskuilde agenda: ’n sindikaat het die vorige week bitter skaars vetplantjies van haar plaas gestroop en sy smeek Storm om die smokkelnetwerk oop te vlek. ’n Blitslekker krimi oor omgewingsdiefstal deur die topverkoperskrywer Irna van Zyl, wat afspeel in Hermanus en die Klein-Karoo.
Irna van Zyl is the author of the thriller "Dead in the Water". She is an award-winning journalist and media entrepreneur who headed up De Kat, Insig and Boeke-Insig before becoming a full-time writer. She lives in Cape Town with her partner, two dogs and a cat.
Irna van Zyl is die skrywer van die riller "Moordvis". Sy is ’n bekende mediapersoonlikheid en was onder meer redakteur van De Kat, Insig en Boeke-Insig voordat sy heeltyds begin skryf het. Sy woon in Kaapstad saam met haar lewensmaat, twee honde en ’n kat.
Ek het hierdie boek so geniet dat ek dit binne 24uur klaar gelees het! Interessant hoe baie navorsing in só ñ boek ingaan. Ek was glad nie bewus van die stropery van vetplante tot ek daarvan gelees het in Wild Things Never Die, en nou weer in Kanniedood. Skrikwekkend!
Kanniedood was vir my 'n uitstekende 4⭐⭐⭐⭐ lees. Van die eerste bladsy af het die boek my ingetrek en nie weer laat los nie.
Storm is sonder twyfel een van my gunsteling boek karakters. Sy gee absolute "badass vibes". Sy is intelligent, vasberade en nie bang om moeilike besluite te neem nie.
Wat vir my regtig uitgestaan het was hoe goed die raaisel geskryf is. Op 'n stadium was almal vir my 'n verdagte en vir my is dit 'n teken van 'n sterk spanningsroman. Net wanneer ek gedink het ek het alles uitgewerk, het die storie my weer in 'n ander rigting gestuur.
Die spanning was eenvoudig perfek. Daar was verskeie oomblikke wat ek op die punt van my stoel gesit het en moes net aanhou lees om uit te vind wat volgende gebeur. Die spanning was meesterlik gebou.
As jy hou van boeke met sterk karakters, slim wendings en spanning wat jou laat aanhou lees tot diep in die nag, is Kanniedood beslis die moeite werd.
'n Spannende krimi vol geheime, verdwynings en gevaar waar Storm van der Merwe in 'n internasionale vetplantsmokkelnetwerk vasval. Nie net ’n lekker storie vol aksie wat jou vasgryp van begin tot einde nie, maar ook ’n belangrike herinnering aan hoe kosbaar ons natuur en omgewing is!
Wat 'n meesterstuk was hierdie boek nie! Ek was van begin tot einde op die punt van my stoel. Die hoofstukke is so kort en meesleurend dat jy, voor jy jou oë uitvee, al 'n groot deel van die boek gelees het — en dit eenvoudig nie kan neersit nie. Vol aksie, spanning en naelbyt-oomblikke wat my laat aanhou lees het. Dit was my heel eerste moordondersoek-/speurverhaal, en ek moet sê: ek is behoorlik beïndruk! Hierdie boek het my beslis lus gemaak om meer in die genre te lees. My gunstelingkarakters was sonder twyfel Storm en die hond Purdey. 🐕❤️ Baie dankie aan Jonathan Ball Publishers Local vir hierdie wonderlike saamleesgeleentheid. Ek het elke bladsy geniet!
Agter die fabel van die plaasmuis en die stadsmuis is ‘n les oor die waarde van habitat verskuil. As ek in die see is, is ‘n haai skrikwekkend, maar sou ek my bo in ‘n boom bevind, sal dieselfde haai van honger omkom as ek sy enigste aandeteplan is. Plante is geen uitsondering nie; die ideale habitat verseker nie net optimale groei nie, maar is dikwels noodsaaklik vir oorlewing.
Adjudant Storm de Villiers se gekose habitat is haar loopbaan in die speurdiens, die nie-verhouding met Andreas Moerdyk, die koestering van haar hond, Purdey, en die teenwoordigheid van haar huismaat, Shirien Niemandt, en haar tweeling. Wanneer dit baksteen vir baksteen wegval, word haar emosionele oorlewing bedreig. Sy word uit die polisie geskors, Moerdyk se pogings om bande tussen hom en sy vervreemde tienerseun te herstel, geniet prioriteit in sy lewe, Purdey is besig om die stryd teen veroudering te verloor, en Shirien kry alternatiewe verblyf nadat ‘n skinderstorie tussen hulle kom staan.
Die ergste is dat die skinderstorie nie geheel en al onwaar is nie; Storm het wel ‘n vlietende verhouding met Kai Jonas gehad. En nou is sy ma dood, moontlik genadedood aan sy hand, en derhalwe moord ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing. Haar uitnodiging om ‘n ou vriendin van haar ma in die Klein-Karoo te besoek, lyk soos manna uit die hemel, maar wanneer dit lei tot haar betrokkenheid by plantstropery en internasionale misdaadsindikate, neem die gewaande manna die gedaante van vuur en swael aan.
Storm is ‘n kanniedood-rateltaai protagonis in verskeie romans uit Van Zyl se vaardige pen. Die uitdagende omstandighede, trauma, ‘n onlangse beroerte en persoonlike verliese wat haar hierdie keer te beurt val, bring ‘n weerloosheid na vore: “En daarna kom die trane. Groot, harde snikke wat uit haar maag boontoe borrel en deur haar keel opklink as ‘n lang, kermende weeklag.” (42)
Die primêre antagonis is vir die grootste deel van die roman gesigloos. Die leser ontmoet haar agter kursiefgedrukte woorde wat met tussenposes in die hoofteks verskyn. Aanvanklik is sy ‘n anonieme, ambisieuse karakter wat haar merk in die sakewêreld probeer maak, haar telkens teen weerstand vasgeloop het, maar dit as motivering vir volharding aangewend het eerder as om boedel oor te gee: “Die nagmerries het nie weggebly nie. Die geweld van die slag was te groot. Die aggressie te veel. Die vrees? Ja, dit ook. Maar haar woede was groter. Dringender. ‘n Voortstuwende dryfkrag.” (310)
‘n Botsing tussen haar en Storm is onvermydelik. En daar kan net een wenner wees.
Die formaat van ‘n spanningsroman is so belangrik soos die habitat van ‘n plant, daarsonder is oorlewing immers in gedrang. Van Zyl wend verskeie tegnieke aan om die perfekte ruimte vir volgehoue spanning te skep; die openingstoneel is gedateer 14 Maart 2024 en beskryf Storm as ‘n gevangene, “Haar voete en hande is styf vasgebind met plastiekkabels.” (9)
Die daaropvolgende hoofstuk voer ‘n tydsprong uit na 19 Februarie 2024 en beweeg dan chronologies, met die kursiefgedrukte perpektiefwisselings en ‘n terugflits na ‘n misdaadtoneel in 2009, as uitsonderings totdat die sirkel voltooi met die terugkeer na 14 Maart in hoofstuk 77 en dan die patroon herhaal tot kort voor die slothoofstuk.
Soos wat selfs ‘n kanniedoodplant moet veg vir oorlewing buite sy habitat, word beide protagonis en antagonis ook uitgedaag om in minder as ideale omstandighede nie net te oorleef nie, maar genoeg reserwes te behou sodat die finale konfrontasie op gelyke voet kan plaasvind.
Die roman is ‘n vernuftige illustrasie van die wisselwerking tussen literêre tegnieke wat benodig word om ‘n optimale spanningsroman te skep, simbolies van dieselfde simbiotiese interafhanklikheid duidelik waarneembaar in die natuur wat as ruimte ingespan word.
Sjoe maar tannie Irna van Zyl kan sulke Aandag trekkende storie skryf.
4 Stere
Wow wow. Ek hou nogals van criminele stories en series tv maar die boek was uiters goed. Ek het nie verwag dat hy my sal so intrek met al die intruge en al die krimmels van invermasie wat so stuk stuk vir ons gevoer word nie. Die boek was rerig n lekker lees gewees.
Storm was n goeie speerder in my oogpunt. Sy het haar dar maar wie het nie. Ek het nogals fie kombinasie van Jane gehou en hoe Kai ook vir haar probeer beskerm het. Ek het nogals van die sindikaat gehou dat hulle almal n deel het en n doel gehad het. Kai het verstaan en probeer keer dat daar niks verkeerd gaan nie, daar was n oomblik wat ek gewonder het aan wie se span Kai was maar toe ontrafel alles baie mooi.
Dit was n baie goeie boek en ek sal dit aan beveel vir almal wnat dit is n maklike vinnag lees en die storie is so maklik om te volg.
Dankie @jonathanball_local vir die ARC copie. Dankie aan tannie @irnavanzylauthor wat sulke goeie boek geskryf het.
Speuradjudant Storm van der Merwe is weer terug. Hierdie boek is deel van 'n reeks maar jy kan dit baie maklik lees sonder dat jy die ander boeke gelees het. Ek het die vorige een, Kwaaiwater, ook baie geniet.
Storm word geskors van die polisie en moet 'n dissiplinere ondersoek ondergang. Terwyl sy van die werk af is, word sy deur een van haar ma se goeie vriende, Jane English, gevra om te kom help met iets op haar plaas.
Jane wil he dat Storm 'n sindikaat moet oop vlek wat skaars vetplantjies stroop en oorsee verkoop. Storm se gewese minnaar, Kai, is ook deurmekaar met die spul stropers. Sy half-broer, Eldred, is die leier van die bende.
Ek het nie tot op die laaste paar hoofstukke uitgewerk wie agter die stropery was nie.