As die dood onverwags en gewelddadig kom, is dit regtig beter om vinnig, sonder lyding, saam te gaan? Het die meeste mense nie daardie oomblikke nodig om te bely en vergifnis te vra nie?
’n Middeljarige tandarts, tereggestel in sy sitkamer. Teen die muur, een woord. In bloed. Adjudant Colin Menck kyk na die “skoon” toneel en hy is oortuig dis ’n professionele moordenaar se werk.
Wie het hom gehuur? Die hoofverdagte is die slagoffer se vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen om so ’n dood te verdien?
Minder as ’n week later staan Menck weer voor ’n muur met sewe bloederige letters. Die enigste verbintenis tussen die twee slagoffers is nog ’n ongelukkige vrou, ’n eks hierdie keer, hulle seuntjie ’n twispunt.
Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier. En iemand uit ’n hoofstuk in sy lewe waarvan hy eerder wil vergeet.
Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf?
Martin Steyn het in misdaadfiksie gedebuteer met Donker spoor wat groot lof uitgelok het. En Steyn gaan verder, hy deursoek die bose sowel as die geregtigheid en die verminkte wêreld waarin al twee die botoon wil voer.
Martin Steyn het begin skryf as gevolg van Stephen King. Nadat hy The Dark Half gelees het, was hy selde sonder ’n boek met Stephen King se naam voorop. En toe tel hy ’n potlood op en skryf ’n storie van sy eie. ’n Paar jaar later het reeksmoordenaars hom na die misdaadgenre toe gelok. Dit het Steyn gefassineer dat hierdie mans vreemdelinge vir hulle plesier jag en hy het begin om boeke oor Jeffrey Dahmer en Andrei Chikatilo te lees, terwyl hy die plaaslike koerant dophou vir berigte oor ’n reeksmoordenaar wat die liggame van jong seuns tussen die duine los, skaars 30 km van Steyn se huis af.
Hy het Sielkunde en Kriminologie deur die Universiteit van Suid-Afrika studeer, en ’n honneursgraad in eersgenoemde verwerf. Daarna het hy reeksmoordenaars en profielsamestelling in erns bestudeer en dit opgevolg met navorsing oor misdaadondersoek in Suid-Afrika. Tussendeur het hy ook sewe artikels oor Suid-Afrikaanse misdade vir die Crime Library geskryf, onder meer oor die reeksmoordenaar Moses Sithole.
In 2014 word Steyn se eerste misdaadroman, Donker Spoor, deur LAPA Uitgewers gepubliseer. Die volgende jaar word dit met die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur bekroon, en in 2016 ontvang Skuldig dieselfde toekenning.
Steyn heg groot waarde aan realisme en wanneer hy nie voor sy rekenaar sit nie, is dit baie moontlik dat hy by ’n speurder of forensiese deskundige is. Dit herinner hom telkens dat dit gewone mense is wat die stryd voer om geregtigheid te kry vir dié wie se laaste hoofstuk in ’n moorddossier neergeskryf word.
--
Martin Steyn got into writing because of Stephen King. After reading The Dark Half he was constantly lost in one of King’s worlds until, one day, he picked up a pencil and wrote a story of his own. A few years later, serial killers got him into crime writing. Fascinated by how these men came to hunt strangers for pleasure, Steyn began reading books about Jeffrey Dahmer and Andrei Chikatilo, while scanning the local paper for reports on the serial killer dumping the bodies of young boys in the dunes a mere 30 km from where Steyn lived.
He studied Psychology and Criminology at the University of South Africa, obtaining an honours degree in the former. Then he studied serial killers and profiling in earnest, following it up with research into the investigation of violent crime in South Africa. He also wrote seven articles about South African crimes for the Crime Library website, including one about the serial killer Moses Sithole.
In 2014 Steyn’s first crime novel, Donker Spoor, was published in Afrikaans by LAPA Publishers. The next year it was awarded the ATKV’s “Woordveertjie” for Suspense Fiction. In 2017 the English version, Dark Traces, followed, receiving a starred review from Kirkus.
Steyn places a premium on realism and when not behind his PC, can often be found questioning a detective or forensic expert, a constant reminder that it is normal people who fight to get justice for those whose final chapter ends up being written in a murder docket.
Ek dink ek is so bietjie bederf met Deon Meyer en Rudie van Rensburg.
Die hoof karakter Adjudant Offisier Menck en sy side kick Winters was nou nie regtig uniek en uitsonderlik nie.
Dit voel ook asof die skrywer so klein bietjie die pot mis gesit het met sy beskrywings. Party is ongelooflik oorbodig (veral die neiging om elke liewe karakter se klere te beskryf maak nie saak hoe inkonsekwent hulle is nie) en ander situasies het meer verduideliking nodig gehad.
Maar as mens die bogenoemde krapperigheid wegvat is die storie self is beslis boeiend, veral na die halfpad merk.
Dit was ook aangenaam om vir verandering ‘n boek te lees waar n polisie man se huis lewe stabiel en liefdevol is.
As jy van spannende speur vehale hou en nie noodwendig ‘n noue konneksie met die hoof karakters moet he om die boek te geniet nie dan kan jy gerus hierdie skrywer ‘n kans gee.
'n Uitstekende tweede boek, selfs beter as Donker Spoor - 'n meer doelgerigde storie wat teen 'n beter pas ontvou, en daar is baie minder dooie kolle en dwaalspore. Ek sal wel opmerk dat Menck vir my nie heeltemaal so 'n boeiende hoofkarakter is as wat Magson was nie, maar dis nie 'n groot faktor nie.
Laat ek reg aan die begin bieg: ek was nog nooit ’n gretige leser van misdaadfiksie nie. Maar ek is vinnig besig om agter te kom dat ek iets mis. Op die oomblik beperk ek my tot Deon Meyer, Robert Galbraith en die Yslander Yrsa Sigurdardóttir, met enkele ander ekskursies in die genre – bloot weens die geweldige aanbod, en dalk ook omdat ek van my brillense ligroos getint hou.
Maar ek weet wanneer ’n storie my beetpak en boei, wanneer ek hulpeloos oorgegee is aan die krag van ’n vertelling. En dit kry Martin Steyn reg met Skuldig – ek het vasgenael gelees.
Steyn het in 2014 gedebuteer met Donker spoor, waarin Jan “Mags” Magson die marteldood van ’n aantal tienermeisies ondersoek het. Hy het sedertdien van loopbaan verander: die ontsteltenis was te groot. Sy spanmaat, Colin Menck, moet nou in Skuldig met ’n nuwe medewerker saamwerk: Derek Winters is 15 jaar jonger as hy en al is daar nie fout met hom nie, voel Menck ongemaklik sonder Magson om hom by te staan.
Dan word ’n middeljarige tandarts in sy huis tereggestel – die moord is klaarblyklik baie professioneel gepleeg. Voor sy dood het die slagoffer met sy eie bloed die woord “skuldig” teen die muur geskryf. Die rede vir die moord, die rede waarom Willem Vorster as “skuldig” gesien word, is duister.
’n Week later is daar nog so ’n moord. En kort daarna ’n derde. Wat is die gemeenskaplike faktor? Is die reeks eindeloos, of is daar ’n stel mense wat skuldig is aan een bepaalde daad?
Menck, as sentrale karakter in Steyn se tweede boek, worstel met hierdie saak, veral met die komplisering daarvan. Hy is ’n enigmatiese kernfiguur, uniek onder die speurfigure waarvan ek kennis dra, omdat hy nie gebuk gaan onder ’n gebrek of ’n krisis in sy lewe nie. Hy is ’n gelukkige gesinsman, baie verlief op sy vrou, gaande oor sy kinders – en uiteindelik word hierdie liefde, hierdie geluk, deel van die verhaal.
Steyn bevolk sy roman met ’n hele aantal interessante karakters wat Menck bystaan in sy werk. Die verhoudinge wissel, maar is meestal gemaklik omdat hulle mekaar lankal ken. Soms is die gesprekke by ’n moordtoneel lighartig, ligsinnig selfs; die leser kom gou agter dat hierdie gemeensaamheid nie disrespek aandui nie, maar ’n poging om die wrede werklikheid van die taak te hanteer. Die karakteruitbeelding sorg dat die leser omgee vir die mense wat ons samelewing beveilig; jy wil hê hulle moet slaag in hul doel en heelhuids uit die stryd tree.
Nog ’n sterk punt in Steyn se vertelling is die gedetailleerde beskrywing. Dis duidelik dat hy deeglik navorsing gedoen het en baie goed weet hoe ’n lykskouing byvoorbeeld werk. Die besonderhede verryk die verhaal (selfs al raak dit soms effens grillerig!), bring die leser onder die indruk van die erns van die verhaal en sorg ook dat jy weet hoe opmerksaam ’n polisielid met misdaadtonele en speurwerk moet omgaan om suksesvol te vorder. Die detail sorg ook dat die verhaal deeglik in ons dag en tyd geanker is.
Ek reken dat ook meer ervare misdaadlesers Skuldig sal geniet. Die deernis waarmee Steyn sy karakters uitbeeld en die helder beeld wat hy skep van die omgewing en die misdade verseker dat ek beslis in die toekoms leestyd sal afstaan aan sy verhale – en hy beter vinnig skryf aan die derde boek, want Skuldig maak dit heeltemal te duidelik dat die lewe nie eindig by die laaste bladsy nie! (Resensie geskryf vir Media24 se Boekeblad)
Steyn's second novel is a rewarding read, even if one is not a seasoned reader of crime fiction. He has done thorough research, draws his characters with empathy and entices the reader to read almost without breaking right to the end. And then bite nails while awaiting the third novel - what a cliffhanger!
In een woord? Briljant! Dis vir my selfs beter as Deon Meyer!
Die hoofkarakter kon meer boeiend gewees het, maar dalk is dit deel daarvan wat hierdie boek so goed maak - sy eenvoudige, eentonige, vervelige hoofkarater.
Nie te min, kan hierdie boek beslis aanbeveel. Dit lees maklik, is boeiend en laat jou wonder... tot die laaste sin.
Skuldig het 'n baie interessante storielyn gehad. Daar was 'n paar baie intense oomblike, maar steeds het die boek vir my 'n te stadige pas gehad. Ek het probeer om verwagting laag te hou omdat ek nie die skrywer ken nie. Ek dink Marin steyn is 'n goeie skrywer en sal nog van sy boeke wil lees. Ek het baie min tyd gehad om te lees, so dit het my baie lank geneem om die boek klaar te lees, dink dit het ook 'n effek gehad, maar het tog die boek baie geniet. Daar was vir my onnodige gedeeltes, maar dit was seker om die prentjie in kleur oor die karakters. Ek het gesukkel om met hulle te vereenselwig. Sal steeds aanbeveel om te lees.
Ek waardeer die fyn humor in Martin Steyn se boeke. Tussen die moorde is daar altyd 'n skerp waarneming en relevante kommentaar op die Suid-Afrikaanse samelewing. Hierdie boek het 'n baie deeglik gestruktureerde storielyn met 'n sluipmoordenaar van formaat. Ek het bitter vinnig sy volgende boek opgespoor.
Twee besware: twee derdes in die storie in is dit asof die skryfwer goed soek om die leemtes te vul tot die storie tot 'n einde kan kom. En, dat die hoof karakter se gesin 'n teiken word van die moordenaar. Andersins het ek die detail van die omgewing, gebeure en mense geniet. Die verloop van die moorde laat jou nie toe om die moordenaar uit te pluis nie.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Liewe GENADE. Op 'n punt moes ek maar eers bietjie neersit... Martin Steyn het die spanning van begin tot einde volgehou en soms dit so bietjie gedruk dat ek maar eers 'n koppie tee gaan maak het. Ek is maar 'n bietjie van 'n papbroek; ek het 'n vreeslike verbeelding en het my erg ingeleef. Die storie was vir my sterk, vinnig-vloeiend, persoonlik, empaties en op die man af. Ek voel vir Menck. Ek hou van Winters - kry hom selfs bietjie jammer omdat ek meer weet van Menck se gedagtewereld as hy. Die storielyn lyk omtrent soos 'n hartmonitor op 'n pasient wat 'n paar hartaanvalle na mekaar kry! Maar wat ek dink die kersie op die koek is, is die ontknoping en hoe Martin my selfs 'n sagte gedagte laat spaar vir die moordenaar. Martin gebruik die kontemporere onderwerp van BDSM eerlik om sy storie te vertel.
Een of twee klein goedjies het my opgeval wat ek dink met 'n goeie proeflees opgelos kon word (bv, op bl345 tot 346 is Menck se foon op silent; hy skakel Winters en "sit dit weer op silent" - jy kan bel al is die foon op silent en as hy op silent is, is hy op silent). Maar dis klein jakkalsies.
Ek sal sukkel om by hierdie mens se boeke verby te loop as hulle op 'n rak sit en wink vir my.
Skuldig is die tweede boek uit die skrywer se pen. Dis 'n polisie prosedure verhaal van 'n speurder wat 'n moord ondersoek op 'n man wat deur 'n onbekende persoon verhoor en tereggestel is. Daar is heerlike spanningsvolle oomblikke wat jy saam met die hoofkarakter asem ophou. Net soos met Donker Spoor is hierdie 'n lekker boeiende verhaal wat jy nie wil neersit voor jy by die laaste bladsy gekom het nie.
Skuldig is 'n verbetering op al die goeie punte van Martin Steyn se debuut. Hy hou al die drade van 'n baie stewige plot behendig bymekaar, skep nealbyt spanning, spreek donker temas vreesloos aan en skep lewendige karakters wat later by jou spook deur wildvreemde mense wat jy op straat sien.