Kaapstad word deur 'n reeksmoordenaar geteister. Die Romeo-en-Juliet-moordenaar se slagoffers is almal tieners. Verliefde paartjies. En almal word op dieselfde manier gevind: die lyke langs mekaar neergelê, hul hande inmekaargevleg. Die meisies het 'n steekwond in die bors en die seuns is vergiftig.
Terwyl die polisie probeer om die moordenaar vas te trek, beland 'n groepie niksvermoedende tieners in 'n gevaarlike web wat al stywer span ...
Hierdie boek was die naaswenner in LAPA Uitgewers se Jeugromankompetisie 2011.
Knew who the killer was from the beginning, sadly it was blatantly obvious:( The characters are way to full of stereotypes, it felt like that was all to their personalities. But I did like how the book ended, it wrapped up very nicely. Overall an okay book.
Just the book I needed to get myself back into reading Afrikaans. Short, no fluff, just the right amount of teen drama and angst. The plot was by no means original, but it was fast-paced, believable and enjoyable. I liked the jump between the points of view of the teens and the main investigator of the Romeo-and-Juliet serial killer, too. If you're in the mood for a quick young adult crime read, this one's for you!
Ek het na 'n oudioboek geluister. Die voorleser was effens stokkerig en eentoon. Maar andersins net genoeg spanning, tiener sêgoed en 'n knorrige speurder.
'n Lekkerlees-kombinasie van 'n groep tieners wat nie in die sieldodende skoolwêreld inpas nie en 'n reeksmoordverhaal. Binne 'n betreklik kort bestek vertel Diedericks-Hugo twee stories: een oor die wel en wee van vier skeibrekers wat deur die skoolstelsel gestraf word, en een oor die polisie wat 'n moordenaar probeer vastrek. Met vinnige hale skets sy die karakters heel oortuigend, vul die verhaal met besonderhede en komplikasies en lei die leser blitsvinnig deur 'n opwindende reeks gebeure wat helaas hopeloos te geloofwaardig voorkom. Jonger tieners en tweedetaallesers behoort hierdie boek te verslind.
Diedericks-Hugo combines two genres in this short and well-plotted novel: on the one hand she tells us about four teenagers who do not fit into the stultifying world of school; on the other about the police trying to catch a serial killer preying on teenage couples in love. With assured strokes she draws convincing characters and builds up an exciting narrative that younger teens and especially second language readers should lap up.