Hulle ken mekaar nie, hierdie twee mans, elkeen met ’n donker lewe agter hulle, al twee onweerstaanbaar.
En albei het ’n ding wat hulle jaag, hulle lewe oorheers. Vir Cody is dit die jag op meisies, soveel as moontlik, so gou en so kortstondig as moontlik. Want die jag gaan immers oor hom en wat hy aan homself moet bewys. Vir Owen is dit die brute krag wat hy in die gimnasium opbou, wat hy daarmee kan vermag, die geveg wat hy daarmee kan wen en só sy groot deurbraak kan maak: Verloor is nie ’n opsie nie. Baklei tot jy breek.
Uiteindelik is dit Lauren wat hulle paaie laat kruis. Só word sy hulle gemeenskaplike obsessie, dalk omdat sy ook op ’n noodlottige pad is en die verraderlike spel beter kan speel as wat syself vermoed het.
Tussen alles deur duik een onheilspellende naam telkens op: Black Valentine. Maar die plek bestaan nie werklik nie. Dis onmoontlik. Daar is nie so ’n klub nie, reg?
Fanie Viljoen is ’n deurwinterde skrywer wat sy hand al aan verskeie genres gewaag het. Prooi is die eerste spanningsroman uit sy pen.
Fanie Viljoen is a well-known Afrikaans author, living in Bloemfontein, South Africa. A full-time writer, illustrator, and artist, Fanie has written numerous short stories, radio plays, and books for children and teenagers. Three of these books have won awards for youth literature - the Sanlam Prize for Youth Literature, the ATKV-woordveertjies ('word feathers') and the M.E.R. prize for youth literature.
Nie 'n boek vir sissies nie, maar uitstekend aanmekaargesit. Die skryfstyl pas by die haastige, gedrewe karakters en die boek lees lekker. Die skrywer teken 'n donker kant van Kaapstad/Slaapstad wat mens nie sommer sal vermoed nie, maar wat sekerlik wel bestaan.
The only reason I have this book two stars was because, for some reason, I kept telling myself it was satire, & that if I held out to the end, it'd eventually make sense.
Afrikaans is my mother tongue, one that I'm slowly losing the ease & skill of. So, I'm bringing myself closer to my heritage through one of my favourite hobbies: reading. I haven't read much Afrikaans literature in my adulthood, so I was quite excited to embark on this journey. I've been dabbling in poetry (gorgeous) & dipped my toe into a novel or two (so nostalgic), but THIS book was so underwhelming, I'm sommer skaam to be labelled an Afrikaner.
As a rule, I don't read books with a female lead written by a man - I've learnt it only leads to disappointment. But, hey, we're trying something new, right? Turns out sexism translates, & translates WELL in this book. From the ridiculous "girlypops getting ready together for a night out, sipping on champagne in their lingerie, bragging to one another about how slutty their outfits are going to be", to the COUNTLESS (& I do, unfortunately, mean that I lost count) times women's bodies were sized up against each other & commented on.
There is also a very narrow, & frankly surprisingly conservative, portrayal of the BDSM/kink scene (that's historically gone hand-in-hand with the LGBTQ+ community.) Something that's only properly brought into the story at the end of the book, with the entire novel building up to this dark & scary place - often referred to as hell.
This book was like reading what was supposed to be an exciting storyline, written by the Afrikaner stereotype that I believe we're all tired of being compared to by now: conservative, violent, sexist, homophobic, extremist, tasteless.
Fanie Viljoen kan skryf oor toiletpapier en ek sal steeds die verhaal geniet. Ek het nog nie 'n boek van hom gelees wat nie boeiend was nie.
Hierdie boek bevind homself bo aan die range van al die Afrikaanse fiksie wat ek al gelees het. Seks, weelde, verhoudings, familie probleme, interne struikelblokke en 'n rapsie misterie. Opwinding met betrekking tot die eindelose nuwe verwikkelinge met Cody se "jagtog" op meisies, Owen se (grenslyn psigotiese?) woede uitbarstings en dan natuurlik die Black Valentine raaisel. En een meisie / obsessie in die middel. Die boek eindig nie soos wat jy dink jy wil hê dit moet eindig nie, maar tog wanneer jy die laaste bladsy voltooi, is jy tevrede.
Waarskuwingselemente: dwelms, geweld, bloed, seks, dood
Prooi is die verhaal van 3 jong mense - Owen, gedrewe oosterse vegkuns tier, Cody, doellose selfgeabsorbeerde narcis en Lauren, beeldskoon en sensueel maar sonder werklike anker. Die drie se paaie kruis met mekaar en die geheime klub "Black Valentine" met sy misterieuse eienaar is waar als bymekaar kom.
Aanvanklik het ek die boek klaar gelees en gesug en gedink, aarde, maar as die jeug vandag so is het ons reuse probleme. Die drie hoofkarakters het my almal intens geirriteer. Ek besef dat ek geen raakpunt met daardie generasie en hulle probleme het nie. Maar hoe meer ek dink aan die boek hoe meer meen ek dit is tog die lees werd - tog die nadink en waarskuwing.
'n Redelike storie met 'n spanningslyn wat my nie altyd geboei het nie - dink ek tog sal party mense die boek werklik geniet