Jump to ratings and reviews
Rate this book

Van man tot man

Rate this book

319 pages, Kindle Edition

Published August 7, 2026

Loading...
Loading...

About the author

Olive Schreiner

231 books91 followers
Olive Schreiner (24 March 1855 - December 11, 1920), was a South African author, pacifist and political activist. She is best known for her novel The Story of an African Farm, which has been acclaimed for the manner it tackled the issues of its day, ranging from agnosticism to the treatment of women.

From Wikipedia:
Olive Emilie Albertina Schreiner (1855-1920) was named after her three older brothers, Oliver (1848-1854), Albert (1843-1843) and Emile (1852-1852), who died before she was born. She was the ninth of twelve children born to a missionary couple, Gottlob Schreiner and Rebecca Lyndall at the Wesleyan Missionary Society station at Wittebergen in the Eastern Cape, near Herschel in South Africa. Her childhood was a harsh one: her father was loving and gentle, though unpractical; but her mother Rebecca was intent on teaching her children the same restraint and self-discipline that had been a part of her upbringing. Olive received virtually all her initial education from her mother who was well-read and gifted.[clarification needed] Her eldest brother Fred (1840-1901) was educated in England and became headmaster of a school in Eastbourne.

When Olive was six, Gottlob transferred to Healdtown in the Eastern Cape to run the Wesleyan training institute there. As with so many of his other projects, he simply was not up to the task and was expelled in disgrace for trading against missionary regulations. He was forced to make his own living for the first time in his life, and tried a business venture. Again, he failed and was insolvent within a year. The family lived in abject poverty as a result.

However, Olive was not to remain with her parents for long. When her older brother Theophilus (1844-1920) was appointed headmaster in Cradock in 1867, she went to live with him along with two of her siblings. She also attended his school and received a formal education for the first time. Despite that, she was no happier in Cradock than she had been in Wittebergen or Healdtown. Her siblings were very religious, but Olive had already rejected the Christianity of her parents as baseless and it was the cause of many arguments with her family.

Therefore, when Theo and her brother left Cradock for the diamond fields of Griqualand West, Olive chose to become a governess . On the way to her first post at Barkly East, she met Willie Bertram, who shared her views of religion and who lent her a copy of Herbert Spencer’s First Principles. This text was to have a profound impact on her. While rejecting religious creeds and doctrine, Spencer also argued for a belief in an Absolute that lay beyond the scope of human knowledge and conception. This belief was founded in the unity of nature and a teleological universe, both of which Olive was to appropriate for herself in her attempts to create a morality free of organized religion.
After this meeting, Olive travelled from place to place, accepting posts as a governess with various families and leaving them because of the sexual predation of her male employers in many cases. During this time she met Julius Gau, to whom she became engaged under doubtful circumstances. For whatever reason, their engagement did not last long and she returned to live with her parents and then with her brothers. She read widely and began writing seriously. She started Undine at this time.
However, her brothers’ financial situation soon deteriorated, as diamonds became increasingly difficult to find. Olive had no choice but to resume her transient lifestyle, moving between various households and towns, until she returned briefly to her parents in 1874. It was there that she had the first of the asthma attacks that would plague her for the rest of her life. Since her parents were no more financially secure than before and because of her ill-health, Olive was forced to resume working in order to support them.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (62%)
4 stars
3 (37%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 1 of 1 review
Profile Image for Helené Coetzee.
78 reviews6 followers
September 27, 2026
“Sy kyk na hulle, en kyk dan weg. Hierdie stil, vredige lewe – waarvoor verruil sy dit? Vanaand, byna te laat, begin sy die ou balansstate teen mekaar opweeg om die vraag weer te vra. Waarvoor verruil sy dit, hierdie lewe waarin die regte ding om te doen eintlik ook die maklikste en aangenaamste asook die vanselfsprekendste daad is, waarin mens nie verskeur word tussen ’ek wil’ en ’ek moet’ nie; ’n lewe waarin daar genoeg vir ander gedoen word om ’n diep, dankbare gevoel van bevrediging te skep, terwyl dit terselfdertyd ruimte laat om ongehinderd ’n individuele lewe te lei – ’n rustige, vreedsame lewe, waarin die raserige, babbelende, bekommerde, kommerwekkende wêreld net een keer per week deursluip wanneer die posman briewe en koerante van die dorp kom aflewer; ’n lewe waarin nuus van die buitewêreld opdaag met ’n varsheid wat dit nooit kan hê vir diegene wat in die haas en harwar van die groot strome van die lewe leef nie; ’n leergierige lewe waarin mens buitengewone kennis van plante kan opdoen, en vreugde vind in insekte en klippe; ’n deurdagte lewe waarin mens in die harte van boeke kan inkruip soos mens net kan inkruip wanneer die wiele van die daaglikse lewe saggies en rustig maal; ’n lewe waarin lyding gering is en plesier, selfs grys getint, kalm is en konstant? Waarvoor verruil sy dit?”

Hierdie aanhaling is maar net een van vele wat my aangegryp het in die lees van Van man tot man: ’n Roman deur Olive Schreiner. Voltooi en verwerk deur J.M. Coetzee. In Afrikaans vertaal deur Antjie Krog. Wat ’n verruklike boek is hierdie nie! Ek het kort voor lank besef ek sal moet ophou onderstreep, anders sou ek die hele boek bladsy vir bladsy moes inkleur.

Olive Schreiner het in haar leeftyd glo na hierdie boek verwys as haar magnum opus, haar grootste werk. Al het sy byna 40 jaar daaraan geskaaf, het sy dit nooit voltooi nie. Ses jaar na haar dood, presies 100 jaar gelede, het haar man dit laat publiseer – net so, sonder ’n slot. Hierdie manuskrip het weer die lig gesien toe dit in 2015 deur UCT Press uitgegee is as From Man to Man or Perhaps Only deur Olive Schreiner, geredigeer deur Dorothy Driver. Driver is bekend as ’n akademikus wat veral op Suid-Afrikaanse vroueskrywers fokus. Haar weergawe is destyds aangevul deur briewe en tekste oor die roman, in Schreiner se eie woorde, maar ook met Driver se insigte. ’n Slot is uiteindelik geskep uit dit wat Schreiner oor die boek aan vriende en familie vertel het – ’n slot wat heel anders is as die een wat ek pas gelees het.

Want nou onlangs, in 2026, verskyn hierdie meesterstuk weer, maar hierdie keer met ’n heeltemal ander benadering. Van man tot man is (her)verwerk en voltooi deur ons eie Nobelpryswenner (en toevallig Driver se lewensmaat), J.M. Coetzee, en in Afrikaans vertaal deur almal se gunsteling-genie, Antjie Krog. Ek moet bieg: dit was Krog en Coetzee se name op die projek wat my na die boekwinkel laat haas het, maar ek weet sonder twyfel dat dit Schreiner se weerbarstige gees was wat my na die laaste bladsy laat jaag het.

Ek kon eintlik hierdie resensie skryf deur net te vloek en te sê: “Waarvoor wag jy, lees dit en gesels onmiddellik met my hieroor!” Maar ek is ’n ordentlike plaasmeisie en weet wat die samelewing van my verwag. Nes Rebekkah en Bertie, die vurige hoofkarakters van hierdie enorme roman. Hulle het hul lewe lank geweet wat die samelewing (in hulle geval die Suid-Afrika van die laat 1800's) van hulle verwag, en in Bertie se geval het sy swaar gedra aan daardie las.

Hier is kortliks waaroor die storie gaan: Twee susters word groot op ’n plaas in die Karoo. Ousus trou en trek Kaap toe, en na ’n traumatiese ervaring vlug kleinsus stad toe. Daar ontdek sy alles waarop sy uitgemis het as plaaskind, maar leer gou dat die vryheid van Nuweland haar nie volkome vrylaat van dít wat van haar as jong dame verwag word nie. Sy vlug wéér, en die res van die roman soek ons saam met Rebekkah na Bertie. Daar is interessante mans, oulike kinders, wonderlike skadukarakters en die mooiste natuurbeskrywings – sonder enige mooiskrywery.

Hier is ’n lys van die dinge wat my die meeste geroer het tydens die lees van hierdie boek, in geen spesifieke volgorde nie:
*Die briljante taalgebruik en beeldskone woordkeuse: Die roman word aangebied in ’n Afrikaans wat só mooi is dat dit my opnuut op die taal verlief laat raak het. Dink aan murg-Afrikaanse woorde soos blousyselbos, groenvlekduifies, bitterbessie, sapdruppende takkies, klapperbos, langstertapies en vygies. Of evokatiewe frases soos “’n glinsterende kroonkandelaar”, “stervormige diamantoorbelle”, “krulletters bo die deur” en “die vuurrooi blos op haar gesig”.
*Schreiner se insigte: Haar gedagtes oor ras, geloof, die huwelik, rykdom, die natuur, sibbeverhoudings, moederskap en hul gemeenskap is verstommend. Mens hoor dikwels dat sy haar tyd vooruit was, maar vir my het daardie stelling altyd by die een oor ingegaan en by die ander uitgegly. Tot nou toe. Hierdie vrou is op filosofiese vlak ’n absolute visioenêr, en ons kan geweldig baie baat vind by wat sy te sê het. Ek gaan nie daaroor uitwei nie; ek daag jou eerder uit om dit self te lees en die wêreld uit haar eie mond te hoor.
*J.M. Coetzee se foutlose aanvoeling: Sy verwerking van die teks sorg vir ’n verhaal wat soepel en glad lees. Die nuwe einde wat hy geskep het, is werklik bevredigend. As ek nie vooraf geweet het dat Schreiner dit nooit self voltooi het nie, sou ek dit 100% as haar eie, oorspronklike slot aanvaar het.
*Antjie Krog se vertaling: Dis doodeenvoudig geniaal. Onder haar hande voel die boek in murg en been na egte Afrikaans.*
*Die suiwer leesgenot: Die storie is sommer net pleinweg LEKKER om te lees. Van die heel eerste proloog af móés ek, wóú ek net weet wat van hierdie parmantige dogtertjie en haar babatjie gaan word. Waar gaan die noodlot hulle besorg, en wie gaan daar wees om hulle te beskerm? En wat word bedoel met die titel, Van man tot man, as die boek duidelik oor twee formidabele vrouens gaan?

Van man tot man het homself tot op die boonste rakke van my gunstelingboeke gelanseer. Dit is een van daardie wat ek dadelik vir almal wil uitleen, maar tegelykertyd wil koester en oor en oor lees. Soos die blakerteks sê, Van man tot man is eietyds en volkome gepas vir vandag se lesers, en dít op sigself maak van hierdie roman ’n absolute moet-lees.
Displaying 1 - 1 of 1 review