Jump to ratings and reviews
Rate this book

My groot vet Griekse egskeiding

Rate this book
In Polly en haar man Archie se boekwinkel sit klante en koerant lees terwyl hulle na die ou jukebox luister en aan Griekse gebak peusel. Maar Polly se wêreld stort in duie toe sy op ’n dag tuis kom en hoor Archie is weg in ’n luukse motor saam met ’n welbedeelde blondine. ’n Jaar later is Archie stééds weg. Hy stuur kriptiese boodskappe aan sy kinders en uiteindelik een aan sy prokureur waarmee hy Polly se aansoek om ’n egskeiding aanvaar. Toe daag hy nie op vir die hofverskyning nie, en Polly begin wonder of die man ooit nog lewe. My groot vet Griekse egskeiding gaan oor die soeke na Archie, Polly se gesukkel om te skei, nuwe vriende en ’n ongelooflike nadraai. Pat Stamatélos se roman is deurspek van die humor en patos waarvoor sy bekend is.
http://myafrikaans.com/my-groot-vet-g...
1 person is currently reading
3 people want to read

About the author

Pat Stamatélos

10 books8 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (17%)
4 stars
13 (44%)
3 stars
7 (24%)
2 stars
3 (10%)
1 star
1 (3%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
June 3, 2015
Met My groot vet Griekse egskeiding (met ironiese verwysing na die film My big fat Greek wedding) bring Pat Stamatélos weer eens ‘n klompie kleurvolle karakters in haar lesers se lewens in.
Aanvanklik lyk dit (soos in sommige van haar ander boeke) na ‘n ligte komedie, in hierdie geval oor ‘n vrou wat nie van haar wegloopman geskei kan kom nie. Mettertyd kom meer nuanses egter na vore en word dit die verhaal van ‘n vrou wat weggegooi voel en probeer sin maak uit haar man se verdwyning, maar ook gaandeweg haar voete sonder hom vind en mettertyd besef sy wil hom nie weer terughê nie. Soos in van haar ander verhale getuig hierdie roman van ‘n intieme kennis van die Griekse kultuur en die eise wat dit stel aan iemand wat daar (of in enige ander kultuur) introu. Archie is oënskynlik ‘n moeilike, selfgesentreerde man vir wie dinge op sý manier moet verloop, maar mettertyd word die leser ook bewus van meer diepte in sy karakter. Hy is ook maar ʼn mens met sy eie vrese en onsekerhede.
Gugu die flambojante huweliksraadgewer, Catherine die getroue huishulp en vertroueling van Archie en Monica die bejaarde vriendin, bring telkens ‘n glimlag na vore, maar daar is veel meer diepte in hierdie karakters as wat die leser aanvanklik vermoed. Veral die twee swart vroue word oortuigend uitgebeeld en bly in mens se kop vassteek.
Die klem op besittings en etikette en Polly se kommer oor haar finansies terwyl sy lustig geld uitgee, kan mens verder verlei om hierdie vroue as vlak te beskou. Dit laat dink mens ook aan chicklit, waar dieper kwessies dikwels agter oënskynlike oppervlakkighede weggesteek word. (In die Engelse skryfwêreld word soms gepraat van ‘henlit’ vir chicklit wat oor ouer karakters gaan. Hierdie boek kan dalk in hierdie kategorie val – as mens nou sou aandring om dit in ‘n boksie te druk.)
Uiteindelik is My groot vet Griekse egskeiding veel meer as ʼn lighartige vertelling van die kaskenades van ʼn verskeidenheid aweregse vroue. Dis eintlik ‘n verhaal oor die skade wat stilbly aan menselewens kan aanrig en Catherine en Polly se diep pyn is wat uiteindelik hierdie leser sal bybly. Mens wil soms vir Polly ʼn dwarsklap gee omdat sy nie net gepráát het nie. Maar ons weet ongelukkig dis nie so eenvoudig nie. Vroue is dikwels te trots of te skaam (of ʼn ingewikkelde kombinasie daarvan) om te praat en ly dikwels jare lank vir sondes wat nie hulle sʼn is nie.
Hierdie leser hoop daar is nóg waar hierdie een vandaan kom!
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
146 reviews8 followers
May 19, 2015
'n Heerlike lees - Pat Satmatelos het die talent om karakters te skep wat sommer baie vinnig diep in mens se hart kruip - of jou dadelik ontstig. Hierdie boek is propvol van albei soorte met 'n heerlike storie waarin hulle leef. Baie op die trant van haar vorige ligter boeke (4 Begrafnisse en n troue en Madeliefies van Staal) word onderwerpe wat tog ernstig is op 'n ligte manier hanteer.

Wat my egter werklik ontstel is dat so 'n goeie boek 'n lelike redigering/uitgewersfout het. Dit is baie duidelik dat een van die karakters, Neo , aanvanklik Leo geheet het met die skryf van die boek want op ten minste twee plekke is nagelaat om die verandering aan te bring.

Beslis die lees werd - geniet, en lag met 'n traan.
Profile Image for J.
83 reviews10 followers
December 1, 2015
Diegene wie verwag dat hierdie boek enigsins oor Grieke handel - 'n leser soos ek byvoorbeeld - sal teleurgesteld wees om te weet dat die storie omtrent heeltemal uit 'n einste Afrikaanse vrou en sekere Griekse karakters se perspektiewe bestaan.

Om eerlik te wees het die boek my soms laat gril: daar is 'n hele klomp swart karakters wat duidelik in 'n twee dimensionele mate optree. Byvoorlbeeld die Afrikaans-gemagtigde vriendin Gugu wie haar blykbaar ontferm oor enige klein probleempie (die klagtes van 'n "wit madam" insluitend) word sommer toevallig ontmoet in die straat en 'n gesteurde Pollyanna maak onverbasende rassistiese uitlatings. Dus kan ek dié so stel: as jy 'n genuanseerde Roman met 'n intressante hoofkarakter wil hê, dan gaan Stamatélos jou in die steek laat.

Andersins, 'n bevredigende en redelik mooi geskrewe boek.
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
July 19, 2015
oe, ek geniet darem haar boeke. het nou al haar boeke gelees.

hierdie een was weer heel anders as die ander - en lekker onvoorspelbaar.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.