Jump to ratings and reviews
Rate this book

Judaskus

Rate this book
http://myafrikaans.com/judaskus.html
Iemand se beendere word gevind op ’n stortingsterrein . . . Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede, en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het, en sy enorme posseël-meevaller weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende van binne uitgeroei word. Is dit dalk nié doodgewone bende-oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hul midde wees − die een met die vlymskerp broodmes? Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . . .

ebook

First published January 1, 2015

27 people are currently reading
76 people want to read

About the author

Rudie van Rensburg

29 books66 followers
Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA (HOD) en BA (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede-stigter en uitgewer van Bloemnuus (die eerste gratis weekkoerant in die Vrystaat) sou word en later die redakteur van Die Ekonoom (’n landwye saketydskrif). Hy was ook verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo voordat hy in 1987 Kaap toe verhuis en hom by Sanlam aansluit. In sy twee dekades by Sanlam is hy onder meer senior bestuurder: reklame, uitgewer van die kliëntetydskrif Sanlamklub en hoof: borgskappe en promosies.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg), en word opgevoer by al die groot Afrikaanse kunstefeeste. Die Begrafnis verskyn ook in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters.

Sy debuutroman, Slagyster, was een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

Hy skilder ook die afgelope 26 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid-Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy is getroud met Lize en het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
66 (33%)
4 stars
102 (51%)
3 stars
30 (15%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 11 of 11 reviews
Profile Image for Sonja Arlow.
1,237 reviews7 followers
September 30, 2019
Ou Kassie het oral opdraande. By die werk, met sy seel versameling en vir seker met die nuwe mooi buurvrou.

Komplotte, geheime sektes, juweel diefstal sindikate en verraaiers sorg vir ‘n spanningsvolle en vinnige plotlyn wat geen kritiek by my kon kry nie.

Daar is baie te prys aan hierdie storie en as jy die eerste 2 geniet het gaan jy virseker hierdie een verslind.

Nou vir die groot wag tot ek my hande op die volgende boek kan kry.
Profile Image for Tania.
1,454 reviews358 followers
September 7, 2019
Een van die redes hoekom ek bly is ek is Afrikaans, is Afrikaanse misdaadfiksie. Ek lees ook gereeld Engelse spanningsverhale, maar dit vergelyk net nie met ons plaaslike boeke nie. Ek dink daar is twee redes hiervoor: Eerstens is daar altyd heelwat humor in die Afrikaanse boeke en tweedens bied ons land se politieke en kriminele agtergrond 'n realitiese omgewing vir misdaadstories.

Volgens my was hierdie die beste Kassie nog. Daar is 'n paar storielyne wat op die einde saamkom met 'n groot geknal!

Die volgende boek in die reeks is reeds op my bedkassie. As jy Deon Meyer boeke geniet, moet jy Rudie van Rensburg op jy moet leeslysie sit.
Profile Image for Mareli Thalwitzer.
514 reviews29 followers
November 9, 2020
Judaskus is my eerste kennismaking met Rudie van Rensburg en Kaptein Kassie Kasselman. Ek het nou wel nie die eerste twee gelees nie (nog nie), maar man, ek hou van die mannetjie. (Ek verwys hier na Kassie. Rudie kan nou nie juis as 'n "mannetjie" aangespreek word nie.) Met sy rooi windjekker en plat geroomde hare, is hy onpretensieus en dra hy nie homself halfpad dood aan bagasie nie. So hier en daar lees ons van sy bagasie raak, maar ou Kassie kan sy spoke goed in die kas hou met 'n lucky en 'n glas cream soda.

Kassie is 'n polisie kaptein by die Nuwlandse polisiestasie en speurtak. Sommer met die invalshoek is dit duidelik dat die span by hierdie stasie al 'n wyle saam werk en baie vertroue in Kassie se vermoeëns het, sonder om aan hom baasspeurder status te gee. Dit was vir my as gereelde misdaad-leser, heerlik om 'n span te "ontmoet" waar daar nie onderliggende spanning tussen 'n paar groot kokkedore is nie, of te veel gekweste of dooie koeie in die sloot lê nie. Verfrissend!

Die storielyn spring sommer dadelik boeiend, maar waterdig weg. Dit wil nogals gedoen wees om met meer as een storielyn en meer as een karater te gelyke tyd af te skop en die leser volg gemaklik sonder om terug te blaai of jou eie jy-beter-by-bly-bord hoef te skep.

Ek moet nog gewoond raak aan die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse misdaad genre. Ek ken eintlik maar net vir Deon Meyer en verslind sy boeke soos 'n honger leeu in die Kalahari. Irma Venter en Chris Karsten is nog redelik nuut op my radar. Met die lees van Judaskus besef ek, ek hou van Afrikaans misdaad. Dalk moet ek myself net beter uitdruk, geen mens kan van ons misdaad hou nie, ek hou van ons misdaadfiksie. Dit is geloofwaardig, sal/kan/het moontlik gebeur en jy hoef glad nie te dink dis onwaarskynlik, of dankie tog dis net 'n storie nie. Dit is ons realiteit.

Vir die res van my lesersindruk oor Judaskus, volg gerus die aangehegde skakel. 'n Gemaklike 4 sterre van my kant af.

Judaskus deur Rudie van Rensburg
Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
August 4, 2015
Kassie Kasselman is verlief! Kyk, daar is baie om oor Judaskus te sê: die plot is waterdig, die spanning loop hoog, die Boere-Mafia moor links en regs, iemand neem wraak met 'n broodmes, die karakters is so eg en lewendig dat ek sweerlik een van die dae in Kassie of Rooi gaan vasloop. Als goed en wel. Maar komaan, Kassie is verlief! En boonop het hy 'n moerse geluk getref met 'n seëlversameling... Rudie van Rensburg op sy beste!
Profile Image for Cecilia.
130 reviews15 followers
November 16, 2015
Hierdie boek was selfs beter as die vorige twee!
Profile Image for Susanna.
257 reviews7 followers
March 26, 2021
udaskus
Rudie van Rensburg (@rudievanrensburg1)
.
Hierdie boek was my 2de Kassie Kasselman boek en selfs beter as die eerste ene! Weereens kom ek net nie die boek ophou lees nie - dis so spannend en onvoorspelbaar! Jy weet die speurder moet die kroeks vang, maar die storie beweeg so gou jy weet nie of hul ooit gaan inhaal nie.
.
Hierdie keer is daar n string moorde in die Kaapse Skiereiland wat almal dieselfde metode het - moord met 'n broodmes. Dan is daar tussendeur nog moorde wat op 'n manier verband hou tussenin gemeng, genoeg om enige speurder nagmerries te gee. Gelukkig is Kassie Kasselman die speurder wat dit moet oplos.
.
Van juweeldiefstal, bene in 'n vullishoop, ossewabrandwag, oorsese kontakte, die 'Orde' - die boek het alles en meer om jou vasgenael te hou van bladsy een af. Ek beveel die boek beslis aan as jy hou van 'n lekker misdaadriller.
Profile Image for Christina Rothfusz.
967 reviews26 followers
December 1, 2020
My gunsteling Kassie sover.

Wanneer 'n sak beendere op 'n stortings terrein gevind word weet Kassie dit gaan moeilik wees om die saak op te los. Die leidrade neem hom van geheime organisasies in die tweede wereld oorlog tot 'n mafia organisasie in moderne SA. Die groep wat uit die Osswa Brandwag onstaan het om te veg vir Afrikaner regte het omgesit in 'n kriminele bende wat wentel om geld en mag.

En daar is daar die nuwe vrou in Kassie se gebou. Hy het jare laas so verspot verlief gevoel. Dan die bokse seels wat hy van 'n vriend erf wat hom nagte wakker hou.

Kan nie wag op die volgende een

Profile Image for Johann Van Deventer.
12 reviews
May 20, 2025
Is daar miskien 'n ondersteuningsgroep vir mense wat verslaaf is aan Rudie van Rensburg boeke?? Ek dink ek het hulp nodig- hahaha.
Dit het heel onskuldig begin: Met sy boek "Gebooie" ,toe volg "Kopskoot" n maand of wat later, wat ek in 'n dag lees , en toe kon ek myself nie keer nie- "Dwelm volg toe die dag daarna... toe Medusa en nou die nuutste een op my kerfstok... " Judaskus" Die BESTE nog!
Speurder Kassie Kasselman en sy "sidekick'stel weereens nie teleur nie. Hierdie is seker sy moeilikste saaak nog om op te los..
Rudie van Rensburg weef n paar storielyne meesterlik ineen tot 'n nael-byt tappeserie van diefstal spanning , moord, en bloed. Die karakters stel nie teleur nie, en die leser ervaar 'n mate van simpatie met Victor wat soos die Engels man se , was dealt a bad hand" Daisy is die super teef wat die opdragte deurgee, en die invorderings doen en mans gebruik en dan weggooi, en dan is daar TJ en Snake, die laagste op die voedselketting wie diie werk moet doen.

N meesterstuk van 'n speurverhaal. Lees maar oor 'n naweek of sit verlof in by die werk en hou Mr. Delivery se nommer byderhand want jy gaan nie die boek wil neersit nie.
Profile Image for Regine.
122 reviews
April 7, 2025
I really like the Kassie Kasselman series by Rudie van Rensburg. What I don't like are all the names /characters, and trying to keep track of who is who it just becomes gobbledygook after a while.


Also, there should be a trigger warning. The death of a dog is involved. 


3.8/5
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
February 27, 2018
Iemand se beendere lê op ‘n stortingsterrein…Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat toe op die einde geplant is om uit te vind hoe sy ondersoek gaan, en sy enrome posseël-meevaller weens nog ‘n sterfte, moet hy utwerk waarom ‘n geheimsinninge witboordjie-bende van binne uitgeroei word. Is dit alles dalk nie doodgewone bende-oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hule midde wees - die een met die vlymskerp broodmes? Elke warm leidraar lewer ‘n loue lyk op en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie….

Judaskus is ‘n boek wat rondloop. Die leser word herwaarts en derwaarts vervoer. Nie net tussen plekke soos Bloemfontein, diverse buurte in die Kaapse Skiereiland, Sasolburg en Hermanus nie, maar ook tussen die hedendaagse tydgreep en verskeie invloede uit die verlede wat daarin opklink. Ou moorde kom weer ter sprake, en veel ouer ideologieë wanneer die Ossewa-Brandwag bygehaal word. Voeg daarby ‘n verskeidenheid karakters van wie ‘n hele paar skurke is wat skurk genoeg is om ‘n mens onrustig oor jou medemens te maak, en dis ‘n boek wat genot aan liefhebbers van die genre sal verskaf. Daar is ‘n goeie balans tussen die hardwerkende en min of meer deugdelike geregsdienaars en daardie onrusbarende skurke sodat ‘n mens nie verswelg voel deur vlae skunnigheid nie.

Kaptein Kassie Kasselman het vir my ‘n aangename verrassing ingehou toe hy as ‘n nogal beskeie man wat drie weke se verlof aan sy seëlversameling bestee het, te voorskyn tree. Ek verkies ‘n meer ingetoë hoofkarakter bo die brekers. Dis my eerste Van Rensburg en sy speurder lyk na ‘n welkome toevoeging tot wat nou reeds ‘n reeks speurders in Afrikaanse misdaadfiksie is. Dit word onderstreep wanneer Kasselman Hemingway’s Bookshop in Hermanus besoek. Kasselman se medeseëlversamelaar, prof Kotze, het die plek só beskryf: “Dis die hawe van ‘n onweerstaanbare versameling boeke.” Wanneer Kasselman “behaaglik aan die weergalose reuk van ou boeke” snuif, is die leser dit met hom eens dat ‘n mens “volgende maand maar moet sny op kruideniersware en sigarette” ter wille van ‘n paar kosbare stukke leesmateriaal. Dit is in hierdie sensitiwiteit vir geestesprodukte (ook die hoofkarakter se belangstelling in seëls) en vir ‘n meer gesofistikeerde lewensingesteldheid dat die verhaal vir my ‘n hoogtepunt bereik.

Die waardige mevrou Knobel verpersoonlik eintlik daardie ingesteldheid en sy is ook die band met die Ossewa-Brandwag waaraan haar vermoorde man behoort het. Dis ‘n deel van die geskiedenis wat vandag nog vir baie Afrikaanssprekendes iets byna gloeiend in beduidenis daaraan het.

Die skurke is losbandig, vloekerig, ontevrede, geldgierig, gevaarlik, en daarby uitgelewer aan hulle omstandighede en eie onbesonnenheid. TJ byvoorbeeld “het by die weeshuis weggeloop. Hy’t Jo’burg toe gehike, in parke geslaap en los joppies gedoen om aan die lewe te bly.” Daarna het hy by die weermag aangesluit en spiere begin bou. Hierop het sy toetrede tot die misdaadwêreld gevolg. Victor weer het sy selmaat vermoor. Daisy het ‘n gevoel vir ‘n man, blykbaar ‘n menigte mans.

Natuurlik hou ‘n mens nie van hulle nie, en natuurlik móét jy as leser van ‘n misdaadverhaal nie. Ek wil my herinner dat een of ander Amerikaanse misdaadskrywer iewers gesê het dat misdaad sonder uitsondering ‘n halfbekookte affêre met halfbekookte uitvoerders is en dit is hier beslis van toepassing. Skepsels soos Victor en Snake laat ‘n mens se nekhare regopstaan, so gemaklik is hulle in hulle eie gemeenheid. En tog staan daardie gemeenheid eintlik net in diens van ‘n groter, meer orkestrerende gemeenheid. Die aksietonele is goed en oortuig ‘n mens dat die geweldenaars mense is om mee rekening te hou. Die onderliggende komplot is ook intrigerend en ontvou op sy tyd terwyl die pas in sy geheel danksy die baie gebeure en gereelde toneelwisseling terselfdertyd goed volgehou word.
Displaying 1 - 11 of 11 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.