Jump to ratings and reviews
Rate this book

Ons Is Nie Almal So Nie

Rate this book
Wat het 'n mooi Afrikanervrou in die 1950's gedoen as die lewe begin druk? As haar man 'n verbitterde Ben Schoeman-man is wat moet aansukkel met 'n asmapompie en haar pa 'n kommunis en Katoliek agter elke bos raaksien? As die enigste afleiding die jaarlikse ATKV-konsert op Hartenbos is? Veral as haar doodgoeie bure skielik aangese word om te trek? Deur die oe van 'n kind vertel Jeanne Goosen hoe Doris van Greunen van die wereld probeer ontsnap: in die bioskoop, met haar Cavallas, met vriende soos Ant Mavis, Uncle Tank – en met Barnie, die swank.

128 pages, Paperback

First published January 1, 1990

8 people are currently reading
176 people want to read

About the author

Jeanne Goosen

19 books7 followers
Jeanne Goosen is een van die veelsydigste én mees kontroversiële skrywers in Afrikaans. Sy debuteer in 1971 as digter met 'n Uil vlieg weg, opgevolg deur Orrelpunte. Ook as dramaturg druk sy haar stempel af met hoogs suksesvolle eenakters en kabarettekste, Drie eenakters. Maar dis veral as prosaskrywer dat sy vir haar 'n prominente plek in die Afrikaanse letterkunde oopskryf met die publikasie van Om 'n mens na te boots, 'n Kat in die sak, Louoond, Ons is nie almal so nie en die kortverhaalbundel 'n Gelyke kans. Haar mees onlangse prosawerk is Wie is Jan Hoender? (2001) en 'n Pawpaw vir my darling (2002). Sy het ook in 2003 die kabaret Desnieteenstaande geskryf, wat met groot sukses by verskeie kunstefeeste opgevoer is. Jeanne se werk word telkens gekenmerk deur vernuwing en sy is veral bekend vir haar heerlike sin vir ironie in die uitbeelding van die dikwels onsmaaklike werklikheid. So verwerf sy 'n ereplek in die Afrikaanse prosatradisie.

For more info:
http://www.onnet.up.ac.za/jgoosen/goo...

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
30 (18%)
4 stars
86 (52%)
3 stars
37 (22%)
2 stars
9 (5%)
1 star
3 (1%)
Displaying 1 - 11 of 11 reviews
209 reviews4 followers
August 24, 2020
Dis die storie van 'n voorstedelike Afrikanergesin net ná die Nasionale Party van DF Malan vir die eerste keer die verkiesing in Suid-Afrika gewen het. Dis die begin van Groot Apartheid, werkersklas Afrikaners word in groot getalle 'n heenkome in die staatsdiens gebied, soos bv. die Spoorweë. Die verteller is Gertie, jong dogter van Doris en Piet van Greunen. Piet is 'n "Ben Schoeman-man" (die destydse minister van Spoorweë, 'n groot held onder werkersklas Afrikaners). Piet het longskade opgedoen in 'n treinongeluk en verloor sy werk as treindrywer. Alhoewel hy finansieël versorg is, het die verlies van sy werk 'n groot invloed op hom, hy het sy lewensvreugde verloor.

Dis 'n kyk terug na 'n era wat verby is, toe iemand soos Piet van Greunen nog trots was op sy werk as treindrywer in die Spoorweë. Toe dit nog veilig was vir 'n wit vrou om per trein Kaapstad-toe te ry. Maar dis ook die tyd van gedwonge verskuiwings, toe die Groepsgebiedewet dikteer het dat bruinmense moes skuif, sommige van eiendomme wat vir geslagte in hul families was.

Jeanne Goosen skryf gestroop en in kort sinne, so die storie loop vinnig en lees lekker, misleidend eenvoudig binne die groot winde wat waai in die Suid-Afrikaanse politiek.

Ek dink "'n Pawpaw vir my Darling" het meer humor en is beter, maar ek het steeds die lees baie geniet.
Profile Image for Hjwoodward.
533 reviews9 followers
July 2, 2020
I was a bit disappointed in this book because I was expecting something marvellous. I suppose it all comes back to that one wants to read about - or be spoken to by - a protagonist who is facing issues that you as the reader is facing. I found all this very unimportant to me in my life now. It's history, you know, and sure, mildly interesting to read how white South Africans in the fifties coped and saw things, but not relevant now.
159 reviews2 followers
July 17, 2021
In hierdie boek lees jy van SA in die 1950 veral die gesinsdinamika. Die man was die baas en die vrou was klaas in baie gevalle. Doris het moed gehad om op te staan. Piet het sy "tweede asem" as stoormeester gekry maar nooit sy gesin bedank in nie-materialistiese maniere. Die tragedie vir my is agv van skuldgevoel het Doris het sy die kans gehad het om haar en haar kind se drome na te jaag dit laat vaar. Dit bevestig my gevoel van ek loop die pad alleen.
Profile Image for Christelle.
123 reviews
July 8, 2017
I have found the book particularly interesting. You get a perfect representation of a typical religious patriarchal Afrikaner family in the 50's. The book also provides a great insight into the Afrikaner mind set of this era when South Africa is going through major changes - the introduction of Apartheid and the Group Areas Act which forces the neighbours of Gertie to move out, and for Doris to yell "we're not all like that".

This woman unfortunately thinks that happiness comes from another person. It cannot come from inside. What a shame! So, she is waiting for "her man" to make her feel happy, then for the movies, then for spirituality... A little sad when you think about it!
Profile Image for Tiah.
Author 5 books70 followers
Read
March 9, 2014
Simple, yet powerful prose that reveal the complexities of the political, be it in the home, or a nation.
87 reviews
Read
July 11, 2012
Location read: Stellenbosch
Profile Image for Nerine Dorman.
Author 70 books238 followers
August 18, 2015
Hierdie storie het nogal erg seergemaak. Daar is baie om oor te dink. Moet nog besluit of ek die volle resensie gaan skrywe. Ek het hierdie boek vir my Afrikaans Aktueel module gelees by Unisa.
491 reviews6 followers
March 1, 2018
Railways working community in 1950's South Africa.
Gem of a book with a delightful cover
Displaying 1 - 11 of 11 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.