Kyk, hierdie is die eerste afrikaanse boek wat ek in die laaste 14 jaar gelees het so dit is slegte styl van my kant af. Maar as 'n brug tussen engels en afrikaans is dit perfek. Die brug is vuil, eenvoudig en iemand het p**s teen die muur ge-spraypaint maar dit is eerlik en dit add value.
Ek het geniet hoe Jack van straat afrikaans praat, die suiwer afrikaans van 40 jaar terug bestaan nie meer nie maar dit is nie te se dat ons taal enige minder vibrant en kreatief is nie. En die storie van sy record contract offer in die US is ongelooflik, rap in engels en ons maak jou skatryk...Jack se fokkof :)
My enigste beswaar teen die boek is dat enige Bio wat geskryf word terwyl die persoon nog jonk is vertel nie die hele storie nie. Jack is nog in die prime van sy career, hy kan nie nou vertel van drugs en prossies en harde k@k nie, eendag wanneer hy 70 is en niks het om te verloor nie moet hy 'n vervolg skryf...