Die uitdrukking “Bambaduze” is die hoofkarakter se uitspraak van die Zoeloe-frase wat “hou my vas” beteken.
Na sy broer se dood en sy ma wat hulle verlaat het om in Engeland die trauma van haar kind se dood te probeer ontvlug, lei Jurie en sy pa ’n afgesonderde lewe in Pretoria. Maar Jurie, ’n gemiddelde Gr 11 seun, lei ’n dubbele lewe. Hy steel karre, maar ook nie werklik steel nie: hy gaan ry ‘n paar draaie en parkeer dan die motor iewers. Dit is sy manier van ontvlugting van die trauma van sy broer se dood en die verbrokkelde verhouding met sy pa. Wanneer hy die eerstejaarstudent Nandi Ngobeni ontmoet, kan hy vir die eerste keer praat oor wat hom so diep ontstel, maar Nandi het ook haar eie probleme. Hierdie boek verwoord ’n seun se uiting van verlies, maar ook die verligting wat aanvaarding kan bring, en is uiteindelik ‘n wonderlik inspirerende storie van die heelwordproses na trauma.
Uitstekende jeugverhaal wat ouma Trisa verskriklik geniet het. Die effek van trauma op 'n gesin en die verwerking van verlies. Sonder om ooit lewenslesse te versuiker in fiksie. As dit nie was dat die hoofkarakter, Jurie, in matriek was nie, sou ek dit nie as'n jeugverhaal sien nie.
" 'n Paar blokke noord van die Rosebank-sentrum sien hy blouligte flikker. Seker 'n motorongeluk. Hy pluk hom altyd vir mense wat nie kan bestuur as daar 'n paar druppels reën val nie. Ry mekaar moer toe.
Die gedagte aan polisie maak hom dadelik behoedsaam. Kophou, mater, sê hy vir homself. Jy ry net mooi by die spul verby. Jy kyk nie links nie, jy kyk nie regs nie. Dis nie jou issue nie. Die arme mense wat mekaar gehaak het, dis hulle issue. Niemand sal eers in jou rigting kyk nie.
Dan sien hy dis 'n padblokkade en sy lyf word koud. Hy bestuur die kar sonder 'n lisensie en 'n sleuten in die aansitter. Hy begin sweet, al is dit koel na die reën.
Uit die hoek van sy oog sien hy een van die polisievroue aangestap kom. 'n Paar meter verder het 'n verkeerslig skielik die gees gegee. Dit het pas nog gewerk. Dis net die geel lig wat aan is. Dit flikker oor die naderende polisievrou, aan en af, aan en af. Dit lyk asof sy in stadige aksie na hom beweeg."
Na sy broer se dood en sy ma wat hulle verlaat het om in Engeland die trauma van haar kind se dood te probeer ontvlug, lei Jurie en sy pa 'n afgesonderde lewe in Pretoria. Maar Jurie, 'n gemiddelde Gr 12 seun, lei 'n dubbele lewe. Hy steel karre, maar ook nie werklik steel nie: hy gaan ry 'n paar draaie en parkeer dan die motor iewers. Dit is sy manier van ontvlugting van die trauma van sy broer se dood en die verbrokkelde verhouding met sy pa. Wanneer hy die eerstejaarstudent Nandi Ngobeni ontmoet, kan hy vir die eerste keer praat oor wat hom so diep ontstel, maar Nandi het ook haar eie probleme. Hierdie boek verwoord 'n seun se uiting van verlies, maar ook die verligting wat aanvaarding kan bring, en is uiteindelik 'n wonderlik inspirerende storie van die heelwordproses na trauma.
Hierdie boek is 'n goeie voorbeeld van die gevolg van trauma op mense se lewens. Die probleem is egter dat hul optrede 'n negatiewe effek op ander se lewens het.
Hierdie boek is baie goed geskryf en mens kan die skrywer se seer oor sy eie suster se selfmoord kort te vore voel. Klem word op die regte oplossings gelê.